Skip to main content

Klaagliedere 5

“Bekeer ons tot U, Here, dat ons bekeer kan wees.”

Hierdie klaaglied het wel 22 verse, soos hoofstuk 1,2 en 4, maar die verse begin nie met opeenvolgende letters van die Hebreeuse alfabet nie. Dit is ook veel korter as die ander klaagliedere. Die hele gedig word verder as ’n klaaglied van die gemeenskap van Jerusalem verwoord, ’n gepaste afsluiting van die versameling van Klaagliedere van Jeremia.

Teks en konteks

Klaagliedere 5:1 druk die smeking van die volk uit: “Slaan tog af op wat oor ons gekom het, Here.” Soos dit toenemend in die vorige klaagliedere duidelik geword het, is die hoop van die volk nie geleë in die leiers van die volk nie, maar net in God self. Daarom vra die volk: “Kyk tog en sien self hoe ons verneder is.

Klaagliedere 5:2-18 druk die benarde situasie van die volk uit.

Jerusalem beskrywe die ontsetting van die oorheersing wat die eens trotse simbool van God se teenwoordigheid nou beleef:

  • Hulle besittings is aan vreemdes gegee;
  • Die mans is uitgemoor wat baie weeskinders en weduwees agtergelaat het.
  • Die vrouens is verneder.
  • Die Leiers is uitgewis
  • Jonk en oud ly onder die verguising.
  • Daar is geen feestelikheid meer nie.
  • Ekonomies gaan dit beroerd – water en hout is nie meer gratis nie.
  • Polities is hulle ’n verstote gebied.

Maar ten diepste is dit ’n geestelike realiteit. Die tragiese feit dat hulle oorheers word, dat hulle magteloos voel, dat die hele lewe onveilig geword het – selfs wanneer hulle probeer om in die veld kos te gaan haal – is weens die sondes van die vaders: “Ons het ons aansien verloor, daar het ellende oor ons gekom, want ons het sonde gedoen!

Dit is die rede vir hulle droefheid, “vir die swart kringe om ons oë.

Klaagliedere 5:19 verwoord die hoop van die volk in ’n enkele geloofsbelydenis:

Maar Ú, Here, U heers vir altyd, u troon staan vas van geslag tot geslag.” Dit is tegelyk die enigste vaste punt vir die volk sowel as hulle enigste hoop. In hulle ontsetting sluit dié enkele sin van verheerliking van die Here hulle toekoms oop.

Klaagliedere 5:20-22 sluit die klaaglied en die boek af met die hoop op God in ’n gebed uitgedruk:

  • Waarom sou U ons dan bly vergeet, ons vir altyd verlaat?
  • Bekeer ons tot U, Here, dat ons bekeer kan wees, gee ons weer die bestaan van vroeër.
  • Of het U ons heeltemal verwerp? Is U toorn oor ons so groot?

Boodskap en betekenis

Dit is duidelik dat hierdie klaaglied nie net wil hê dat die pyn van die Godsvolk in hulle benarde situasie verlig word nie, maar dat die verhouding met die Here herstel word: “Bekeer ons tot U, Here, dat ons bekeer kan wees, gee ons weer die bestaan van vroeër.” En dit kan net van God self af kom. Immers: “Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop.” (3:25), iets wat resoneer met beide Dawid se belydenis in Psalm 51 sowel as Jeremia se eie beloftes van herstel in Jer. 30-33, die Boek van Vertroosting. Die hoop vir bekering lê in God se ingrype, nie in die mens se eie pogings daartoe nie.

Daarmee gee Jeremia vir ons as gelowiges ’n manier waarop ons ook na leed in ons eie lewe en in dié van ons gemeenskap kan kyk en die Here se wil en uitkoms kan bly soek. Net soos die klaagliedere in die Psalms ons help om ons leed te verwoord en met die regte perspektief op onsself en op God die Here om uitkoms te nader, só help Klaagliedere van Jeremia ons ook daarmee.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…