Skip to main content

Romeine 6

Lewe vir God, nie vir die sonde nie

Ons is steeds besig met die vierde hoofdeel van Paulus se boodskap wat handel oor die implikasies van die regte verhouding met God. In hierdie hoofstuk brei Paulus uit oor God se genade deur Christus se sterwe en opstanding wat aan die een kant tot oorwinning oor sonde lei (6:1-14) en aan die anderkant tot gehoorsaamheid en ‘n heilige lewe (6:15-23).

Teks en konteks

Ons is deur Christus dood vir die sonde, en lewe deur sy opstanding (6:1-14)

God en die sonde word hier as’t ware as twee magte of kragvelde geteken wat teenoor mekaar staan. Ons is uit die kragveld van die sonde geneem – die dinge waaraan God ons oorgegee het (Rom. 1:24-32) – en geplaas in die kragveld van God.

En dit is waar ons moet lewe, in die kragveld van God.

Sy belofte is dat: “As ons inderdaad met Hom saamgegroei het in ‘n dood soos syne, sal ons ook met Hom saamgroei in ‘n opstanding soos syne.”

Dit is waarhede wat ons daagliks vir onsself moet toereken: “Beskou julleself dan so dat julle in Christus Jesus dood is vir die sonde, maar lewend vir God.” (Rom. 6:11). Ons is nie meer slawe van seksuele immoraliteit, skandelike seksuele begeertes of korrupte denkwyses nie, maar slawe van God en die lewe wat die Here Jesus Christus gebring het.

Teenoor God se oorgawe van die mensdom aan die sonde, omdat hulle Hom verwerp het, gee Hy dié wat in Christus glo twee genadegawes:

  1. Ons het deur die doop deel gekry aan Christus se kruisdood. Ons is daardeur nou self dood vir die sonde.
  2. Ons het deur die opstanding deel gekry aan die lewe vir God. Ons kan God nou dien.

Dit is hierdie eenheid met Christus wat ons ’n aandeel gee aan die sonde-dood en die opstandingslewe. En dit is ook net in ’n verhouding met Jesus Christus wat dit vir ons waar is en bly.

Dit het twee implikasies vir ons daaglikse lewe:

  1. Ons kan nie meer in die sonde voortlewe nie. Ons moet afreken met die sonde.
  2. Ons is nou in diens van wat God Ons is sy slawe om net te doen wat Hy wil.

Daarom moet ons elke deel van ons sterflike liggame – en let spesifiek op dat hy hier nie net van ons siel of gees praat nie – in diens van God stel om heilig te lewe:

“Die sonde mag beslis nie oor julle heers nie; julle is immers nie onder die wet nie, maar onder die genade.”

Omdat ons in die regte verhouding met God is, kan ons heilig leef (6:15-23)

Die feit dat ons nie meer onder die wet is nie, kan ons egter laat dink dat ons maar sonde kan doen, want ons is onder die genade.

Paulus sê: “Hoegenaamd nie!”

Want, ons sal óf slawe wees van die sonde, wat tot die dood lei, óf slawe van gehoorsaamheid aan God, wat lei tot ‘n regte verhouding met Hom. Dit is immers Hy wat ons vry gemaak het van die sonde. Ons is nou “slawe” van die regte verhouding met God. Ons stel ons ledemate in diens van God om heilig te leef, nie in diens van onreinheid en losbandigheid nie. Ons is nou aan God en die regte verhouding met Hom gebonde.

Die vrug van losbandigheid was immers skandelik en die uiteinde daarvan die dood, soos ons in Adam dit kon raaksien. Noudat ons van die sonde vrygemaak is en diensbaar aan God geword het, lewer ons die vrug van heiligmaking, en die wonderlike uiteinde hiervan is die ewige lewe.

Die wonderlike boodskap is: “Die loon van die sonde is die dood; maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.”

Boodskap en betekenis

Romeine 6 verduidelik dat die regte verhouding met God radikale verandering bring in hoe gelowiges leef, deurdat hulle van die mag van sonde bevry is en vir God lewe. Paulus gebruik die beeld van twee heersers: sonde en God. Deur Christus se kruisdood en opstanding is gelowiges nie meer slawe van die sonde nie, maar slawe van geregtigheid, dws gehoorsaam aan die regte verhouding met God. Die vrug van hierdie gehoorsaamheid is heiligmaking, met die ewige lewe as uiteinde.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…