Skip to main content

Deuteronomium 20

Die Here soek vreeslose voetsoldate wat die oorlog met ‘n vredesaanbod begin

Moses het reeds vroeër in hierdie tweede preek van hom die Here se oorlogsbeleid aangeraak (Deut. 7; vgl. Eks. 15). Hy sal ook nog vier keer perspektiewe byvoeg (oor huwelike met krygsgevange vroue – Deuteronomium 21:10-14; oor reinheid in die kamp – Deuteronomium 23:9-14; oor pasgetroude mans wat ‘n jaar van oorlog vrygestel is – Deuteronomium 24:5; oor die uitwissing van die Amalekiete – Deuteronomium 25:17:19).

Hier preek hy verder oor die Here se oorlogsbeleid in terme van hulle vreeslose ingesteldheid (Deut. 20:1-4), vrystelling van gepreokkupeerdes van hul oorlogsverpligtings (Deut. 20:5-9), die vredesaanbod wat die vernietiging van die stede en hulle mense voorafgaan (Deut. 20:10-18) en selfs die beskerming van die ekologie van vrugtebome in die proses (Deut. 20:19-20). Die oorlog is teen die mense, nie teen die bome nie!

Die Here gebruik vreeslose voetsoldate – Deuteronomium 20:1-4

Die Here soek vreeslose voetsoldate wat op Hom vertrou, en nie afgeskrik word deur getalle of superieure wapens of vervoermiddels nie. Die (hoë)priester moet hulle daarin begelei, nie net in terme van hulle vertroue op God nie, maar ook op grond van hulle verlede: “Die Here jou God wat jou uit Egipte laat trek het, is by jou.” Dit is Hy wat hulle die oorwinning laat behaal.

Die Here stel gepreokkupeerdes vry van die oorlogsverpligting – Deuteronomium 20:5-9

Moses volg dié oproep op deur gepreokkupeerdes vry te stel van oorlogsverpligtings. Vier gevalle word genoem: as jy ‘n huis gebou het, as jy ‘n wingerd geplant het, as jy verloof geraak het, en as jy bang is. As jou gedagtes nie by die oorlog is nie, of as jy bang is, sal jy die ander in die steek laat. Eers ná die suiwering van die weerbares, is die leiers aangewys wat hulle in die oorlog moet aanvoer (vgl. Rigt. 6 waar Gideon ‘n soortgelyke proses volg).

 ‘n Vredesaanbod gaan die uitwissing vooraf – Deuteronomium 20:10-18

Dit kan vir jou ‘n verrassing wees om agter te kom dat die eerste aksie teenoor ‘n stad ‘n vredesaanbod was. Uiteraard het die aanvaarding van dié aanbod beteken dat die mense dwangarbeiders sou word, maar hulle sou die lewe kon behou met moontlikhede om uiteindelik die geloof en God van Israel te omarm.

Die stede in Kanaän moes met die banvloek getref word, weens die gevaar van afvalligheid en as uitvoering van die straf van die Here vir hulle goddeloosheid (Deut. 9:4). Van dié stede wat baie ver van hulle af was, is net die mans om die lewe gebring. Die res was hulle buit.

Vrugtebome mag nie vernietig word nie – Deuteronomium 20:19-20

Die beleid was nie ‘n verskroeide aarde beleid nie. Vrugtebome moes beskerm word. Die oorlog is na alles gemik teen die mense nie teen die bome nie! Die ander bome kon wel vir beleëringswerke gebruik word.

In die NT word daar natuurlik ook oorlog gepraat, maar meesal in ‘n geestelike sin (2 Kor. 10; Ef. 6; Kol. 2), hoewel Openbaring wel weer van oorlog in ‘n apokaliptiese sin praat.

Boodskap en betekenis

Ek verwys jou na my vroeëre Ekskursie in Numeri – geweld in die OT by https://bybelskool.com/ekskursie-geweld-in-die-ot/  – waar ek oor die ongemaklike kante van God se betrokkenheid by geweld praat. Ek gee daar vier perspektiewe wat gesamentlik vir jou helderheid daaroor kan bring:

  • God se soewereiniteit (Jes. 55:9; Rom. 9:14-24);
  • God se regverdige straf vir sonde (Eks. 34:6 vv.; Num. 1418-19; Rom. 12:19);
  • God se inspan van geweld vir ‘n goeie doel of groter voordeel (Num. 14:44-45; Rom. 8:18:30);
  • die idee van die progressiewe openbaring waar God aansluit by sy mense se kapasiteit en gereedheid om sy openbaring te kan ontvang.

Met die verloop van die heilsgeskiedenis kon God al hoe meer van sy wil en wese openbaar, totdat die tyd ryp was en Hy sy Seun in sy volheid aan die mensdom kon bekendstel.

  • Wat is die kern van die boodskap van dié hoofstuk vir jou dag en lewe – insigte, beloftes, of opdragte?
  • Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed.
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…