Skip to main content

Efesiërs 4:17-5:20

Die Heilige Gees vervul ons om heilig en in liefde te leef

Paulus beweeg nou van die beskrywing van hoe die kerk behoort te werk, na hoe hulle lewens behoort te werk.  En in drie perikope beskryf hy hoe dié lewe daar moet uitsien: 1) ‘n heilige lewe – Efesiërs 4:17-24; 2) ‘n lewe in liefde – Efesiërs 4:25-5:5; 3) vervul met die Heilige Gees – Efesiërs 5:6-20.

Teks en konteks

‘n Heilige lewe – Efesiërs 4:17-24

Dit is interessant vir my dat Paulus se appèl op ‘n heilige lewe (vers 24) gebaseer is op wat God reeds vir hulle gedoen het (vers 20), en wat in die kerk se groei na Christus toe geïllustreer word (vers 15-16).

Paulus sê nie vir hulle: kry julle lewens reg sodat julle deel van die kerk en van die gemeenskap van gelowiges kan word nie.  Hy sê in teendeel: julle is deel van die kerk en van die gemeenskap van gelowiges – tree dan op as mense van wie dit waar is.  Dit is ómdat ons die Here leer ken het, en ómdat ons in ‘n gemeenskap van gelowiges tereg gekom het, dat ons eintlik nie anders kan as om regtig te breek met die ou sondige mens in ons, en ons gees en gedagtes nuut kan word.

Ons roeping om as nuwe mense te lewe wat na die beeld van God gespek is, begin by ons insluiting in die liggaam van Christus, iets wat God in ons lewens bewerk het. En dit help my verstaan dat blote veroordeling van mense vir hulle onkunde of selfs losbandigheid (vers 19) nie help nie, want daardeur druk jy mense weg van presies die plek waar hulle kennis en genesing kan kry.  Wat wel ongelooflik belangrik is, is dat ons ‘n ernstige beroep op mense kan maak (wat onkundig  of losbandig lewe)  dat hulle moet optree soos hulle Christus leer ken het, en moet breek met dít wat na regte agter hulle lê.

‘n Lewe in liefde – Efesiërs 4:25-5:5

Paulus brei hier uit op hoe só ‘n lewe lyk.  En hy fokus op baie praktiese aspekte:

  • Om die waarheid te praat, veral omdat ons een familie is (vers 25);
  • Om nie te sondig as jy kwaad raak, en veral nie lank kwaad te bly nie (vers 26-27);
  • Om hard te werk sodat jy iets het om die armes mee te dien (vers 28);
  • Om opbouende gesprekke te voer (vers 29);
  • Om die Heilige Gees toe te laat jou lewe te beheer (vers 30);
  • Om niks te doen wat sleg is nie (vers 30);
  • Om goedgesind en hartlik te wees (vers 32);
  • Om in liefde te lewe, soos God vir ons ‘n voorbeeld gegee het (5:1-2);
  • Om soos heiliges (dit is die Griekse woord wat met gelowiges vertaal is) te lewe (5:3-5).

Dit herinner aan Paulus se woorde aan die gemeente in Filippi (4:4-9).

Vervul met die Heilige Gees – Efesiërs 5:6-20

Paulus gebruik die baie bekende metafoor van die verskil tussen lig en duisternis om die Efesiërs te help onderskei tussen die onwaarhede waarmee mense baie keer vir ons probeer mislei.  ‘n Eenvoudige maatstaf is of ‘n spesifieke optrede in die lig gedoen kan word, en of jy dit eerder in die donker wil doen, en wil hê dat ander mense nie daarvan weet nie.

Dit laat ‘n mens dink aan die riglyne vir Corporate Governance (King) in SA wat insluit dat iets wat jy in ‘n maatskappy doen aan die volgende vier toetse onderwerp moet word: deursigtigheid, verantwoordbaarheid, verantwoordelikheid, en billikheid.

Maar dit gaan nie net om ‘n eie onderskeiding wat jy moet aanlê om te weet of jy iets mag of nie mag doen nie.  Dit gaan oor die liggaam van Jesus Christus wat saam onderskei – let op die meervoud van die voornaamwoorde wat Paulus hier gebruik: “moenie dat iemand julle mislei nie”, Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is”.  En daarby moet die lig laat skyn word op dié dinge wat eerder in die geheim en in die donker gehou wil word.

“Wees baie versigtig hoe julle lewe” – vers 15 – veral deur te wete te kom wat die Here wil dat julle moet doen (vers 17).

Vanuit hierdie perspektief van ‘n heilige lewe, wat in liefde geleef word, verstaan ‘n mens dat Paulus se opdrag om die Heilige Gees toe te laat om hulle te vervul die enigste manier is waarop heiligheid en liefde ‘n werklikheid kan word (vers 18).  Let ook op dat dit nie net oor die Gees gaan nie, maar ook oor Jesus, die Here (sing tot sy eer), en ook oor die Vader (dank Hom oor alles).

Boodskap en betekenis

Paulus roep ons op om te leef as mense wat aan Hom behoort, omdat God ons reeds in Christus nuut gemaak en in sy liggaam ingesluit het. Dit is die motivering om heilig, in liefde, en vervul met die Heilige Gees te leef. Die nuwe lewe is nie ’n voorwaarde om aan God te behoort nie, maar ’n gevolg van wat God reeds gedoen het, en steeds deur sy Gees in ons doen.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…