Skip to main content

1 Tessalonisense 2:17-3:13

Paulus skep moed omdat hulle nog glo

Paulus skryf verder oor die moed wat die Tessalonisense hom gee deur te volhard in die geloof. Dit onderskraag hom in sy eie volharding met die evangelie in Korinte.

Teks en konteks

Ek wonder hoe onderskei Paulus die werk van God van die werk van die Satan, want soos hy hier skryf oor die Satan wat hulle verhinder het om weer na Tessalonika te reis, skryf hy op ander plekke oor die Heilige Gees (en die Gees van Jesus) wat hom verhinder. Trouens die een geleentheid was net voor sy eerste besoek aan Tessalonika, toe hy in Frigië verhinder is om na die provinsie Asië en later na Bitinië toe te gaan (Hand 16:6-7). Dit is toe, in Troas, wat hy die visioen van die Macedoniese man gesien het, wat gelei het tot hulle bediening in Filippi en later in Tessalonika.

Een manier om dit te verklaar is om in ag te neem dat Jason waarborge moes gee dat Paulus-hulle nie verder onrus in die stad sou veroorsaak nie (Hand. 17:9). Die kragte wat die stadsbestuur dus beweeg om nie die teenstand van die Jode teen die evangelie te stuit nie, word as van sataniese oorsprong interpreteer. Die ander kere wat hulle verhinder is, was juis om hulle op die Here se pad te kry, en nie op hulle eie sending nie.

In elk geval is dit interessant om te let daarop dat die vrees vir die werk van die verleier een van die motiverings is om vroeër vir Timoteus na hulle te stuur om hulle in die geloof te verstrek. Hy was bang dat die Satan hulle sou verlei om met al die vervolginge tou op te gooi op hulle geloofspad. En dan sou dit beteken dat “al ons harde werk dalk op niks uitgeloop het” (1 Tess. 3:5). Dat Paulus deeglik rekening gehou het met die werk van die Satan is duidelik, soos in die tweede brief ook gesien sal word.

Boodskap en betekenis

Die verligting van Paulus oor hulle geloof en liefde en standvastigheid ten spyte van vervolging roer my. Hy is regtig intens verbind aan die sukses van die gelowiges in hulle lewe voor God. Hy skep moed in sy eie nood en swaarkry, omdat hulle nog glo!

“Omdat julle vas staan in die Here, leef ons nou weer werklik”(1 Tess. 3:8).

Dit lei tot groot dankbaarheid en ‘n hernude gebed om hulle persoonlik weer te sien: “Mag God ons Vader self en ons Here Jesus ons pad na julle toe oopmaak!” (1 Tess. 3:11). Let op hoe hy ‘n aktiewe rol aan Jesus toeken in die praktyk van sy eie bediening, en nie net aan die Vader of aan die Heilige Gees nie.

Sy gebed vir hulle sluit in dat hulle in hulle liefde sal groei, en innerlik sterk gemaak sal word (vgl Efesiërs 3:16 waar dit aan die werk van die Heilige Gees verbind word) om onberispelik en heilig by die wederkoms bevind te word, ’n saak waaroor hy later in hoofstuk 5 verder sal uitbrei.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…