Skip to main content

Psalm 108

Met God aan ons kant sal ons oorwin

Die Psalm is saamgevoeg uit Psalm 57:7–11 en 60:7–14. Dit pas goed ná Psalm 60 waar met ‘n volgende veldtog teen die Arameërs staat gemaak word op die troue liefde van die Here wat soos in die verlede hulle oorwinning sal gee. Psalm 57 gee ook goeie agtergrond waar Dawid uit die hand van Saul in die grot gered is.

Dele van dié twee Psalms word nou hier hergebruik as ‘n lofprysing aan God vir die verlossing asook as ‘n gebed dat God hulle sal help in die konteks van nuwe vyande.

Daarmee wys die skrywer ook vir ons hoe ons self die Psalms kan inspan in ons eie diverse omstandighede. Dié Psalms is daar vir hergebruik en vir aanpassing in die pad wat ons self met die Here loop. Ons kan saam met die Psalm vir God loof vir vorige uitkomste, en Hom smeek vir nuwe uitkomste.

Teks en konteks

Die Psalm word in twee dele opgedeel:

  • LOFPRYSING – 108:2-7 – Die Psalmis voel weer veilig. Sy situasie is omgekeer. Hy is verlos van die spreekwoordelik gat wat vir hom gegrawe is (gegewe Dawid se ervaring in die grot). Hy wil daarom in die oopte gaan sing, die rooidag wakker maak, omdat God sy situasie verander het. Om die waarheid te sê, die nasies moet hiervan kennis neem. God se liefde reik tot in die hemel, sy trou tot in die wolke. Daarom kan Dawid ook staatmaak daarop en by die Here intree daarvoor, dat Hy sy grootheid sal toon, en inderdaad verlossend sal optree om alle mense uit die verskillende vorme van wat as ‘n soort grotbestaan beskryf kan word, te bevry.
  • HELP ONS TOG HERE – 108:8-14 – Die Psalmis weet nuwe uitdagings wag. Hy ervaar veral die verraad van Edom as ‘n dreigende gevaar, soos Obadja, Jeremia 49, en Esegiël 25 en 35-36 later sal verwoord: “Help ons tog teen die vyand, want die hulp van mense – dit is niks.” Die vernedering wat hulle aan die hand van Edom ondergaan het, moet omgekeer word. Dawid beroep hom op God se beloftes oor die uitbreiding van hulle grondgebied na Sigem en die Sukkotlaagte – weerskante van die Jordaan – en die feit dat nie net die grondgebied van Israel (Gilead, Manasse en Efraim na die noorde, Juda rondom Jerusalem) aan die Here behoort nie, maar selfs Moab en Edom na die ooste en suide, en Filistea na die weste aan die Middellandse See. “Met God aan ons kant sal ons oorwin, Hy self sal ons vyande vertrap.

Boodskap en betekenis

Die boodskap van die Bybel het altyd nuwe toepassings in nuwe situasies. Dit is waarom dit só belangrik is om jouself in die Woord te verdiep, om die Bybel ‘n huis te maak waarin jy woon. Want, dan kan jy ook soos hierdie na-ballingskap gemeenskap die ouer Psalms gebruik om ‘n nuwe Psalm te skryf vir die situasie waarin jy jou nou bevind.

Dink vandag aan ‘n situasie waarin jy in ‘n gat geval het of in ‘n grot moes gaan wegkruip het … en die Here jou daaruit verlos het. Maak dié dag daarom ‘n dag van lofprysing, as jy vroeg genoeg opgestaan het: “maak die rooidag wakker!” En praat daaroor met mense: “God se liefde reik tot in die hemel, sy trou tot in die wolke.

Dink ook vandag aan ‘n situasie waarin jy of iemand naby aan jou steeds vasgeval is … en bid dat die Here jou daaruit verlos: “Help ons tog teen die vyand, want die hulp van mense – dit is niks. Met God aan ons kant sal ons oorwin, Hy self sal ons vyande vertrap.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…