Skip to main content

2 Konings 8:25-29; 2 Kronieke 22:1-9

Ahasia se ma Atalia doof die Here se invloed uit in sy lewe en hy sterf op tragiese wyse

Die aandag word geplaas op die nog korter termyn van Ahasia (1 jaar geregeer – 841 vC), koning van Juda, wat sy pa, Jehoram, opvolg en saam met Joram van die Noordryk ‘n liederlike nederlaag lei teen Gasael van Damaskus en uiteindelik deur Jehu om die lewe gebring word. Die een “saving grace” is sy seun Jeohas wat hierna ‘n uiters belangrike rol gaan speel.

Teks en konteks

Jehoram se seun, Ahasia, het koning van Juda geword, terwyl Joram nog in die Noordryk geregeer het, en net soos sy pa Jehoram, en sy ma, Atalia, “die pad van die huis van Agab” gevolg weens die familiebande wat die Here se invloed in sy lewe uitgedoof het.

In die kort tydperk van sy regering in die Suide vertel Konings ons dat hy saam met Joram van die Noordryk ‘n liederlike nederlaag gely het teen die Arameërs en deur Jehu doodgemaak is.

Dit is regtig nog ‘n tragiese verhaal na dié van Jehoram. Eerstens omdat Ahasia as volwassene nog nie sy eie besluite kon neem nie en meegesleur word deur sy ma Atalia se raad om nie die Here te dien nie. Hy dien vir Baäl, soos sy ma hom geleer het, en sy van huis uit geleer is deur haar pa Agab en oupa Omri (sy was sy kleindogter, anders as wat sommige vertalings sê). Ahasia was dus volledig onder die invloed van die Omri-dinastie van die Noordryk.

Maar tweedens is dit ’n tragiese verhaal, omdat Ahasia se regering net vir ‘n jaar duur en hy en die meeste van sy broerskinders uitgemoor word deur Jehu, wat ook vir Joram doodgemaak het, soos 2 Konings 9 ons sal vertel.

Dit is wel deur God beskik as deel van die profesieë wat Hy vir Elia gegee het, maar dit bly hartseer in terme van die chaos magte wat al hoe meer gedreig het om die Dawidslinie tot ‘n einde te laat kom.

Die slegte leierskap van die pa en seun, Jehoram en Ahasia, het die tafel gedek vir die koninginmoeder Atalia om oor te neem. want “die huis van Ahasia het toe niemand gehad wat opgewasse vir die koningskap was nie.” (2 Kron 22:9). Die moontlikheid van die Messiaanse lyn om tot ’n einde te kom, was groot.

Terloops:

2 Konings 8:26 gee Ahasia se ouderdom in alle manuskripte aan as 22 jaar oud. Die Hebreeuse teks van 2 Kronieke 22:2 gee dit as 42 jaar oud aan wat problematies is. Daar is Griekse tekste wat dit as 22 aangee, en sommige selfs as 20 jaar oud. Vertalings kies gewoonlik wat vir hulle die meeste sin maak. Interessant genoeg kies die 2020-vertaling die Hebreeuse lesing van 42 jaar oud, soos die 1983-vertaling, terwyl die 1933-vertaling die Griekse lesing van 22 jaar oud verkies het.

Dit is die beste om een van die Griekse lesings te neem, want anders is Ahasia ouer as sy pa wat 40 jaar oud was met sy dood (2 Kron 21:5, 20).

Boodskap en betekenis

God se getrouheid aan sy beloftes word wel te midde van die ongehoorsaamheid van Joram van die Noordryk en Jehoram en Ahasia van die Suidryk volgehou, al het hulle nie enige aanspraak op beskerming vanweë hulle eie gehoorsaamheid nie, maar net op grond van God wat genadig wil wees ter wille van Dawid. Die fisiese voortbestaan van die nageslag is egter ernstig in gedrang.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda