Johannes
Hoe om die Bybelboek te lees
Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.
Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.
Gebruik die volgende metode om hierdie Bybelboek deur te werk:
RUS
- Raak stil. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.
HOOR
- Lees die gedeelte in die Bybel soos dit aangetoon word. Fokus op wat jou tref.
- Lees my bydrae oor die gedeelte.
- Kies een gedagte wat jou tref en dink daaroor na. Dink veral oor die praktiese betekenis daarvan vir jou.
- Antwoord die Here in gebed.
- Geniet ‘n paar oomblikke die teenwoordigheid van die Here sonder woorde.
LEEF
- Besluit op ‘n praktiese manier om op God se woord aan jou te reageer.
View all posts in this series
- Die evangelie van Johannes – Bybelskool.com 20 April – 24 Mei 2011
- Die skrywer Johannes
- Die evangelie van Johannes – inleiding
- ’n Oorsig oor die evangelie van Johannes
- Die Woord van God het mens geword sodat ons in Jesus Christus kan glo
- Die stryd tussen lig en duisternis
- Johannes se prentjie van Jesus
- Jesus se Ek is-uitsprake
- Wonderwerke is tekens van God se werk
- Die Heilige Gees as die Parakleet
- Verhouding met die Sinoptiese evangelies
- Indeling
- Leesplan
- Nuttige boeke
- WEEK 1: 1:1-3:36
- Johannes 1:1–18 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop
- Johannes 1:19–51 – Oortuig deur die getuienis van die eerste dissipels
- Johannes 2:1–12 – Jesus bewys deernis sonder vertoon
- Johannes 2:13–22 – Die liefde vir U huis verteer my
- Die eiename JHWH en Jesus
- Johannes 2:23–3:36 – As iemand nie van bo-af gebore word nie
- WEEK 2: Johannes 4:1-8:11
- Johannes 4:1–42 – Die Samaritaanse vrou aanbid Jesus en bring ’n hele dorpie na Hom toe
- Johannes 4:43–5:47 – Lewe kom deur vertroue op God en ’n gehoorsame luister na sy woorde
- Johannes 6:1–71 – God gee geloof wat vir altyd hou
- Johannes 7:1–52 – Wie is Jesus vir jou?
- Johannes 7:53–8:11 – Ek veroordeel jou ook nie
- WEEK 3: Johannes 8:12-12:50
- Johannes 8:12-59 – Jesus is die lig vir die wêreld – en ek sy ligdraer
- Johannes 9:1–41 – Jesus maak ook my oë oop om Hom as Here raak te sien
- Johannes 10:1–42 – Die Goeie Herder se skape ken sy stem
- Johannes 11:1–54 – Ek is die opstanding en die lewe
- Johannes 11:55–12:50 – Die koringkorrel moet sterf om vrug te dra
- WEEK 4: Johannes 13:1-17:26
- Johannes 13:1–30 – Jesus was die voete van sy dissipels
- Johannes 13:31–14:31 – Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle lief gehad het
- Johannes 15:1–26 – Om Jesus te aanvaar en sy pad vir jou te omhels, is die lewe
- Johannes 16:1-33 – Die Heilige Gees is ons inspirasie
- Johannes 17:1–26 – Jesus bid passievol vir eenheid in Sy kerk
- WEEK 5: Johannes 18:1-21:25
- Johannes 18:1–40 – Jesus kies om die pad van die kruis te stap vir my
- Johannes 19:1-42 – Dit is volbring!
- Johannes 20:1–31 – Jesus staan op as die teenwoordige Here
- Jesus as die Seun van die mens EN die Seun van God
- Johannes 21:1–25 – Jesus leer Petrus om Hom te volg
- Terugblik op die lees van die evangelie van Johannes
- Johannes – Lees, luister, leef – ePub
- Sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie
- Johannes 15:12-17 – Wat ‘n Vriend het ons in Jesus
- Die Seun is die Woord van God
carin lotter
| #
Op watter wyse het Jesus se sterwe en opstanding ‘n einde aan die tempelkultus in Jerusalem gebring? Wat leer ons hieruit oor die funksie en plek van geboue in die Christendom?
Reply
Chris van Wyk
| #
Jesus het nie die Joodse tempelkultus persoonlik tot n einde gebring nie. Die vernietiging van die tempel in 70 nC met die Romeinse verowering het dit effektief tot stilstand gebring. Vir Christene egter het Hy die offerkultus vervang met sy eie offer aan die kruis, wat daarna genoegsaam is vir die vergifnis van ons sonde, ten minste vir elkeen wat in Hom glo. Dit het ook die funksie van geboue gerelativeer, omdat almal wat in Hom glo met Hom in verhouding kan leef, maak nie saak waar hulle is nie – soos die verhaal van die Vrou by die put in Johannes 4 ons ook leer. Daarom kan n mens in Handelinge sien hoe die huise van gelowiges mettertyd die tempel vervang het as die vergaderplek, veral waar die gemeentes kleiner was. In sommige stede, soos Efese bv, het hulle weer sale gebruik, net omdat daar te veel mense vir die huise was. Geboue het dus n baie meer funksionele rol gespeel – die mense en die aanbidding van die Here was belangriker as die presiese plek waar mense vergader het. Dit net so in kort!
Reply
carin lotter
| #
Skuus ekt nie genoem nie, maar dit gaan oor Joh 2: 1-25
Reply
selome
| #
joh.2v4 “My tyd het nog nie gekom nie”.ek wil graag weet wat Jesus met die woorde bedoel het.
Reply
Chris van Wyk
| #
Hi Selome, dit is nie helder uit die teks waarom nie. ‘n Mens kan dit moontlik verbind met wat Jesus later sê in die evangelie. Hy doen net wat sy Vader Hom wys (Joh 4:34-38; 5:19,30). Dit is moontlik wat Hy hier vir Maria sê. Die Vader het Hom nog nie gewys wat Hy moet doen nie. Hy sal betrokke raak net soos die Vader Hom wys.
Reply