Skip to main content

Jesaja 5

’n Begrafnislied oor verworde mense

Jesaja 5-6 lei die tema van verwoesting deur die Assiriërs in wat in Jesaja 7-39 die agtergrond van die profesieë sal vorm. John Watts maak nogal ’n stewige saak daarvoor uit dat ’n mens uit daardie perspektief die res van deel 1 van Jesaja kan lees as drie intervensies wat Jahwe beplan om die dilemma van hierdie verwoesting die hoof te bied:

  1. ’n nuwe Dawidiese koning (Jesaja 7-12);
  2. die dag van die Here teen die internasionale koalisie van Assirië, Israel en Egipte (Jesaja 13-19);
  3. die bonatuurlike ingryping van Jahwe wat weer lewe sal gee vir sy volk (Jesaja 20-27).

Hoe dit ook al sy, hoofstuk 5 is ’n begrafnislied oor die wingerd van die Here, sy volk (vgl 1:21-31 waar getreur word oor die begrafnis van die reg en waardes waar niemand meer vir minderbevoorregtes omgee nie). Jesaja 6 is dan die roepingsverhaal van Jesaja wat hierdie begrafnislied oor die volk moes aanhef.

Teks en konteks

Jesaja 5 bestaan uit

  1. ’n metaforiese beskrywing van die volk as die wingerd van die Here (5:1-7) en dan
  2. ’n 6-voudige beskrywing van die ellende wat die Here oor hulle sal bring (5:8-23) telkens aangekondig met die frase: “Ellende wag vir …” (5:8, 11, 18, 20, 21, 22). Dit word opgevolg met
  3. ’n oordeelsuitspraak (5:24-25) omdat die Here kwaad geword het vir sy volk en daarom
  4. ’n nasie versamel het om dié oordeel oor sy volk te voltrek (5:26-30).

Jesaja 5:1-7

Let op hoe vers 1-7 dieselfde verrassende element het wat Natan ook in sy veroordeling van Dawid se sonde gebruik het – ’n storie wat vertel word, en dan op verrassende wyse op die hoorder van toepassing gemaak word (2 Sam 12).

Hier is die storie egter nie ’n skaap wat deur ’n gierigaard afgepers word nie, maar ‘n wingerd wat suur druiwe voortbring … en dan op die Israeliete, die volk van Juda, van toepassing gemaak word wat die Here nie wou erken as God en Heer nie. Let op hoe die suur druiwe net met een ding verbind word, die onreg wat in die samelewing plaasvind.

Dit is ’n noodsaaklike boodskap vir ons – daar kan baie goeie dinge in ’n gemeenskap of ’n land wees, lofwaardige dinge, maar as die reg nie in stand gehou word nie – en baie spesifiek die reg van verontregtes (5:7) – is die dood in die pot.

Jesaja 5:8-23

Dit is insiggewend om die Ellende uitsprake te lees – dit is soos 6 dele van die begrafnislied – en daarin te sien hoe diep die Here raaksien wat in ’n gemeenskap kan gebeur. Hy sien 6 basiese vergrype raak by die volk, die vooraanstaandes en die gewone burgers, weens hulle gebrek aan kennis en geestelike sensitiwiteit (5:13):

  1. uitbuiters wat grond en besittings inpalm totdat daar niks vir ander oorbly nie (5:8-10);
  2. partytjie-mense wat die Here nie in ag neem nie (5:11-17);
  3. rebelle wat afgodsdienaars word en die Here uitdaag om iets daaraan te doen (5:18-19);
  4. perverses wat goed en sleg, lig en duisternis omruil (5:20),
  5. arrogante wyses (5:21),
  6. eerlose korruptes (5:22-24).

Jesaja 5:24-30

En Hy het net een antwoord – oordeel wat Israel polities, sosiaal en ekonomies vernietig.

Boodskap en betekenis

Nogal ’n mondvol dié hoofstuk – en ek wil dit nie relativeer nie, maar my net herinner dat daar ook ’n hoofstuk 4 was… Maar dan lees ek weer in vers 2, 4 en 7 wat God se verwagting was (in die grondteks staan wag) en hoe konsekwent dit gedwarsboom is, en weet, dit kon nie anders nie. God se geduld is tot die uiterste beproef totdat daar geen omkeer of terugkeer meer moontlik was nie. Versoberend.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…