Skip to main content

Tien Perspektiewe op die werk van die Heilige Gees

1. Die Heilige Gees is ‘n onderskeibare Persoon in die Drie-enige God (Jes 48:6; 1 Kor 12:4-6; 2 Kor 13:14; Ef 4:4-6; Mat 28:19; Joh 14-16; 1 Pet 1:2). Dit beteken dat as jy ‘n verhouding met God het, het jy ook ‘n verhouding met die Heilige Gees. Trouens, jy kan nie sê dat Jesus die Here is, as die Gees nie in jou is nie (1 Kor 12:3). Die Heilige Gees is immers die Gees van Jesus Christus (Gal 4:6; Rom 8:9; Fil 1:19) sowel as die Gees van God die Vader (Joh 15:26; Hand 2:33). Jy kan ook nie ‘n verhouding met die Vader hê sonder die Gees nie (Luk 11:13; Rom 8:15; Ef 2:18).

2. Die Heilige Gees het soos ‘n duif uit die oopgeskeurde hemel neergedaal en op Jesus kom bly (Mark 1:9-11; Matt 3:16-17; Luk 3:21-22). God het Jesus so met die Heilige Gees en krag gesalf (Hand 10:38).

3. Jesus is die Een wat nou doop met die Heilige Gees (Joh 1:31-33). Hy doen dit deur die wedergeboorte en die vernuwing van die Heilige Gees (Tit 3:5-6).

4. Die wedergeboorte is om “van bo-af” deur die Gees ‘n kind van God gemaak te word (Joh 3:5-6; Eseg 36:25-27).

5. Die vernuwing is om van die Heilige Gees ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees te ontvang waardeur ons in God glo en Hom gehoorsaam (Jer 31:31-34; Eseg 36:26-27; 2 Kor 3:3-6,13-18). Die Heilige Gees vloei daarna soos lewende water uit ons binneste (Joh 7:37-39). Hy lei ons om die werke van die vlees dood te maak en te lewe in die Gees (Rom 8:1-17; Gal 5:16-25).

6. Die eerste ervaring van die Heilige Gees in groepe word as ‘n uitstorting (Hand 2:1-4; 2:17; 2:33; 8:15-17; 10:44-48; 19:1-7) of gawe van die Heilige Gees (Hand 2:38) beskryf. Petrus verbind die uitstorting van die Heilige Gees ook aan die doop met die Heilige Gees (Hand 11:15-17; 15:8).

7. Die eerste ervaring van die Heilige Gees as individu word as ‘n vervulling met die Heilige Gees beskryf (Luk 1:15; 1:41; 1:67; Hand 9:17). Die Heilige Gees vervul ons daarna herhaaldelik om deur ons gedrag en getuienis die koninkryk van God te laat kom (Hand 2:1-4; 4:8; 4:23-31; 7:55; 9:17; 9:31; 13:9; 13:52). ‘n Mens kan dan as vol van die Gees beskryf word (Hand 6:3,10; 11:24). Hierdie vervulling is iets waarop ons hele wese gefokus moet wees (Ef 5:18; 6:18).

8. Die Heilige Gees gee vir ons gawes soos Hy dit wil tot opbou van die liggaam van Christus (Rom 12; 1 Kor 12-14) . Daar is ‘n groot verskeidenheid van gawes – die NT noem ongeveer 23 – waarvan niemand almal het nie, maar alle gelowiges een of meer.

9. Die Heilige Gees salf ons met die kennis van die waarheid (1 Joh 2:18-29; Openb 3:18) en lei ons in die waarheid, want die Gees is die Waarheid (Joh 14-16; Gal 5:16-25). Hy gebruik primêr die Woord (Ef 6:17), maar ook in en deur ons (Mark 13:11; Matt 10:19-20; Luk 12:12).

10. Die Heilige Gees dra die vrug van liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, en selfbeheersing in ons (Gal 5:22).

Wedergeboorte en bekering

Ek het ‘n navraag gekry oor wedergeboorte en bekering: Wat is die wedergeboorte? Wat is die verskil tussen wedergeboorte en bekering? Hoe toets jy of ‘n persoon wedergebore is of nie?

Hier is ‘n kort antwoord daarop met talle Skrifverwysings vir nadenke.

Wedergeboorte

Die wedergeboorte vind plaas as die Heilige Gees geloof in jou hart werk deur die Woord van God (Joh 3:5-8; Rom 10:8-13; 1 Pet 1:22-25). Die wedergeboorte was jou skoon van jou sonde (Tit 3:4-7; 1 Joh 1:5-10) en gee jou die sekerheid van die ewige lewe (Joh 3:16; 3:36; 1 Joh 5:12). Daardeur weet jy dat jy ‘n kind van God is (Joh 1:12-13; Rom 8:14-17).

Wedergeboorte en bekering

Die wedergeboorte is volledig God se werk, terwyl die bekering beide God se werk en jou gehoorsaamheid behels. Bekering kom deur die prediking – God se werk – wat jou aanspoor om gehoorsaam te word aan God se wil – jou werk (Matt 3:22; 4:17; Mark 6:11; Luk 24:47; Hand 2:38; 3:19; 17:30; 2 Kor 4:16-18; 7:9-10; Fil 2:12-13; Openb 2:5, 16, 21; 3:3, 19).

Vrug van wedergeboorte

Wedergeboorte raak sigbaar deur die vrug wat gelowiges dra (Matt 13:1-9; Joh 15:1-8). Dit behels dat jy doelbewus gehoorsaamheid en heiligmaking najaag (Gal 5:16-26; Rom 6:19-23; 12:1-2; Ef 5:1-21; Fil 1:9-11; Kol 1:3-14; Hebr 12:12-15; Jak 3:13-18).

Hoe “praat” die Heilige Gees?

Baie mense wonder oor die vraag: “Hoe ‘praat’ die Heilige Gees?” Daarmee word onder andere die volgende bedoel. Hoe kom ‘n mens die Gees se werking in jou of ‘n geloofsgemeenskap agter? Is dit iets wat buite jouself gebeur, óf binne in jouself, óf albei?

Om hierdie vrae te antwoord, moet ‘n mens eers vir jouself die vraag beantwoord: “Wat is die Heilige Gees?

Wat is die Heilige Gees?

Dit is duidelik uit die Skrif dat God een Wese is in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees. Hulle is een in waarheid, mag, goedheid en barmhartigheid (Luk 1:35; Matt 3:16-17; Joh 15:26; Gal 4:6; 1 Joh 5:7-8; Matt 28:19; 2 Kor 13:13).

Om meer spesifiek die vraag na die Heilige Gees te antwoord, haal ek aan uit my verwoording daarvan in Wie is God?, vraag en antwoord 38 (vgl ook Wat glo jy? vir kinders):

Die Heilige Gees is die ewige Krag en Mag van God. Hy is saam met die Vader en die Seun ware en ewige God. Hy word saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik. Hy is ook aan my gegee sodat Hy my deur ’n ware geloof deel kan laat kry aan Christus en al sy weldade, my kan troos en ewig by my bly.

(Gebaseer op Apostoliese Geloofsbelydenis 8; Geloofsbelydenis van Nicea 8; Nederlandse Geloofsbelydenis 8, 11; Heidelbergse Kategismus 53)

Hoe “praat” hierdie Gees dan met ons? Veral soos die Skrif self die vraag beantwoord.

Continue reading

Die sonde teen die Heilige Gees

Die sonde teen die Heilige Gees is om Hom te laster, om sy invloed op die werk van Jesus aan die Satan toe te skryf, soos die Fariseërs gedoen het. Dit lei tot ‘n onberoulike, morele en geestelike opstand teen God waarmee jy jou eie gewete verkrag en toeskroei. Dit is ‘n “deliberate, open-eyed rejection of the known truth.” (John Stott). Dit is om die duisternis liewer te hê as die lig. En daarin te volhard. Tot die einde toe. Tot die dood toe.

Continue reading

Sewe Geeste van God

Fire Flames Background 1Ek het ‘n navraag gekry oor die “sewe Geeste” van God en of hulle name het of nie.

Die frase “sewe Geeste van God” word na my mening op twee maniere in die Bybel gebruik. As ‘n beskrywing van die Heilige Gees (Openb 1:4; 4:5) sowel as ‘n beskrywing van die Here Jesus (Openb 5:6).

Continue reading

Onlangse kommentaar