Skip to main content

Tien Perspektiewe op die werk van die Heilige Gees

1. Die Heilige Gees is ‘n onderskeibare Persoon in die Drie-enige God (Jes 48:6; 1 Kor 12:4-6; 2 Kor 13:14; Ef 4:4-6; Mat 28:19; Joh 14-16; 1 Pet 1:2). Dit beteken dat as jy ‘n verhouding met God het, het jy ook ‘n verhouding met die Heilige Gees. Trouens, jy kan nie sê dat Jesus die Here is, as die Gees nie in jou is nie (1 Kor 12:3). Die Heilige Gees is immers die Gees van Jesus Christus (Gal 4:6; Rom 8:9; Fil 1:19) sowel as die Gees van God die Vader (Joh 15:26; Hand 2:33). Jy kan ook nie ‘n verhouding met die Vader hê sonder die Gees nie (Luk 11:13; Rom 8:15; Ef 2:18).

2. Die Heilige Gees het soos ‘n duif uit die oopgeskeurde hemel neergedaal en op Jesus kom bly (Mark 1:9-11; Matt 3:16-17; Luk 3:21-22). God het Jesus so met die Heilige Gees en krag gesalf (Hand 10:38).

3. Jesus is die Een wat nou doop met die Heilige Gees (Joh 1:31-33). Hy doen dit deur die wedergeboorte en die vernuwing van die Heilige Gees (Tit 3:5-6).

4. Die wedergeboorte is om “van bo-af” deur die Gees ‘n kind van God gemaak te word (Joh 3:5-6; Eseg 36:25-27).

5. Die vernuwing is om van die Heilige Gees ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees te ontvang waardeur ons in God glo en Hom gehoorsaam (Jer 31:31-34; Eseg 36:26-27; 2 Kor 3:3-6,13-18). Die Heilige Gees vloei daarna soos lewende water uit ons binneste (Joh 7:37-39). Hy lei ons om die werke van die vlees dood te maak en te lewe in die Gees (Rom 8:1-17; Gal 5:16-25).

6. Die eerste ervaring van die Heilige Gees in groepe word as ‘n uitstorting (Hand 2:1-4; 2:17; 2:33; 8:15-17; 10:44-48; 19:1-7) of gawe van die Heilige Gees (Hand 2:38) beskryf. Petrus verbind die uitstorting van die Heilige Gees ook aan die doop met die Heilige Gees (Hand 11:15-17; 15:8).

7. Die eerste ervaring van die Heilige Gees as individu word as ‘n vervulling met die Heilige Gees beskryf (Luk 1:15; 1:41; 1:67; Hand 9:17). Die Heilige Gees vervul ons daarna herhaaldelik om deur ons gedrag en getuienis die koninkryk van God te laat kom (Hand 2:1-4; 4:8; 4:23-31; 7:55; 9:17; 9:31; 13:9; 13:52). ‘n Mens kan dan as vol van die Gees beskryf word (Hand 6:3,10; 11:24). Hierdie vervulling is iets waarop ons hele wese gefokus moet wees (Ef 5:18; 6:18).

8. Die Heilige Gees gee vir ons gawes soos Hy dit wil tot opbou van die liggaam van Christus (Rom 12; 1 Kor 12-14) . Daar is ‘n groot verskeidenheid van gawes – die NT noem ongeveer 23 – waarvan niemand almal het nie, maar alle gelowiges een of meer.

9. Die Heilige Gees salf ons met die kennis van die waarheid (1 Joh 2:18-29; Openb 3:18) en lei ons in die waarheid, want die Gees is die Waarheid (Joh 14-16; Gal 5:16-25). Hy gebruik primêr die Woord (Ef 6:17), maar ook in en deur ons (Mark 13:11; Matt 10:19-20; Luk 12:12).

10. Die Heilige Gees dra die vrug van liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, en selfbeheersing in ons (Gal 5:22).

Wedergeboorte en bekering

Ek het ‘n navraag gekry oor wedergeboorte en bekering: Wat is die wedergeboorte? Wat is die verskil tussen wedergeboorte en bekering? Hoe toets jy of ‘n persoon wedergebore is of nie?

Hier is ‘n kort antwoord daarop met talle Skrifverwysings vir nadenke.

Wedergeboorte

Die wedergeboorte vind plaas as die Heilige Gees geloof in jou hart werk deur die Woord van God (Joh 3:5-8; Rom 10:8-13; 1 Pet 1:22-25). Die wedergeboorte was jou skoon van jou sonde (Tit 3:4-7; 1 Joh 1:5-10) en gee jou die sekerheid van die ewige lewe (Joh 3:16; 3:36; 1 Joh 5:12). Daardeur weet jy dat jy ‘n kind van God is (Joh 1:12-13; Rom 8:14-17).

Wedergeboorte en bekering

Die wedergeboorte is volledig God se werk, terwyl die bekering beide God se werk en jou gehoorsaamheid behels. Bekering kom deur die prediking – God se werk – wat jou aanspoor om gehoorsaam te word aan God se wil – jou werk (Matt 3:22; 4:17; Mark 6:11; Luk 24:47; Hand 2:38; 3:19; 17:30; 2 Kor 4:16-18; 7:9-10; Fil 2:12-13; Openb 2:5, 16, 21; 3:3, 19).

Vrug van wedergeboorte

Wedergeboorte raak sigbaar deur die vrug wat gelowiges dra (Matt 13:1-9; Joh 15:1-8). Dit behels dat jy doelbewus gehoorsaamheid en heiligmaking najaag (Gal 5:16-26; Rom 6:19-23; 12:1-2; Ef 5:1-21; Fil 1:9-11; Kol 1:3-14; Hebr 12:12-15; Jak 3:13-18).

Hoe “praat” die Heilige Gees?

Baie mense wonder oor die vraag: “Hoe ‘praat’ die Heilige Gees?” Daarmee word onder andere die volgende bedoel. Hoe kom ‘n mens die Gees se werking in jou of ‘n geloofsgemeenskap agter? Is dit iets wat buite jouself gebeur, óf binne in jouself, óf albei?

Om hierdie vrae te antwoord, moet ‘n mens eers vir jouself die vraag beantwoord: “Wat is die Heilige Gees?

Wat is die Heilige Gees?

Dit is duidelik uit die Skrif dat God een Wese is in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees. Hulle is een in waarheid, mag, goedheid en barmhartigheid (Luk 1:35; Matt 3:16-17; Joh 15:26; Gal 4:6; 1 Joh 5:7-8; Matt 28:19; 2 Kor 13:13).

Om meer spesifiek die vraag na die Heilige Gees te antwoord, haal ek aan uit my verwoording daarvan in Wie is God?, vraag en antwoord 38 (vgl ook Wat glo jy? vir kinders):

Die Heilige Gees is die ewige Krag en Mag van God. Hy is saam met die Vader en die Seun ware en ewige God. Hy word saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik. Hy is ook aan my gegee sodat Hy my deur ’n ware geloof deel kan laat kry aan Christus en al sy weldade, my kan troos en ewig by my bly.

(Gebaseer op Apostoliese Geloofsbelydenis 8; Geloofsbelydenis van Nicea 8; Nederlandse Geloofsbelydenis 8, 11; Heidelbergse Kategismus 53)

Hoe “praat” hierdie Gees dan met ons? Veral soos die Skrif self die vraag beantwoord.

Continue reading

Die sonde teen die Heilige Gees

Die sonde teen die Heilige Gees is om Hom te laster, om sy invloed op die werk van Jesus aan die Satan toe te skryf, soos die Fariseërs gedoen het. Dit lei tot ‘n onberoulike, morele en geestelike opstand teen God waarmee jy jou eie gewete verkrag en toeskroei. Dit is ‘n “deliberate, open-eyed rejection of the known truth.” (John Stott). Dit is om die duisternis liewer te hê as die lig. En daarin te volhard. Tot die einde toe. Tot die dood toe.

Continue reading

Sewe Geeste van God

Fire Flames Background 1Ek het ‘n navraag gekry oor die “sewe Geeste” van God en of hulle name het of nie.

Die frase “sewe Geeste van God” word na my mening op twee maniere in die Bybel gebruik. As ‘n beskrywing van die Heilige Gees (Openb 1:4; 4:5) sowel as ‘n beskrywing van die Here Jesus (Openb 5:6).

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda