Skip to main content

Handelinge 28

Paulus verkondig die evangelie in Rome

Die eiland waar hulle aan wal gegaan het, was Malta (in Grieks Milete) waar hulle gasvry ontvang is. Die wonderwerk met die slang se byt en die genesing van die pa van die hoofman Publius demonstreer die krag van die evangelie hoewel ons nie spesifiek lees van mense wat tot bekering kom nie. Op reis na Rome word Paulus onder andere deur ‘n aantal gelowiges in die hawestad van Rome, Puteoli, versterk, om uiteindelik in huisarres in Rome verder getuienis te kan lewer aan die Jode sowel as aan almal in Rome wat na hom kom luister het. Dit het moontlik uiteindelik ook ‘n getuienis aan die keiser, Nero, ingesluit.

Teks en konteks

Die plaaslike bevolking van Malta het hulle buitengewoon vriendelik verwelkom. Toe ‘n slang in die proses aan Paulus se hand vasgebyt het, het hulle gedink dat hy daardeur deur die godin Dike (geregtigheid) veroordeel is. Paulus het die slang egter in die vuur afgeskud en niks oorgekom nie. Dit het die plaaslike bevolking laat dink dat hy dan self goddelik moes wees.

Toe die pa van die hoofman Publius gesond geword het ná Paulus vir hom gebid het, het dit ‘n groot impak gehad op die mense van Malta. Talle siekes is genees en Paulus-hulle is na drie maande daar met eerbewyse en voorsiening oorlaai vir die pad verder, hoewel ‘n mens nie lees dat die mense van Malta tot bekering gekom het nie.

Paulus-hulle het die reis na Rome voortgesit en is in die dorpie Puteoli, die hawestad van Rome in Italië, versterk deur ’n klompie gewone gelowiges waardeur hy weer moed kon skep vir die laaste been van die reis. Abnormale buitengewone ervarings beteken nie dat ‘n mens nie ook die normale gemeenskap van gelowiges nodig het nie.

Met die aankoms in Rome is Paulus toegelaat om op sy eie te woon, met net een soldaat wat hom bewaak het.

Die eerste mense na wie Paulus hier uitreik, was die Joodse leiers wat hy saamgeroep het. Hy het sy pad tot daar verduidelik en veral klem gelê op sy onskuld in terme van enige oortreding teen die volk of teen die gebruike van hulle voorvaders.

Hy het ‘n appèl tot hulle gerig om verder na hom te kom luister oor die hoop van Israel waarvoor hy in boeie is. Hulle het daartoe ingestem, maar was ook duidelik daaroor: “dat daar oral teen hierdie splintergroep gepraat word.”

Paulus het aan hulle op die afgesproke dag die koninkryk van God uitgelê, en van vroegoggend tot die aand kragtig daaroor getuig, terwyl hy hulle uit die Wet van Moses en die Profete probeer oortuig het oor Jesus.

Sommige is oortuig deur sy woorde, maar ander het ongelowig gebly, sodat hulle in onenigheid onder mekaar uiteengegaan het, veral nadat Paulus nog ‘n enkele laaste woord gespreek het uit Jesaja 6 dat hy weet dat hulle soos die voorvaders nie sal luister nie. Die verlossing van God word nou aan die heidene gestuur wat wel sal luister.

So gebeur dit dan dat die Jode (en ander) in die Romeinse hoofstad ook die evangelie hoor, hoewel met wisselende resultate, soos ‘n mens nou al aan gewoond geraak het.

Ons word nie vertel of Paulus uiteindelik wel die keiser gesien het nie, hoewel dit ’n sterk moontlikheid is. Hy is in elk geval uiteindelik deur keiser Nero om die lewe gebring.

Lukas sluit sy verhaal af met die mededeling dat Paulus sy doel bereik het. Hy kon twee jaar lank die koninkryk van God verkondig met alle vrymoedigheid. Hy kon sonder enige verhindering almal oor die Here Jesus Christus onderrig in Rome. Die gemeente wat hy hier bedien het, het die toets van die tyd deurstaan, in die vorm van die Katolieke kerk wat mettertyd hieruit gegroei het as een van die groot denominasies in die wêreld.

Boodskap en betekenis

Handelinge 28 wys hoe die evangelie se pad tot in Rome – die sentrum van die wêreldryk – deur God bewerkstellig is, ten spyte van teenstand en gevare. God bevestig sy werk deur wondertekens (soos Paulus wat die slang oorleef en siekes genees), maar ook deur gewone gasvryheid en gemeenskap van gelowiges. Paulus se bediening in Rome fokus op die verkondiging van die koninkryk van God aan beide Jode en nie-Jode. Die gemengde reaksie van die Jode bevestig Jesaja se profesie oor hulle hardheid van hart, terwyl dit die deur vir die heidene oopgemaak het om die evangelie te aanvaar. Die boek sluit af met Paulus wat in huisarres, maar sonder hindernis, die evangelie van die Here Jesus Christus met vrymoedigheid verkondig – ‘n kragtige getuienis van die krag van God se Woord.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda