Skip to main content

Hooglied 1:12-2:7

Wedersydse geborgenheid, tuiswees, bevestiging en opwinding

Die indeling van die onderskeie gedigte is redelik voor die hand liggend, behalwe dat vers 17 ook goed sou pas in die man se mond. Dit is gegiet in die vorm van ‘n gesprek tussen die man en vrou.

Teks en konteks

Die klem op die sintuiglike kant van hulle liefde vir mekaar word in hierdie gedigte voortgesit. Al 5 sintuie is betrokke:

  • voel (linkerarm onder my kop, regterarm omhels – Hoogl 2:6),
  • sien (jy is mooi, jou oë is duiwe – Hoogl 1:15),
  • hoor (die gedigte was natuurlik bedoel om gesing of gepraat te word teenoor mekaar: bv. hy aan haar: soos ‘n lelie tussen dorings”; sy aan hom: “soos ‘n appelboom tussen wilde bome” – Hoogl 2:2-3),
  • proe (sy vrugte is soet in my mond – Hoogl 2:3),
  • ruik ( my nardusparfuum se geur versprei; die man … is vir my ‘n sakkie mirre; is vir my ‘n bos hennablomme – Hoogl 1:12-14).

Die vergelykings met sintuiglike items het egter ook ‘n dieper betekenis. Dit wys ook wat hulle beteken vir mekaar:

  • Hulle seksualiteit omvou mekaar en bring ‘n geborgenheid (die man is ‘n sakkie mirre tussen haar borste – Hoogl 1:13; sy sit in die man se skaduwee – Hoogl 2:3);
  • Hulle saamwees skep ‘n unieke ruimte wat soos ‘n huis word waarin hulle tuis is (ons bed is die groen blare, ons huis se balke is die seders, sy daklatte is die sipresse – Hoogl 1:17).
  • Hulle kom tot hulle reg in mekaar se teenwoordigheid. En hulle onderstreep dit aan mekaar met waarderende en bevestigende vergelykings (lelie tussen die dorings; appelboom tussen die wilde bome – Hoogl 2:2-3).
  • Hulle saamwees bring ‘n bruisende opwinding in hulle lewe soos by ‘n feesplek, waarin hulle ‘n kwaliteit van menswees kan ervaar wat nie op enige ander plek moontlik is nie (Hoogl 2:3). Hy straal van liefde vir haar (Hoogl 2:4) en die liefde verteer haar, soveel só, dat sy versterking nodig het van rosyntjies en appels (Hoogl 2:5)!

Let op hoe hulle liefde as ‘n wedersydse geborgenheid, tuiswees, bevestiging en opwinding beskryf word. Vandaar die waarskuwing, gerig aan die vroue van Jerusalem, dat die liefde nie oorhaastig sonder dié wederkerigheid ryp gedruk moet word nie (Hoogl 2:7). Die tyd moet ryp word vir hierdie tipe liefde.

Boodskap en betekenis

Hier is ‘n paar verdere opmerkings oor van die dinge waarna verwys word in die gedigte:

  • Die nardusplant is van Indiese oorsprong waarvan ‘n duur parfuum gemaak is. Ons ken dit uit die verhaal van die vrou wat Jesus se voete daarmee gesalf het (Mark 14:5; Joh 12:5).
  • Mirre kom van Arabië en was ook baie duur. Ons ken dit uit die geskenke waarmee die magi by Jesus se geboorte hulde aan Hom gebring het (Matt 2:11 – goud, wierook, mirre). Dit is onder andere as medisyne gebruik, en soms vir parfuum.
  • Henna was ‘n blou blom wat onder andere in En-Gedi gegroei het, ‘n oase naby die Dooie See. Die blare is gepars en as parfuum gebruik.
  • Die affodil en lelie is blomme wat ons nie presies kan identifiseer nie.
  • Saron is die vrugbare kusvlakte by Seserea (Tel Aviv) aan die Middellandse See, suid van die Karmel berge.
  • Rosyntjies was gebruik as seksuele stimulant.
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda