Skip to main content

Psalm 15

Kom in God se teenwoordigheid tot rus

Psalm 15 is ‘n Psalm wat Dawid geskryf het met riglyne vir die samekoms van die geloofsgemeenskap in die tent wat hy daarvoor gebou het en uiteindelik in die tempel wat sy seun Salomo sou bou. Trouens, dit vorm deel van ‘n reeks van tien Psalms oor die tema van hoe ’n mens in God se teenwoordigheid kom – Psalm 15 tot 24. Met dié Psalms is die volk uitgenooi om met bedagsaamheid God se teenwoordigheid op te soek en vanuit die invloed wat Hy in hulle hele bestaan het, te leef.

Teks en konteks

Die belangrike punt wat Psalm 15 maak is dat jou lewe met ander mense volledig verweef is met jou lewe met God. Hoe jy leef, prakties, elke dag, berei jou voor om in God se teenwoordigheid te leef, en andersom. Jou alledaagse lewe beïnvloed jou geestelike lewe, en jou geestelike lewe beïnvloed jou alledaagse lewe.

Dit is wat Practicing the Presence of God beteken – om alles te doen asof vir God. ‘n Mens sou ook kon sê:

  • Practicing the Presence of God moet in jou verhouding met mense gebeur, EN
  • Practicing the Presence of people moet in jou verhouding met God gebeur.

Vers 2 beskryf die algemene kenmerke van ’n lewe wat in God se alom-teenwoordigheid gelewe word en jou toegang tot die tempel-teenwoordigheid van God gee:

  1. onberispelike lewenswandel,
  2. regdoen en
  3. met die hele hart die waarheid praat.

’n Mens se woorde en dade moet ’n koherente integriteit hê wat in jou lewenswandel gesien kan word.

Vers 3-5 gee meer detail oor só ’n lewe weer wat telkens met die algemene kenmerke verbind kan word. Daar word ’n verdere agt kenmerke genoem:

  • Waarheid praat: nie kwaadpraat nie, niemand beledig nie, sy woord hou, selfs tot sy skade (vers 3a, 3c, 4c). Kortom, hy of sy moet ‘n goeie mens wees in sy persoonlike lewe.
  • Regdoen: medemens nie kwaad aandoen nie, nie op rente uitleen nie (Eks 22:25 verbied renteheffings aan volksgenote om te keer dat armes uitgebuit word); nie laat omkoop nie (vers 3b, 5a, 5b). Kortom, hy of sy moet ‘n goeie naaste wees in sy publieke lewe.
  • Onberispelike lewenswandel: die middelste twee in die reeks van agt, dui op ‘n onberispelike lewenswandel in terme van die gemeenskap van God – om dié te verag wat deur God verwerp is, en dié te eer wat Hom dien (4a-b), ‘n aanduiding dat dit ‘n belangrike fokuspunt van ‘n lewe met God is, om te onderskei met wie jy assosieer in die beoefening van jou gemeenskap met God, maar nog dieper, om nie self te doen wat die goddeloses doen nie, en na te volg wat die regverdiges doen (Ps 1). Die verbondsvolk is as een groot familie gesien wat die identiteit van die individu bepaal het. Kortom, hy of sy moet ‘n goeie gemeentelid wees in sy geestelike lewe.

Laat my dink aan Miga 6:8 waar soortgelyke kenmerke van ‘n Godvrugtige lewe uitgespel word: “Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied (regdoen), dat jy liefde en trou sal bewys (waarheid praat), dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God (onberispelik lewe).

Boodskap en betekenis

Paulus tel die tema van die gemeenskap van gelowiges op in sy skrywe aan die gemeente in Korinte (1 Kor 5) dat die gemeenskap in die gemeente suiwer gehou moet word. Maar, waar die Psalms baie skerp sê dat sommige mense vermy moet word, omdat die Here hulle verwerp het (die Psalmis spel nie uit hoe ‘n mens dit agterkom nie), is Paulus meer genuanseerd daaroor dat dit nie gaan oor sondaars in die wêreld wat vermy moet word nie, maar sondaars binne die gemeente, dws mense wat nie die pad met God loop nie, maar steeds binne die gemeenskap van gelowiges leef, sonder dat daar een of ander uitreik- en omgee-aksie (tugmaatreëls) toegepas word nie.

Gebruik die Psalm om in die Here se teenwoordigheid tot rus te kom. Oorweeg elkeen van die riglyne vir die lewe en maak dit prakties deel van jou lewe: “The one who lives like this will never be upended.” (NET)

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda