Skip to main content

Jesaja 64

Bid dat God nou ‘n verskil maak

In die tweede deel van Jesaja se gebed kom hy namens die volk tot skuldbelydenis. Hy bely dat hulle almal deur hulle eie sondes weggewaai is. Die gebed eindig met ‘n roerende uitroep dat God tog sal ingryp en die stad en tempel weer sal herstel.

Teks en konteks

Tweede deel van die gebed

Jesaja 64:1-5a

Jesaja bid namens die volk dat God weer groot wonders sal doen soos vroeër, berge wat skud, vuur wat brand, dat veral die nasies kan weet, God kom dié te hulp wat onthou hoe Hy wil hê hulle moet lewe. Jesaja maak dus staat daarop dat God nie net transendent is en afsydig sal bly nie, maar immanent sal word – “die hemel oopskeur” – en ‘n verskil in hulle tyd sal maak.

Jesaja 64:5b-7

Maar, die probleem, erken Jesaja, is dat die volk juis dit nie gedoen het nie – om God te vertrou en te doen wat Hy wil nie. Daarmee bely hy uiteindelik namens die volk hulle skuld en erken hy dat hulle regverdiglik deur God gestraf is. En gee Jesaja vir ons insig waarom gebede soms nie beantwoord word nie, al het ‘n mens beloftes waarop jy kan staatmaak. Sonde en ongeloof dwarsboom meesal God se ingrype, hoewel Hy nooit aan bande gelê kan word om nie soms in elk geval in te gryp en verandering te bring, as dit in sy plan pas nie.

Jesaja 64:8-12

Saam met dié erkenning van God se “onskuld”, herinner Jesaja vir God, dat Hy hulle Vader is (histories gesproke), en hulle Skepper (algemeen gesproke), en bid Hy ernstig dat God nie sal aanhou om kwaad te wees vir hulle nie en hulle sondes teen hulle sal hou nie. Hy vra dat God tog sal ingryp en die stad en tempel weer herstel. Hy beroep hom dus op God se genade.

Die volgende twee hoofstukke, Jesaja 65-66, gee ‘n antwoord op dié gebed van Jesaja, en gee vir ons ook ‘n kykie in hoe gebedsverhoring werk.

Boodskap en betekenis

Die idee van God as Vader is iets wat nie baie in die Ou Testament voorkom nie, moontlik omdat sommige godsdienste ‘n verwantskap tussen gode en mense getrek het, wat juis anders was in die OT visie op God. God is Skepper, die Gans Andere, en ons skepsels, die maaksels van Sy hande.

In die NT het die konsep van God as Vader veral in Jesus se verhouding met die Vader na vore gekom as beskrywing van die intimiteit van dié verhouding. En so, veral met die gebed wat Jesus ons geleer het – die Ons Vader – het die benaming van God (Vader) gemeengoed in die Christelike gemeenskap geword (vgl Rom 8:15).

Onthou net dat dit steeds metafore vir God is, wat aspekte van sy wese op ‘n verstaanbare wyse oordra. Hy word in Jesaja ook vergelyk met ‘n moeder (Jes 66:13; vgl ook Ps 131) en as kind (Jes 9:5) geteken. Maar, Hy is groter as enigeen van dié beelde, en uiteindelik onvergelykbaar anders as God.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…