Skip to main content

Psalm 30

Sy toorn duur net ‘n oomblik, maar sy goedheid lewenslank

Psalm 30 kan ook geplaas word by die eerste inwyding van die tabernakel waar die ark in Jerusalem ontvang is (soos Psalm 28 wat dieselfde inhoud het), maar die toonaard van die Psalm pas beter by 1 Kronieke 22 waar Dawid by die herinwyding van die tabernakel die Here loof dat Hy hom van sy dwaasheid gered het en daarna voortgaan om voorbereidings te tref vir die bou van die tempel.

Teks en konteks

Vers 1-4 – Loflied omdat God gehoor het

Dawid loof God omdat Hy hom gesond gemaak het, en gered het van die dood (put). Sy vyande se blydskap oor sy ellende was van korte duur. Hulle blydskap het stil geraak. God het na Dawid geluister en hom weer lewe gegun.

Vers 5-13 – Oproep tot lof vir die God wat gehoor en gehelp het

Dawid gebruik sy ervaring van redding om die geloofsgemeenskap aan te moedig om die Here te loof en getrou te bly dien, want Hy is ‘n God wat lewenslank goed is. Sy ervaring dat hy gisteraand nog gehuil het, en vanmôre weer kan lag, is die bewys daarvan: “Waarlik, sy toorn duur net ‘n oomblik, maar sy goedheid lewenslank. Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ek al weer.”

Hy is egter ook eerlik daaroor dat hy sy vertroue in God se onwankelbaarheid eintlik maklik verkondig het – toe dit nog goed gegaan het met hom. Die toets het egter gekom – hetsy deur sy eie toedoen of deur ander s’n of deur siekte – toe dit nie goed gegaan het met hom nie, en hy die ervaring gehad het dat God sy teenwoordigheid aan hom onttrek het. Dit het sy vertroue op God tot die uiterste getoets.

Die Here het egter sy hulpgeroep gehoor en hom genadig gewees, en sy vertroue bevestig. Daarom sal Dawid sing en nie stilbly nie … want God het nie stil gebly nie!

Boodskap en betekenis

Psalm 30 was bedoel vir die inwyding van die tabernakel/tempel. Later het die geloofsgemeenskap die Psalm op die ballingskapervaring van Israel toegepas. Die Jode sing bv die Psalm by Chanoeka, die fees wat die herinwyding van die tempel deur Judas Makkabeus (165 vC) na die ontheiliging daarvan deur Antiochus Epifanes (168) vier.

Dit is dus ‘n Psalm wat jy ook kan gebruik om jou lewe by hernuwing aan die Here toe te wy. Hetsy op ‘n gereelde basis of wanneer jy ná ‘n tyd van worsteling jou weer aan die Here verbind. En watter beter manier om dit in Dawid se woorde te doen: “Waarlik, sy toorn duur net ‘n oomblik, maar sy goedheid lewenslank. Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ek al weer.”

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…