Skip to main content

1 Tessalonisense 2:1-16

Paulus koester en begelei

Paulus herinner die gemeente verder daaraan dat Paulus-hulle se bediening in Tessalonika vrug gedra het, anders as die wandelende filosowe en heiliges van sy tyd, wat meer aangedryf is deur gierigheid as geloof. Daarom het hy sy ambag as tentmaker daar beoefen om hulle nie met sy behoeftes te belas nie.

Teks en konteks

Dit tref my dat die inspirasie vir sy onvermoeide ywer, ten spyte van belediging (psigies deur as Romeinse burger onregverdiglik in die tronk gegooi te word) en mishandeling (fisies deur geseling), soos pas tevore in Filippi (Hand 16), van God af kom wat hulle die moed gee om die evangelie te verkondig ten spyte van felle teenkanting (vers 2).

Die twee metafore wat hy gebruik om sy bediening aan hulle te beskryf, val op:

  • Ons was liefdevol en sag teenoor julle soos ‘n ma wat haar kinders vertroetel (vers 7). Die woord liefdevol beskryf ’n ma wat haar kind borsvoed. Dit is ’n baie intieme en sorgsame beeld. Hierdie beeld druk dus op uitsonderlike wyse die liefde en aanvaarding wat hy vir hulle gehad het uit. Dit bevestig die verhouding met hulle.
  • Soos ‘n pa sy kinders het ons julle elkeen bemoedig en aangespoor en dit op die hart gedruk om tot eer van God te lewe (vers 11). Hierdie beeld druk sy droom vir hulle uit, dat hulle nou al tot God se eer sal lewe, en eendag in sy heerlikheid sal deel. Dit moedig hulle aan om nie tevrede te wees, maar volstoom te werk aan hulle verhouding met God.

Hy bemoedig die gemeente ook deur hulle te herinner aan hulle aanvanklike ontvangs en aanneming van Paulus-hulle se prediking as die Woord van God. Dit het gelei daartoe dat dit ’n kragtige uitwerking in hulle lewe gehad het. Die radikale verandering in hulle lewenswyse het bewys gelewerdat daar iets spesiaal met hulle gebeur het.

Dat daar steeds geweldige teenstand uit die Joodse gemeenskap was (Hand. 17) en is uit die boodskap wat Silas en Timoteus gebring het, het eintlik bewys dat dit God se Woord was wat aan die werk was. Teenstand moes hulle dus nie ontmoedig in hulle Christelike stryd nie, maar juis bemoedig omdat dit ’n teken van God se werk in hulle lewe is.

Boodskap en betekenis

Paulus spreek my op twee maniere met hierdie gedeelte aan.

Eerstens kan ’n bediening net vrug dra as ’n mens regtig lief raak vir die mense wat jy bedien, in ’n familie, ’n kleingroep en ’n gemeente. Paulus sou selfs sy lewe wou gee vir die Tessalonisense. Daarom het hy self vir sy eie brood en botter in sy verblyf daar gewerk, en nie die voorreg van ’n apostel gebruik om deur die gemeente versorg te word nie.

Hoekom? Omdat hy lief was vir hulle, en op geen manier iemand iets negatiefs oor sy bediening wou laat sê nie. Hy het natuurlik ook in die oog dat daar van hulle is wat nie werk nie, soos ons later sal lees, en wou ook vir hulle ’n voorbeeld stel.

Tweedens, ’n mens kan nie net sag wees en koester nie. Daar is ook aanmoediging en bemoediging en uitdagings nodig om mense te inspireer tot alles wat hulle kan wees, sodat God in hulle lewens gesien en geëer kan word. En Paulus doen al twee: hy koester en hy karring, hy bederf en hy begelei.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda