Skip to main content

1 Johannes 2:28-3:24

Kinders van God doen wat reg is en het mekaar lief

Johannes gaan vêrder met sy verduideliking van wat die Christelike lewe behels as dit in God Drie-enig begrond is.

  • Kinders van God doen wat reg is – 1 Johannes 2:28-3:10.
  • Kinders van God het mekaar lief en lê hulle lewens vir mekaar af – 1 Johannes 3:11-24.

Teks en konteks

Kinders van God doen wat reg is – 1 Johannes 2:28-3:10

Johannes motiveer sy oproep om aan te hou om te doen wat reg is met vyf perspektiewe:

  • Hy waarsku hulle dat hulle vrymoedigheid by die Here Jesus se wederkoms skade sal ly as hulle beskaamd voor Hom staan oor hulle gebrekkige Christelike lewe.
  • Hy wys hulle op Jesus se regverdige karakter wat hulle moet aanspoor om te doen wat reg is. Dit sal aan hulle hul kindskap bevestig.
  • Hy bemoedig hulle met die feit dat hulle kindskap ’n bewys van God die Vader se groot liefde En dit is inderdaad so, dat hulle God se kinders is, hoewel die presiese nuwe gestalte by die wederkoms nog ondeursigtig is.
  • Dit is dié hoop wat ons aanspoor om onsself rein te hou en die sonde te vermy. Jesus het immers gekom om ons van ons sonde te verlos en ons deel van Homself te maak.  Ons kan dus nie aanhou met sondig en steeds deel van Hom bly nie.
  • Die onderskeid tussen dié wat van God is en dié wat van die duiwel is, word in ons lewe van regdoen sigbaar. Die Here Jesus het gekom om die werke van die duiwel te vernietig.  Wie dus in Hom bly, het deel aan die verlossing van die sonde, want God se saad, sy natuur, bly in hom of haar.

Kinders van God lê hulle lewens af vir medegelowiges – 1 Johannes 3:11-24

Regdoen sluit altyd die manier waarop ons met medegelowiges omgaan in.  Dit het nie net te make met die herstel en versterking van ons verhouding met God nie, maar altyd ook met hoe ons met ander omgaan.

Trouens, sê Johannes, dit was eintlik van die begin af so.  En hy illustreer dit met die verhaal van Kain en Abel.  Hulle verhaal moet gelowiges bedag maak daarop dat die wêreld hulle sal haat, omdat hulle die medegelowiges liefhet. Hulle moet ook daaruit leer dat iemand wat – soos Kain – sy broer of suster haat, nie die ewige lewe as iets blywends kan besit nie.  Let op dat die teks nie hier oor fisiese doodmaak van ander praat nie, maar haat as net so sleg beskou.

Weereens is Jesus die voorbeeld van naasteliefde.  Hy hê sy lewe afgelê vir sy mense.  Ons moet Hom daarin navolg.  Dié liefde word dan prakties uitgelê dat as jy genoeg aardse besittings het, mag jy nie jou hart toesluit vir ’n medegelowiges wat gebrek ly nie.  Liefde moet met dade en nie net woorde nie bewys word.  Dit sal ons ’n goeie gewete voor God gee, wat ook sal inhou dat ons met vrymoedigheid sal kan bid en die ervaring van die inwoning van die Heilige Gees sal geniet.

Boodskap en betekenis

Johannes leer ons dat die ware kinders van God herken word aan twee dinge:

  1. Hulle doen wat reg is – omdat hulle identiteit in Christus gewortel is en hulle hoop op sy wederkoms hulle rein en gehoorsaam laat leef. Só word dit sigbaar dat hulle uit God gebore is en nie uit die duiwel nie.
  2. Hulle het mekaar lief – soos Jesus sy lewe gegee het, so behoort gelowiges bereid te wees om prakties en opofferend vir mekaar om te gee. Liefde in dade bevestig ons verhouding met God, gee ons vrymoedigheid in gebed, en is die teken van die Gees se inwoning.
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.
  • Marius smit on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieHoekom beskerm die Here jou juis aan jou regterkant?
  • runawayjoyous2427b27b07 on Eenjaar Bybelleesprogram – 366 daeBaie dankie!