Skip to main content

2 Samuel 19

Dawid probeer die volk weer verenig terwyl sy hart swaar is oor sy seun

Joab is baie krities oor Dawid se rouproses, omdat dit minagting vir die soldate se opoffering vir hom kommunikeer. Sy waarskuwing dat dit Dawid die koninkryk kan kos, het die gewenste uitwerking en die koning keer terug na Jerusalem. Op pad terug versoen Simeï en Mefiboset hulle weer met Dawid, hoewel Dawid tog van Salomo verwag om Simeï na Dawid se dood te straf vir sy opstand teen Dawid (1 Kon 2:8-9).

Teks en konteks

Dawid se hartseer het ‘n slegte uitwerking op die manskappe wat die oorwinning vir Dawid behaal het en sluip uiteindelik terug na Maganajim (vgl vers 32) soos mense wat verneder is in die oorlog weens die invloed van die gebrokenheid van die koning oor sy seun op hulle.

Joab tree baie sterk op en lees Dawid die leviete voor dat hy die opoffering van sy manne minag en eerder huil oor die een wat met reg dood is weens sy opstand teen die koning as om bly te wees oor die lojaliteit van sy mense.

Dis insiggewend dat Dawid vanuit die noorde, uit die stad Maganajim, terugkeer na Jerusalem. Hoewel dit dieselfde plek is waar Is-Boset vroeër deur Israel koning gemaak is en vanwaar Dawid se koningskap uitgedaag is, word dit nou die basis vanwaar Dawid weer die troon bestyg. Deur die priesters Sadok en Abjatar kry hy dit reg om die noordelike stamme weer te verenig met dié van die suide.

Joab se geslaagde poging om Dawid uit sy treurmare oor Absalom te ruk om waardering vir die lojaliteit en ondersteuning van die manskappe te toon, boemerang aanvanklik op Joab. Dawid stel vir Amasa, neef van Absalom, in die plek van Joab as hoof van sy leër aan om 1) sy misnoë met Joab se optrede te wys, en 2) só Absalom se volgelinge aan sy kant te kry.

Let op hoe twee Benjaminiete, Saul se mense, in hierdie terugkeer na Jerusalem Dawid se guns probeer wen: Simeï en Mefiboset. Daar is ook die kosbare inset oor die interaksie met Barsillai, ’n man uit Gilead in Manasse, wat Dawid van kos voorsien het (2 Sam 17:27-29) en selfs nou van sy mense saam met Dawid stuur om hom verder te dien. Dawid beloon hulle aan die einde van sy lewe (1 Kon 2:7).

Omdat Absalom se opstand uit die suide geloods was, vanaf Hebron waar Dawid se koningskap amptelik begin het, doen Dawid moeite om die Judese leiers ook weer aan sy kant te kry. Hulle aanvaarding van hom lei egter aanvanklik tot konflik met Israel met Seba dit tot sy eie voordeel wil benut (waarvan ons in hoofstuk 20 verder lees).

Boodskap en betekenis

“Heavy is the head that wears the crown.” (William Shakespeare se “Henry IV”) Enige persoon wat al in ‘n beduidende leiersposisie was, weet hoe waar daardie stelling is. Ons sien dit ook hier geïllustreer in die nadraai van die oorlog. Hoewel die grootste uitdaging, die rebellie van Absalaom, afgeweer is, moet nie net die verdeeldheid tussen die manskappe van die noorde en die suide herstel word nie, maar ook die hart van die koning wat treur oor sy kind.

​Dink vandag aan leiers in jou omgewing en verder in die breër wêreld waarin ons woon, en bid spesifiek vir hulle vir insig en oorleg. Om aan die een kant beginselvas op te tree, maar aan die ander kant ook hulle mense met hulle saam te neem. En in dit alles met hulle eie pyn te kan saamleef.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.