Skip to main content

2 Konings 25:27-30

Jojagin word vrygelaat in 562 vC

Vandag is ‘n kort bydrae wat nie maklik met die ander leeswerk kan koördineer nie. Ek gebruik dus die teks in 2 Konings 25:27-30 sommer in hierdie bydrae.

In die sewe-en-dertigste jaar van die ballingskap van Jojagin, die koning van Juda, in die twaalfde maand, op die sewe-en-twintigste van die maand, het Ewil-Merodag, die koning van Babilonië, in die jaar toe hy koning geword het (562 vC), Jojagin, die koning van Juda uit die gevangenis vrygelaat.

Hy het vriendelik met Jojagin gepraat en hom ‘n sitplek gegee hoër as die sitplekke van die konings wat saam met hom in Babel was, en hy kon sy gevangenisklere uittrek.

Hy het hierna altyd, solank hy geleef het, aan die koning se tafel geëet (hoewel Ewil-Merodag net twee jaar regeer het). En sy lewensonderhoud – ‘n vaste lewensonderhoud – is deur die koning aan hom gegee, soveel as wat hy elke dag nodig gehad het.

Die boek van Konings sluit met hierdie positiewe verhaal af wat alreeds hoop vir die toekoms laat opvlam. Maar, daar is meer, want in 560 vC word Nabonidus koning, met sy seun Belsasar wat in Babilon die septer geswaai het.

Dit is in sy tyd wat Daniël weer met sy profesieë begin voordat hy uiteindelik deur Belsasar ontbied word om vir hom ‘n teken van die Here te ontsyfer… en dit die Meders en Perse as wêreldheersers na vore bring.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar