Bybelskool

Leesrooster 2021

Ek volg vanjaar die Leesrooster (Revised Common Lectionary 2021) by die NGK Somerstrand. Ons lees Maandae ‘n gedeelte uit die Evangelies, Dinsdae ‘n gedeelte uit die OT, Woensdae ‘n gedeelte uit die Psalms en Donderdae ‘n gedeelte uit die res van die NT. Sondae se erediens sal handel oor een van hierdie tekste.

Jy kan Sondae by die weeklikse erediens om 09:00 inskakel by hierdie YouTube kanaal of by Somerstrand se Facebook. Indien jy net na die preke wil luister, kan jy dit Sondae vanaf 09:00 by hierdie YouTube kanaal doen.

Vir stiltetyd en kleingroepe stuur ek elke dag, Maandag tot Donderdag, die Bybelgedeelte vir die dag saam met ‘n bydrae oor die teks en konteks, sowel as die boodskap en betekenis vir ons. Die eerste bydrae word 25 Januarie 2021 gestuur.

Om bogenoemde bydraes per e-pos te ontvang, kan jy inskryf by https://bybelskool.com/subscribe/.

Jy kan die hele lys van tekste vir die Leesrooster 2021 hier aflaai: Excel of Pdf

Vorige bydraes kan hier onder bereik word.



     

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ja, ek self leer ook steeds. In my voorbereiding vir die preek hieroor Sondag, het daar vanoggend nog dieper dinge oopgegaan. Oor Jesus se voortbou op Esegiël se visioen in Johannes 5. En die belang van getuienis en gebed. En hoe ons getuienis gebruik. Elke getuienis moet eintlik van ‘n gebed vergesel word, want die gebed maak die getuienis effektief, en die gebed het weer die getuienis nodig om tot sy volle werking te kom. Ag, dis heerlik om so algaande die Here net dieper en dieper te verstaan.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ja, hoe meer tyd ‘n mens met die Bybel spandeer, hoe dieper sak die betekenis daarvan in jou lewe in.

  • Avatar

    Sonja

    |

    Baie dankie ds Chris vir die duidelikheid oor hierdie gedeelte van die beendere. Ek het dit al dikwels gelees, en dit as letterlik opgeneem, en altyd gewonder waar die leër heen is na die asem in hulle geblaas is. Nou verstaan ek dit soveel beter en reg.
    Daardie lied wat ons sing “breek Die Woord vir my” kry elke keer net weer en weer betekenis vir my. Ek voel soos die man op die wat lees, maar nie altyd die uitleg verstaan nie. Baie dankie vir Die Bybelskool.

  • Avatar

    Werner Bezuidenhout

    |

    Wonderlike reeks, ek leer so baie. Dankie

  • Avatar

    Trudie Kruger

    |

    Baie dankie dat jy wys en insig gee hoe mens die Woord moet lees en bestudeer.
    Baie mense lees net en bid vinnig en daar gaan hulle.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Andrew, ons deel boonop ‘n van! En dieselfde redding! Groete.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Watter tipe inligting soek jy daaroor?

  • Avatar

    Andrew Van wyk

    |

    Hi naand se ek wil net dankie se die booskape wat ek lees dankie vir die Here vir dit ek is grade 5 uit die skool uit Maar die Here het my kom ret en verlos
    Die Here het my vry gemaak ek waardeur die booskape Baie dankie

  • Avatar

    Willem

    |

    Gee my meer inligting oof evangelistiese bediening en genesing