1&2&3 Johannes
Hoe om die Bybelboek te lees
Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.
Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.
Gebruik die volgende metode om hierdie Bybelboek deur te werk:
RUS
- Raak stil. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.
HOOR
- Lees die gedeelte in die Bybel soos dit aangetoon word. Fokus op wat jou tref.
- Lees my bydrae oor die gedeelte.
- Kies een gedagte wat jou tref en dink daaroor na. Dink veral oor die praktiese betekenis daarvan vir jou.
- Antwoord die Here in gebed.
- Geniet ‘n paar oomblikke die teenwoordigheid van die Here sonder woorde.
LEEF
- Besluit op ‘n praktiese manier om op God se woord aan jou te reageer.
1 Johannes
View all posts in this series
- Inleiding op die briewe van Johannes - November 17, 2013
- 1 Johannes 1 – Die vleesgeworde Seun van God reinig ons van elke sonde - November 18, 2013
- 1 Johannes 2:1-27 – Leef met en in God se liefde in hierdie wêreld - November 19, 2013
- 1 Johannes 2:28-3:24 – Kinders van God doen wat reg is en het mekaar lief - November 20, 2013
- 1 Johannes 4 – Wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hulle - November 21, 2013
- 1 Johannes 5 – Geloof is die getuienis van God se werk in ons lewe - November 22, 2013
- Geloofsekerheid - June 25, 2017
2 Johannes
View all posts in this series
- 2 Johannes – Die waarheid bly in ons en sal vir ewig met ons wees - November 25, 2013
Onlangse kommentaar