Skip to main content

1 Konings 5; 2 Kronieke 2

Die voorbereidings vir die bou van die tempel

Salomo laat nie gras onder sy voete groei nie, en begin met die voorbereidings vir die bou van die tempel. Die fokus skuif dus na ‘n ander aspek van Salomo se wysheid, naamlik sy vermoë op politieke terrein sowel as in die boubedryf. Salomo verseker die basiese materiaal vir die bou van die tempel deur ‘n handelsooreenkoms met Hiram, koning van Tirus, wat hout in ruil vir koring en olie verskaf het. Dit lees ons in beide 1 Konings 5 en 2 Kronieke 2.

Teks en konteks

Salomo gaan met groot wysheid te werk om die tempel te bou. Sy voorneme struktureer sy voorbereiding, goeie raad vir enigiets wat jy aanpak: “Begin with the end in mind”.

Hy netwerk sy nie-Israelitiese werkers met genoeg opsigters uit hul eie geledere om die klip in die berge te verwerk en vervoer.

Hy benut die bestaande ooreenkomste met sy buurland Tirus om seders vir die bouwerk te verkry. Die verdrag van Dawid met koning Hiram van Tirus was een van die min werklike produktiewe internasionale betrekkinge wat Dawid kon tref toe dié hout vir die bou van Dawid se paleis verskaf het. Dit word nou ook vir die tempel ingespan.

Let op dat Salomo aan die een kant die grootste gebou wil bou, omdat God die grootste van al die gode is. Aan die ander kant is hy ook baie bewus van die feit dat selfs die hemele God nie kan bevat nie, wat nog te sê ‘n gebou. Dít alles dien as motivering vir die ruiltransaksie wat hy met Hiram maak: voedsel vir seders.

Getrou aan Salomo se statuur as handelaar word die ooreenkoms met Hiram skriftelik gedoen.
Interessant genoeg is die meestervakman wat Hiram, die koning van Tirus, verskaf, se naam ook Hiram en was sy ma boonop ‘n Israeliet uit die stamgebied van Dan. Sy pa was van Tirus.

Let ook op dat Salomo ’n eie opname maak van al die nie-Israeliete wat in Israel vir die werk gebruik sou kon word in opvolg van Dawid se eie sensus. Hy gebruik letterlik almal van hulle, sommige as opsigters. Geen ware Israeliet word vir dié doel ingespan nie, wat op die langtermyn tot ongelukkigheid gelei het. Hulle word tot dwangarbeid verlaag en die onafwendbare opstand sou uiteindelik die ryk laat skeur.

Die weergawe van die Kronis verskil op ’n hele paar plekke van dieselfde verhaal in 1 Konings 5. In Konings neem Hiram die eerste inisiatief om Salomo geluk te wens met sy koningskap waarop Salomo met sy versoek vir hout reageer. Konings is ook baie meer duidelik daaroor dat Hiram self gebaat het by die voedselvoorsiening as betaalmiddel, veral koring en olyfolie vir sy huishouding. Konings is ook duideliker oor die sisteem van dwangarbeid en die gevare wat dit op die langtermyn ingehou het. Daar is ook meer detail oor ’n rotasiebeleid met die werkers, een maand aan en een maand af, iets wat op groot wysheid dui, hoewel die punt van dwangarbeid steeds kontensieus bly.

Boodskap en betekenis

Salomo se wysheid was regtig omvattend. Hy was nie net geestelik wys nie, maar ook op politieke en ekonomiese terrein. Hy gebruik dit alles om die tempel te bou wat ‘n belangrike fokuspunt nie net vir die ervaring van God se teenwoordigheid op aarde te word nie, maar ook die sentrale fokus van gebed. Só word God se belofte van ‘n betekenisvolle nageslag aan Dawid ‘n werklikheid. ‘n Belofte wat uiteindelik se vervulling in die Messias sou kry wat die weg, die waarheid en die lewe vir ons sou word (Joh 14:6).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda