Skip to main content

Amos 3:1 – 4:13

Israel weet nie hoe om reg te doen nie

Die volgende hoofdeel van Amos is profesieë veral gemik teen die noordelike tienstamme ryk van Israel, met hulle hoofstad Samaria en die heiligdomme by Bet-El, Gilgal en Berseba. Dit beslaan Amos 3:1-9:10 wat afgerond word met vyf visioene in Amos 7-9.

Teks en konteks

Hierdie eerste vier perikope kan ingedeel word onder die ironiese titel: “Israel weet nie hoe om reg te doen nie”, ‘n aanhaling uit Amos 3:10.

Amos 3:1-8 – Die Here God het gepraat, wie sal nie daarna luister nie

Amos rig sy woorde aan Israel vanuit hulle Eksodus geskiedenis. Die Here het hulle uit Egipte gebring, uitgekies uit al die volke van die aarde, om met hulle in ‘n verbond te lewe. Maar, hulle het gekies om dié verhouding te verbreek. Hulle wou nie meer die pad met die Here loop, soos hulle afgespreek het nie.

Met drie treffende metafore uit die natuur – brullende leeu, wip wat ‘n voël vang, ramshoring wat oorlog aankondig – word die rampe wat die Here daarom oor hulle weens hulle sondes bring, beskryf.

Let op hoe die Here sy onsigbare optredes agter die skerms deur sy profete bekend maak, sodat niemand onder enige illusies kan wees waar die rampe vandaan kom nie: “Die Here God doen niks as Hy nie sy besluit bekend gemaak het aan sy dienaars die profete nie.

Aansluitend by die tema van die boek – Die Here brul uit Sion vir geregtigheid – vra die profeet daarom: “Die leeu het gebrul, wie sal nie bang wees nie?” (vers 8)

Amos 3:9-15 – Die geweldenaars weet egter nie hoe om reg te doen nie

Die hoop beskaam egter in die geval van Israel. Hulle raak nie bang nie! Daarom kondig die Here verwarring en verdrukking aan in Samaria, omdat dit presies is wat in hulle huise geherberg word – geweld en verwoesting. Dit is asof Israel die vermoë verloor het om te weet hoe om reg te doen. Die straf daarvoor is dat die geweld en verwoesting van die vyand hulle sal tref.

Let op hoe die luukse lewe van die rykes geteken word – rusbanke, oorgetrekte gemakstoele, winterhuis, somerhuis, huise met invoorinleg, trouens baie huise – alles dinge wat hulle ore doof gemaak het vir die Here en vir dié teenoor wie hulle onreg en geweld gepleeg het. Hulle rykdom het hulle geestelik onsensitief gemaak, hulle die ontsag vir die Here ontneem.

Amos 4:1-5 – Dié wat lekker lewe, sal ondergaan ten spyte van hulle godsdienstigheid

Die rol van die vroue wat ‘n lekker lewe het – geteken as “die koeie van Basan” (‘n gebied wat bekend was vir hulle vet beeste!) word sterk veroordeel. Aan die een kant het hulle swakkes in hulle huise verdruk en armes mishandel. Aan die ander kant het hulle hulle mans aangemoedig om die lewe saam met hulle en met baie wyn te geniet, sonder om ag te slaan op die effek op die mense wat gebrek in hulle teenwoordigheid gely het.

Hulle sal daarom nes die mans veroordeel word en met hake opgetel en uitgedryf word ten spyte van hulle oënskynlike godsdienstigheid, gesimboliseer met gereelde offers en tiendes. Hulle godsdienstigheid het egter nie tot geregtigheid gelei nie. Amos se woorde drup van sarkasme: “So hou julle mos daarvan, Israeliete, sê die Here my God.

Amos 4:6-13 – Ek het julle deur peste en plae probeer bekeer, maar julle wou nie

In die laaste perikoop begin die bedoeling van die Here met al die peste en plae, die hongersnood en broodsgebrek, en die droogtes en die “onregverdige” verdeling van reën deurskemer: “En tog het julle julle nie tot My bekeer nie.” (vers 8).

Die doel met al die brandkoring, heuningdou, sprinkane, plae en die oorlogsgeweld teen hulle jongmense was om hulle tot bekering te bring. Maar verniet. Nog drie maal herhaal Amos die hartseer uitspraak van die Here: “En tog het julle julle nie tot My bekeer nie.” (vers 9,10,11).

Die Here wil hulle deur die slegte omstandighede tot ‘n konfrontasie met Hom beweeg, sodat hulle die omvang van sy almag kan besef en tot insig kan kom van wie Hy is en wat Hy doen. Dan sal daar immers uitkoms wees. Dit is die implisiete bedoeling.

Boodskap en betekenis

Die prentjie begin ontvou van ‘n God wat wel onverbiddelik is in sy veroordeling van dié dinge wat sy gramskap laat ontvlam, veral godsdienstigheid sonder geregtigheid. Maar, sy onsigbare betrokkenheid by die katastrofes van die lewe, is nie uit leedvermaak nie. Dit is gemik op bekering (4:8-11), ‘n erkenning van Wie God is: “Jy moet besef: Hy wat berge vorm en die wind skep, Hy wat sy gedagtes aan die mens bekend maak, Hy wat die dagbreek donker maak, Hy wat oor die hoogtes van die aarde gaan, sy Naam is here, almagtige God!” (4:13).

Wat dus op die oog af na verydeling lyk – hongersnood, droogte, ongelykheid, peste, plae, en sterftes – en uiteraard groot nood bring, is gemik op inkeer en ‘n hernuwing van hulle Godsbewussyn. Dit is die implisiete bedoeling van Amos se boodskap.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda