Bybelskool

Alfabetiese lys van Bybelboeke by Bybelskool.com

     

Comments (9)

  • Avatar

    Samantha

    |

    Hi ek is opsoek na n bybelkunde handboek vir die ou syllabus asseblief. Weet Udalk waar ek een kan kry asseblief. Dis dringend

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Nee, ek weet nie, maar miskien weet een van ons lede. Vra ook by facebook.com/bybelskool.

      Reply

  • Avatar

    frans

    |

    Chris is daar ‘n handleiding oor Esegiel wat jy vir lidmate kan aanbeveel. Groete. Dankie vir wonderlike werk.

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Ek fokus in die tweede kwartaal, DV, self op Esegiël. Daarmee sal ek dan al die OT profete saam met ons lede deurgelees het. Die bydraes in die Bybel in Praktyk en Die Bybel Verklaar is altyd handig. Ek hou besonder baie van die NET Bible se kort kommentaar op die teks self, wat gratis beskikbaar is by YouVersion se uitmuntende Bybelvertalingshulpmiddel. Daar is natuurlik ernstiger kommentare, Leslie Allen s’n in die Word kommentaar reeks, is uitstekend, en selfs die ouer Tyndale kommentaar bydrae van John Taylor is bruikbaar. Ek hou ook van die gefokusde korter bydrae van FF Bruce in die een-volume Zondervan Bible Commentary reeks.

      Reply

  • Avatar

    Corene van der Merwe

    |

    Goeie more,
    Ek het ‘n vraag en wonder of iemand my dalk meer inligting kan gee. In die skrifgedeelte
    1 Kon 11:30 en 31 skeur Agija sy mantel in 12 stukke. Hy gee vir Jerobeam 10 stukke en vir Rehabeam 1 stuk. Wat het geword van die 12de stuk? Ek weet dit het te doen met die 12stamme van Israel, maar is nie seker hoe dit presies inmekaar pas nie. Dankie.

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi Corene – Agija laat Jerobeam tien stukke vat, en hou dus (sonder dat die skrywer dit eksplisiet so noem) die laaste twee stukke van die mantel. Dan sê Agija, met die twee stukke in die hand, dat net een stuk vir Rehabeam, Salomo se seun, gegee gaan word. Dit dui volgens sommige geleerdes daarop dat Agija waarskynlik bedoel dat die stam Benjamin (11de stuk) deel van Juda (12de stuk) sal word, soos dit inderdaad in die geskiedenis gebeur het. Geleerdes probeer só dus sin maak van die feit dat die laaste en twaalfde stuk, wat Juda voorstel, nie eksplisiet in die Hebreeuse teks genoem word nie. Maar, die teks bly selfs met só ‘n interpretasie steeds verwarrend, al het dit meriete, en al is dit histories só dat Benjamin deel van Juda geword het. Die Griekse vertalers (LXX) was bv. van die begin af bewus van die verwarring wat só ‘n manier van skryf kan veroorsaak, en het dus die teks vertaal asof dit twee stukke (11de en 12de) was wat aan Rehabeam, weliswaar op ‘n later stadium, oorhandig sou word.

      Reply

  • Avatar

    Corene van der Merwe

    |

    More Chris,
    Baie dankie vir jou terugvoer. Ons omgee-groep het nogal min of meer tot dieselfde gevolgtrekking gekom. Net lekkerder vir my om doodseker te maak of ons dit reg geinterpreteer het. Lekker dag en seen, vrede en ‘n goeie gesondheid wens ek jou toe.
    Groete, Corene.

    Reply

  • Avatar

    simone paulse

    |

    Kan u my meer uitlegging gee oor Josua hoofstuk 2? Ek sien die boek Rigters en Josau verskyn nie in die alfabetiese lys Bybelboeke nie.

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi – my stof oor Josua is nog nie gereed nie. Jammer.

      Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Anna-marie. Die oorspronklike gelofte by Bloedrivier was bedoel as ‘n gebed van die Voortrekkers wat teen Dingaan in ‘n “straf-ekspedisie” opgetrek het weens die verbreking van sy verdrag met hulle dat hulle ‘n stuk grond van hom sou ontvang.

    Dit was in reaksie op die feit dat Piet Retief en 90 mans wreedaardig vermoor is in Umgungundhlovu, Dingaan se hoofstad, sowel as nog 600 mans, vroue en kinders by die Bloukrans- en Boesmansrivier deur die Zoeloe-impis. Al die Voortrekkers in Natal se voortbestaan was dus bedreig.

    Die meer as 500 mans het by Bloedrivier ‘n laer getrek in voorbereiding vir die geveg met meer as 10 000 Zoeloe soldate en het die volgende gelofte afgelê in die week voor die slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838:

    “dat hy aan den Almagtigen eene gelofte doen wilde (indien allen wel wilden),—’om zoo de Heere ons de overwinning geven mogt, een Huis tot zynes Grooten Naams gedachtenis te stichten, alwaar het Hem zal behagen’— en dat zy ook moesten afsmeken, de hulp en bystand van God, om deze gelofte zeker te kunnen volbrengen, en dat wy den dag der overwinning, in een boek zullen aantekenen, om dezelve bekend te maken, zelfs aan onze laatste nageslachten, op dat het ter Eere van God gevierd mag worden.”

    Dit is die oorspronklike Nederlandse gelofte wat JG Bantjes ‘n week voor die slag van Bloedrivier in sy dagboek opgeteken het en wat in huisgodsdiens deur die manne afgelê is tot en met die slag van Bloedrivier.

    Belangrik, daar is in die oorspronklike weergawe van die gelofte nie sprake van die viering van dié dag as ‘n Sabbat nie. Net ‘n voorneme om die uitkoms van die dag as gebedsverhoring te vier.

    Soos ons uit die geskiedenis weet, is die gebed verhoor, en het die Voortrekkers ‘n oorwinning behaal, sonder lewensverlies aan hulle kant. 3 000 Zoeloes is egter dood. Die uitkoms was dat die Voortrekkers ‘n veilige ruimte in Natal vir hulleself bekom het. Dit het ook ruimte verskaf vir die uitbreiding van die evangelie. ‘n Kerk is later daar gebou sowel as ‘n Kweekskool in die omgewing.

    Dié uitkoms van dié dag kan dus gevier word op die 16de Desember, in die eerste plek deur hierdie groep mense se nageslag, maar ook deur almal wat kan identifiseer met God wat uitkoms gee as gebedsverhoring.

    Die idee dat Geloftedag as ‘n Sabbat gevier moet word, is egter problematies. Die gedagte vind sy oorsprong in die joernaal van Sarel Cilliers wat eers 30 jaar na die slag van Bloedrivier die gelofte opgeteken het. Hy het daarin bygevoeg dat die dag as ‘n Sabbat gevier moet word.

    Hierdie idee het egter nie regtig posgevat tot in die volgende eeu nie, toe die dag in 1952 deur die Suid-Afrikaanse regering as ‘n Sabbat verklaar is waarmee Geloftedag ‘n Christelik-nasionale betekenis gekry het.

    Geloftedag het verder met die nuwe bedeling van 1994 in ons land verander in Versoeningsdag waarin die idee van die versoening tussen mense in ons land die voorrang kry, waarmee die verband met Geloftedag verminder is.

    Gelowiges is dus steeds welkom om die gelofte en sy uitkoms te vier, hetsy as nasate van die oorspronklike Voortrekkers óf as mense wat kan identifiseer met die God van die gelofte wat uitkoms as gebedsverhoring gee.

    Jy kan na ‘n breër verduideliking luister by die praatjie van Ds Marnix Boersema, predikant in die Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet.

  • Avatar

    Anna-marie Pieterse

    |

    Wat van Gelofte dag? Moet ons dit vier?

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Riaan. Wonderlik om te hoor. Die genade van die Here ken geen grense nie. Selfs op 52!

    Jeremia 10:1-16 (ek vermoed dit is hfst 10 waarna jy verwys) gaan egter nie oor Kersbome nie.

    Daar is wel sommige mense wat verkeerdelik probeer om ‘n Bybelse argument teen Kersfees, veral teen die idee van ‘n Kersboom, te voer met die gedagte dat die Bybel ons verbied om bome in ons huise te bring en te versier. Die gedeelte wat dikwels aangehaal word, is Jeremia 10:1-16.

    Maar hierdie gedeelte in Jeremia verwys na die afsny van bome, die afkap van die hout om ‘n afgod te maak, en dan die afgod met silwer en goud te versier om te aanbid. (sien ook Jesaja 44: 9-18). Dit het dus niks te make met Kersbome nie. Jeremia leef darem ook baie jare vóór Kersfees.

    Die gedeelte in Jeremia kan nie só uit sy konteks geneem word as ‘n argument teen Kersbome nie. Dit gaan vir Jeremia oor afgode waarteen tereg gewaarsku moet word. Maar Kersbome is nie afgode en word nêrens aanbid nie.

  • Avatar

    Riaan

    |

    Hi Chris
    Ek is ‘n onlangs wedergeborene (op ouderdom 52!) en worstel maar nog met van die interpretasies van die Woord wat uit soveel oorde bestaan. Ek het onlangs gehoor dat die kersboom (soos wat ons dit vandag aanvaar met al sy gepaardgaande versieringe), in terme van Jer. 7 verse 3 en 4, aan die beskrywing soos in die twee verse genoem, voldoen. Jou kommentaar hieroor sal waardeer word.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Hugo. Jy is reg. Daar was nie ‘n bydrae vir vandag nie. Ek hervat weer die vraag en antwoord bydraes 14 Januarie met die fokus op Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? Geseënde vakansietyd!

  • Avatar

    Hugo Van Dyk

    |

    Môre…ek het geen mail ontvang 10/12/2018

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Yvonne. Dit bly my voorreg en plesier.

  • Avatar

    Yvonne

    |

    Ds Chris baie dankie vir die besondere wyse waarop u die eerste hoofstuk van Jona vir ons oopmaak…ek waardeer al hierdie harde werk en tyd……God seen u.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Hester. Ek fokus veral op die Bybelse visie op wat vir God aanvaarbaar is in die Woord en wat nie. Enigiets wat daarmee in stryd is, kan ‘n mens dan vermy. Om heidense gebruike uit te wys, het waarde, maar kan ‘n mens se fokus wegneem van die Here self en sy Woord. Die Kanadese polisie wat vervalste note moet uitsnuffel, word in hulle opleiding net aan die egte Kanadese note blootgestel. Hulle tel dit, hanteer dit, en leer hoe dit voel, selfs in die donker. Só leer hulle die egte artikel só goed ken, dat hulle die valse artikel onmiddellik kan uitken. Dit is in die breë hoe ons ook moet werk. Die Heilige Gees werk daarby in ons hart om oor dié dinge wat nie helder uitgespel is in die Woord nie, binne die breë riglyne van die Woord, te kan onderskei. Hy lei ons tot ware bekering en heiligmaking.

  • Avatar

    Hester deWet

    |

    Goeie dag
    Baie dankie vir n baie insiggewende uitleg.
    Ek is opsoek na n uitleg van wat heidense gebruike is en wat nie.
    Dis vir my n hartseer saak dat omdat dit nie pertinent genoem word nie ‘christene’ dan wil beweer dat Vader nie meer n probleem het daarmee (bv. rook nie net maroana nie, speel van aanlyn ‘games’, musiek wat mens nie opbou nie, en vele meer.) en daarom kan hul nou onder bekering Vader se genade minag.
    Kan iemand my dalk van hulp wees.
    Ons liggaam is en bly n tempel en Vader eis n heilige lewe. Ook dat bogenoemde afgelê moet word na bekering. Ook dat bekering daaglikse gebeur soos die opneem van Jesus se kruis.
    Hoekom word dit nie meer aangespreek nie, is vir my ook n groot hartseer…
    Ek wil nie oordeel nie, maar is bekommerd oor Vader se kinders nie omgee om uit te vind wat heidense gebruike is waarvan ons moet afstand doen om heilig voor Vader te kan lewe, en omdat Vader se genade so vertrap word, is ons nie daar om mekaar reg te help nie… is dit nie juis wat liefde beteken nie.
    Ek vertrou dat u my van hulp kan wees sodat ons mekaar na ware bekering en heiligmaking sal kan lei.
    Baie geseende dag
    Hester