Wie is God? ’n Kompakte gids van 52 geloofsvrae met kort en kragtige antwoorde

Klik hier om dit aan te skaf

As iemand vir jou vra: “Wat glo jy?” kan jy die kern van wat ons glo as antwoord gee? Vrae omtrent die Bybel, geloof en die kerk is nooit maklik nie. Sommige vrae lýk eenvoudig en ander kan jy sommer sien, gaan ure se kopkrap meebring!

Ek het in Wie is God? kort en kragtige antwoorde geformuleer op vrae soos: “Wat is die Drie-eenheid?” “Wat verwag God van jou in sy wet?” “Waarom moet my Verlosser waarlik mens én waarlik God wees?” “Watter hoop hou die ewige lewe vir my in?” Die resultaat was Wie is God? Hierdie kompakte gids bevat antwoorde op 52 geloofsvrae soos hierdie vir gelowiges.

Die Apostoliese Geloofsbelydenis, die Geloofsbelydenis van Nicea, die Geloofsbelydenis van Athanasius, die Heidelbergse Kategismus en die Westminster Geloofsbelydenis dien as basis vir die kernantwoorde in Wie is God?

Wie is God? is geskryf in samehang met en as metgesel vir Wat glo jy? wat gemik is op kinders. Wat glo jy? is gerig op agt- tot twaalfjarige kinders en gee korter 20-woord antwoorde op dieselfde vrae.  Dit word steeds begrond met kort aanhalings uit die Bybel, maar ook met ’n bykomende Bybelse verhaal of gelykenis wat deur ’n kort 100-woord opsomming meer bevatlik vir kinders sal wees.

Die antwoorde in Wat glo jy? is doelbewus dieselfde as die swartgedrukte deel van hierdie boek se antwoorde.  Ouers, begeleiers en opvoeders kan dus albei boeke tegelykertyd gebruik in gesprekke sodat kinders kan deelneem.

Hier is meer inligting uit die Voorwoord van die boek.

Continue reading

Wat glo jy? – 52 antwoorde op kinders se vrae oor God, Christus, geloof en die Gees.

Kik hier om dit aan te skaf

Wie is God? Wat is die Bybel? Wat is sonde? Hierdie konsepte is soms vir volwassenes moeilik om te verklaar, wat nog te sê vir kinders. Ek bied met hierdie boek egter ’n maklike en kinder-vriendelike oplossing om kinders toe te rus om die kernwaarhede van die Christelike geloof te begryp en sinvol weer te gee.

In Wat glo jy? gee ek antwoorde vir 52 geloofsvrae wat as basis vir die Christelike geloof beskou kan word. Elkeen van hierdie vrae word toegelig met ’n eenvoudige antwoord, ’n opsomming van ’n Bybelstorie ter illustrasie van die konsep en ’n teksgedeelte uit die Bybel.

Wat glo jy? is bedoel vir kinders tussen 8 en 12 jaar omdat hulle ’n onderskeid tussen feite en interpretasies begin ontwikkel en hulle eie menings begin vorm. Dit is dus die ideale tyd om die basiese boustene vir ’n standvastige geloof te lê.

Wat glo jy? is geskryf in samehang met en as metgesel vir Wie is God? wat gemik is op die volwasse mark. Wie is God? gee omvattender 60-woord-antwoorde op dieselfde vrae. Dit
word ook dieper begrond in die Bybel, maar bevat steeds ook volledig hierdie boek se antwoorde. Ouers, begeleiers en opvoeders kan dus albei boeke tegelykertyd gebruik in gesprekke.

Hier is meer inligting uit die Voorwoord van die boek.

Continue reading

Etiek word in die heiligheid van God gefundeer

Die persoonlike etiek van beide die OT as die NT is in die heiligheid van God gefundeer. Soos Jesus in die Bergrede sê nadat Hy ses dele van die wet uitgelê het: “Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.” (Matt. 5:48). Die woord “volmaak” is die vertaling van die Griekse teleios, die ekwivalent van die Hebreeuse tāmîm wat op etiese perfeksie dui.

God verafsku vuilheid en veral onsedelike vuilheid. Daarom moet die sondige leefwyse waarin ons geleef het as sondaars soos vuil klere uitgetrek word en die nuwe natuur met sy heilige en rein dade aangetrek word soos nuwe wit klere (Ef 4:22-25).

Dit kom ooreen met die Israeliete wat in Levitikus gereinig word van die waardes van samelewing waaruit hulle verlos is – Egipte – sowel as gereedgemaak word vir die samelewing waarheen hulle op pad is – Kanaän – wie se moreel-etiese en godsdienstige waardes hulle moes teenstaan en moes leer om volgens die bevele van God te leef.

Die Verlosser uit Egipte het die reg verdien om die gedragskode te bepaal waarvolgens hulle moes leef. “Wees heilig, want Ek is heilig.

Die Verlosser in die NT, Jesus, het dieselfde reg. Hy bid daarom dat God sy dissipels sal heilig in die waarheid van die Woord (Joh 17:17). Want van die grondlegging van die aarde af het God ons in Hom uitverkies om heilig en sonder gebrek in liefde voor Hom te wees (Ef 1:4).

Continue reading

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: