As iemand vir jou vra: “Wat glo jy?” kan jy die kern van wat ons glo as antwoord gee? Vrae omtrent die Bybel, geloof en die kerk is nooit maklik nie. Sommige vrae lýk eenvoudig en ander kan jy sommer sien, gaan ure se kopkrap meebring!
Ek het in Wie is God? kort en kragtige antwoorde geformuleer op vrae soos: “Wat is die Drie-eenheid?” “Wat verwag God van jou in sy wet?” “Waarom moet my Verlosser waarlik mens én waarlik God wees?” “Watter hoop hou die ewige lewe vir my in?” Die resultaat was Wie is God? Hierdie kompakte gids bevat antwoorde op 52 geloofsvrae soos hierdie vir gelowiges.
Die Apostoliese Geloofsbelydenis, die Geloofsbelydenis van Nicea, die Geloofsbelydenis van Athanasius, die Heidelbergse Kategismus en die Westminster Geloofsbelydenis dien as basis vir die kernantwoorde in Wie is God?
Wie is God? is geskryf in samehang met en as metgesel vir Wat glo jy? wat gemik is op kinders. Wat glo jy? is gerig op agt- tot twaalfjarige kinders en gee korter 20-woord antwoorde op dieselfde vrae. Dit word steeds begrond met kort aanhalings uit die Bybel, maar ook met ’n bykomende Bybelse verhaal of gelykenis wat deur ’n kort 100-woord opsomming meer bevatlik vir kinders sal wees.
Die antwoorde in Wat glo jy?is doelbewus dieselfde as die swartgedrukte deel van hierdie boek se antwoorde. Ouers, begeleiers en opvoeders kan dus albei boeke tegelykertyd gebruik in gesprekke sodat kinders kan deelneem.
Hier is meer inligting uit die Voorwoord van die boek.
Wie is God? Wat is die Bybel? Wat is sonde? Hierdie konsepte is soms vir volwassenes moeilik om te verklaar, wat nog te sê vir kinders. Ek bied met hierdie boek egter ’n maklike en kinder-vriendelike oplossing om kinders toe te rus om die kernwaarhede van die Christelike geloof te begryp en sinvol weer te gee.
In Wat glo jy? gee ek antwoorde vir 52 geloofsvrae wat as basis vir die Christelike geloof beskou kan word. Elkeen van hierdie vrae word toegelig met ’n eenvoudige antwoord, ’n opsomming van ’n Bybelstorie ter illustrasie van die konsep en ’n teksgedeelte uit die Bybel.
Wat glo jy? is bedoel vir kinders tussen 8 en 12 jaar omdat hulle ’n onderskeid tussen feite en interpretasies begin ontwikkel en hulle eie menings begin vorm. Dit is dus die ideale tyd om die basiese boustene vir ’n standvastige geloof te lê.
Wat glo jy? is geskryf in samehang met en as metgesel vir Wie is God? wat gemik is op die volwasse mark. Wie is God? gee omvattender 60-woord-antwoorde op dieselfde vrae. Dit
word ook dieper begrond in die Bybel, maar bevat steeds ook volledig hierdie boek se antwoorde. Ouers, begeleiers en opvoeders kan dus albei boeke tegelykertyd gebruik in gesprekke.
Hier is meer inligting uit die Voorwoord van die boek.
Die persoonlike etiek van beide die OT as die NT is in die heiligheid van God gefundeer. Soos Jesus in die Bergrede sê nadat Hy ses dele van die wet uitgelê het: “Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.” (Matt. 5:48). Die woord “volmaak” is die vertaling van die Griekse teleios, die ekwivalent van die Hebreeuse tāmîm wat op etiese perfeksie dui.
God verafsku vuilheid en veral onsedelike vuilheid. Daarom moet die sondige leefwyse waarin ons geleef het as sondaars soos vuil klere uitgetrek word en die nuwe natuur met sy heilige en rein dade aangetrek word soos nuwe wit klere (Ef 4:22-25).
Dit kom ooreen met die Israeliete wat in Levitikus gereinig word van die waardes van samelewing waaruit hulle verlos is – Egipte – sowel as gereedgemaak word vir die samelewing waarheen hulle op pad is – Kanaän – wie se moreel-etiese en godsdienstige waardes hulle moes teenstaan en moes leer om volgens die bevele van God te leef.
Die Verlosser uit Egipte het die reg verdien om die gedragskode te bepaal waarvolgens hulle moes leef. “Wees heilig, want Ek is heilig.”
Die Verlosser in die NT, Jesus, het dieselfde reg. Hy bid daarom dat God sy dissipels sal heilig in die waarheid van die Woord (Joh 17:17). Want van die grondlegging van die aarde af het God ons in Hom uitverkies om heilig en sonder gebrek in liefde voor Hom te wees (Ef 1:4).
Ek het dié stuk opgedateer met ‘n fokus op goeie werke.
In Psalm 40 spel Dawid die sin van die lewe uit op ’n diepsinnige wyse: “Wat U behaag, my God, wil ek graag doen, u wet is in my binneste.” (Ps 40:9 – BDV).
Dit is alreeds ’n motto wat aan ons lewens die diepste sin en betekenis kan gee. Om God se wil te doen, om sy openbaring die sentrum van ons doen en late te maak, om sy woord die bepalende faktor vir ons gedagtes en ons gedrag te laat wees, dit is die lewenswyse wat God behaag.
Wat hierdie lewensmotto egter ’n deurslaggewende betekenis vir alle mense gee, is dat hierdie woorde van Dawid volgens die Hebreërskrywer die lewensmotto van die Here Jesus self was.
Die Hebreërskrywer haal Psalm 40:9 aan as die beskrywing van die doel van Jesus se koms na hierdie aarde: “Kyk, Ek kom – in die boekrol is dit van My geskrywe – om u wil te doen, o God.” (Hebr 10:7).
Die Hebreërskrywer spel hierdie wil van God uit in die kruisdood van Jesus. God se wil was dat Jesus sy liggaam as offer gegee het vir al ons sondes. Daardeur is alle gelowiges vir altyd volkome van sonde vrygemaak, eens en vir altyd (Hebr 10:9-10,14).
Daarin kan ons ons net verheug en God vir sy genade in Jesus Christus loof.
Maar wat beteken dit egter vir ons om God se wet in ons binneste te laat wees? Ons kan immers nie aan ’n kruis betaal vir ons eie sonde nie, laat staan nog iemand anders s’n. Wat beteken dit dus vir ons om God se wil te doen?
Hier is ’n paar gedagtes wat hierdie twee vrae uit die Skrif beantwoord. Hoe God se wil ons gedagtes kan vorm. En hoe God se wil ons dade kan bepaal.
Ek gaan eers vyf algemene opmerkings maak oor God se wil:
God het alles gemaak.
God se wil is in die Skrif geopenbaar.
God se wil vorm die fokus van ons gebede.
God se wil die inhoud van ons dade vorm;
Dat God se wil deursigtig is vir dié wat dit doen.
Daarna gaan ek vyf spesifieke aspekte van die inhoud van God se wil uitspel vir die praktyk van ons lewe:
Ek kry vandag ‘n navraag of God ‘n “siel” het of nie. In Levitikus 26:11 staan daar in die OAV: “En Ek sal my tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen afsku hê nie.“[1] (vgl. ook Ps. 11:5, Matt 12:18). Het God dus ‘n “siel” soos ons (en die diere) of nie?
Dit is nie so ‘n eenvoudige vraag om te beantwoord nie, want die woord “siel” in Hebreeus kan op ten minste tien verskillende maniere verstaan en vertaal word. Die Hebreeuse woord נָֽפֶשׁ (něpěš) – wat baie keer met “siel” vertaal word – kan semanties in ‘n hele tien betekenisvelde gebruik word! Hier is ‘n seleksie van tien van dié betekenisse:
Keel – Jes. 5:14;
Nek – Ps. 105:18;
Asem – Job 41:13 (dít wat ons en diere lewende wesens maak);
Lewende wese – Gen. 1:20 (diere); Gen. 2:7 (mens);
Man, mens, persoon, mense – Lev. 24:17; Eseg. 27:13; Num. 31:19; Gen. 36:6;
Persoonlikheid, individualiteit – Gen. 27:4 (myself); Ps. 124:7; 1 Sam. 18:3; Num. 30:14; Eks. 12:16; Lev. 7:27 ens.
Lewe (van ‘n persoon) – Gen. 9:5;
Siel as die plek van gevoel en sensasie – Spr. 23:2; 28:25; Ps. 35:25;
“Siel” is dus net een van die betekenisse waarvoor die woord něpěš gebruik word. Waar die woord vir die Here gebruik word, is dit daarom gewoonlik in die betekenis van sy persoon – “Ek” – soos in betekenis 6 of 7 hierbo. As ‘n mens die woord něpěš in die betekenis van “siel” vir God sou verstaan, soos in betekenis 8 hierbo, dan dui dit God in sy emosionele gedaante aan.
Maar dit kan maklik verkeerd verstaan word, vandaar dat vertalings eerder “Ek” of “myself” gebruik wanneer van die něpěš van God gepraat word.
God het dus nie ‘n siel soos ons (of die diere) nie, maar kan tog antropomorfies[3] beskryf word as ‘n Persoon, Iemand wat gevoelens het en uitlewe.
[1] Terloops: lees Joh. 1:14 in dié lig en dit gee jou ‘n nog groter waardering vir wat Jesus onder ons kom doen het: “Hy het kom ‘Tabernakel’ onder ons” soos dit in die Grieks lui!
[2] Vgl. Holladay, W.L. & Köhler, L., 2000. A concise Hebrew and Aramaic lexicon of the Old Testament, pp.242–243.
[3] Menslike eienskappe wat aan God toegeskryf word.
Hannes.onHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
Chris van ZylonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
Doreen SnydersonPsalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
sparklybc467b2e69onPsalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
sparklybc467b2e69onPsalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
sparklybc467b2e69onPsalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
sparklybc467b2e69onPsalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
Loading Comments...
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar