1 Samuel 28

Saul raadpleeg nie meer die Here nie, maar ‘n medium

Teen die agtergrond van Agis wat steeds dink dat Dawid aan Filistynse kant is teen die Israeliete, en ‘n mens laat wonder hoe Dawid uit die penarie van sy aanstelling as Agis se lyfwag gaan ontsnap, word Saul se afvalligheid van God beklemtoon deurdat hy raad by ‘n medium soek in stryd met die wet (Deut 18) wat hy self vroeër afgedwing het. In die ontmoeting met die medium verskyn die profeet Samuel, waarskynlik omdat God dit toelaat sodat Hy steeds deur sy profeet, Samuel, ‘n doodsvonnis oor Saul en sy seuns kon uitspreek. Daarmee word die verwerping van Saul as koning voltrek.

Teks en konteks

Dit is met groeiende spanning wat ‘n mens dié gedeelte lees. Die aanloop tot die oorlog op die Gilboaberg by Jisreël begin met Saul wat nie meer God se stem kan onderskei nie, nie direk deur drome nie, nie deur die bemiddeling van die priesters met die urim (en die tummim) nie, en nie deur ‘n woord van die profete onder leiding van die Gees nie.

Saul se desperaatheid word in detail geteken. Hy is honger en bang. En hy raadpleeg ‘n verbode dodebesweerster of medium by En-Dor.

Mediums het gespesialiseer daarin om dooies op te roep en dan met hulle te kommunikeer en uit hulle woorde (orakels) insig te verkry (die praktyk heet necromancy in Engels). Die praktyk is reeds bekend uit die 2de Millenium vC uit Ugaritiese tekste. Die praktyk is egter verbied in die OT (Lev 19:31), hoewel die praktyk tog regdeur die OT ‘n versoeking gebly het, soos blyk uit Saul se verhaal, en uit die optrede van Josia (7de eeu vC) wat weereens die mediums uitgeroei het (2 Kon 23).

Tegnieke waarmee waarsêery en towery bedryf was, word ’n paar keer in die Bybel vermeld: die skud van pyle, die bestudering van ’n dier se lewer (Eseg 21:21), en die waarneming van die stand van die sterre, wat dan “elke maand vir jou bekend maak wat oor jou gaan kom” (antieke horoskope! – Jes 47:13). Uit die antieke wêreld is daar ook tegnieke bekend soos die waarneming van die beweging van (offer)diere en die vlug van voëls, opsê van formules, dra van amulette, en veral die orakel (uitspraak of profesie) wat meesal raaiselagtige uitsprake van die heidense priesters was.

Saul val hiervoor, omdat God hom verlaat het. Dit was hartseer dat terwyl Samuel gelewe het, Saul ongehoorsaam was. Noudat Samuel dood is, bly Saul egter steeds ongehoorsaam. Hy kan nie dit oor sy lippe kry om te sê, ek het gesondig nie. En raadpleeg ‘n medium in weerwil van God se duidelike wil soos in die wet uitgespel.

Terloops, die medium was duidelik verbaas en doodbang dat enigiets gebeur toe sy iemand uit die dode oproep. Dit dui aan dat dit God is wat uiteindelik van Hom laat hoor deur Samuel, en dat die medium se praktyk eintlik ‘n bedrogspul was.

Samuel bring die boodskap aan Saul dat die Here van hom gewyk en sy teenstander geword het. Die Here het die koningskap uit sy hand geruk en aan Dawid gegee, omdat hy nie na die stem van die Here geluister het nie. Saul word ook op sy ongehoorsaamheid gewys toe hy nie God se “brandende toorn” oor Amalek voltrek het nie. Hy en sy seuns sal dus in die oorlog sneuwel en by Samuel aansluit in die doderyk.

Die medium betoon ‘n laaste bietjie barmhartigheid aan Saul voor hy die geveg met die Filistyne moet voortsit. In die wete dat hy sy gewisse dood tegemoet gaan.

Die tafel is dus gedek vir die onafwendbare gevolge van ‘n lewe wat nie in God se teenwoordigheid geleef word nie. Saul se koningskap is naby sy einde.

Dawid word ironies genoeg uit sy penarie gered dat hy as Agis se amptelike lyfwag aangestel is deur die besware van die ander Filistynse konings wat hom nie vertrou nie.

Boodskap en betekenis

Die verhaal van Saul wys vir ons dat jy nie die verhouding met God vir ‘n tyd lank kan afskakel en dan weer aanskakel as jy Hom nodig het nie. Saul sou moontlik selfs op hierdie laat stadium genade van God kon kry as hy hom sou verootmoedig voor die Here, al sou dit nie die gevolge van sy lewe totaal uitwis nie. Dit is immers wat later met Manasse gebeur wat aan die einde van sy lewe tot bekering gekom het. Maar, Saul kon dit net nie regkry nie. Sy afvallige ongehoorsaamheid het ‘n onomkeerbare pad geraak waarop hy nie kon of wou omdraai nie.

Dit bly dus die tragiese van Saul se lewe, dat hy volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en nie tot inkeer en berou kom nie. Dit is só anders as Dawid wat uiteindelik in sy eie lewe ook growwe sondes begaan, maar telkens tot inkeer kom en die Here se dissipline as ‘n weg tot die lewe aanvaar.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Hi Chris
    1 Sam 28 vers 19
    Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk.
    Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie.
    Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
%d bloggers like this: