Skip to main content

1 Samuel 28

Saul raadpleeg nie meer die Here nie, maar ‘n medium

Teen die agtergrond van Agis wat steeds dink dat Dawid aan Filistynse kant is teen die Israeliete, en ‘n mens laat wonder hoe Dawid uit die penarie van sy aanstelling as Agis se lyfwag gaan ontsnap, word Saul se afvalligheid van God beklemtoon deurdat hy raad by ‘n medium soek in stryd met die wet (Deut 18) wat hy self vroeër afgedwing het. In die ontmoeting met die medium verskyn die profeet Samuel, waarskynlik omdat God dit toelaat sodat Hy steeds deur sy profeet, Samuel, ‘n doodsvonnis oor Saul en sy seuns kon uitspreek. Daarmee word die verwerping van Saul as koning voltrek.

Teks en konteks

Dit is met groeiende spanning wat ‘n mens dié gedeelte lees. Die aanloop tot die oorlog op die Gilboaberg by Jisreël begin met Saul wat nie meer God se stem kan onderskei nie, nie direk deur drome nie, nie deur die bemiddeling van die priesters met die urim (en die tummim) nie, en nie deur ‘n woord van die profete onder leiding van die Gees nie.

Saul se desperaatheid word in detail geteken. Hy is honger en bang. En hy raadpleeg ‘n verbode dodebesweerster of medium by En-Dor.

Mediums het gespesialiseer daarin om dooies op te roep en dan met hulle te kommunikeer en uit hulle woorde (orakels) insig te verkry (die praktyk heet necromancy in Engels). Die praktyk is reeds bekend uit die 2de Millenium vC uit Ugaritiese tekste. Die praktyk is egter verbied in die OT (Lev 19:31), hoewel die praktyk tog regdeur die OT ‘n versoeking gebly het, soos blyk uit Saul se verhaal, en uit die optrede van Josia (7de eeu vC) wat weereens die mediums uitgeroei het (2 Kon 23).

Tegnieke waarmee waarsêery en towery bedryf was, word ’n paar keer in die Bybel vermeld: die skud van pyle, die bestudering van ’n dier se lewer (Eseg 21:21), en die waarneming van die stand van die sterre, wat dan “elke maand vir jou bekend maak wat oor jou gaan kom” (antieke horoskope! – Jes 47:13). Uit die antieke wêreld is daar ook tegnieke bekend soos die waarneming van die beweging van (offer)diere en die vlug van voëls, opsê van formules, dra van amulette, en veral die orakel (uitspraak of profesie) wat meesal raaiselagtige uitsprake van die heidense priesters was.

Saul val hiervoor, omdat God hom verlaat het. Dit was hartseer dat terwyl Samuel gelewe het, Saul ongehoorsaam was. Noudat Samuel dood is, bly Saul egter steeds ongehoorsaam. Hy kan nie dit oor sy lippe kry om te sê, ek het gesondig nie. En raadpleeg ‘n medium in weerwil van God se duidelike wil soos in die wet uitgespel.

Terloops, die medium was duidelik verbaas en doodbang dat enigiets gebeur toe sy iemand uit die dode oproep. Dit dui aan dat dit God is wat uiteindelik van Hom laat hoor deur Samuel, en dat die medium se praktyk eintlik ‘n bedrogspul was.

Samuel bring die boodskap aan Saul dat die Here van hom gewyk en sy teenstander geword het. Die Here het die koningskap uit sy hand geruk en aan Dawid gegee, omdat hy nie na die stem van die Here geluister het nie. Saul word ook op sy ongehoorsaamheid gewys toe hy nie God se “brandende toorn” oor Amalek voltrek het nie. Hy en sy seuns sal dus in die oorlog sneuwel en by Samuel aansluit in die doderyk.

Die medium betoon ‘n laaste bietjie barmhartigheid aan Saul voor hy die geveg met die Filistyne moet voortsit. In die wete dat hy sy gewisse dood tegemoet gaan.

Die tafel is dus gedek vir die onafwendbare gevolge van ‘n lewe wat nie in God se teenwoordigheid geleef word nie. Saul se koningskap is naby sy einde.

Dawid word ironies genoeg uit sy penarie gered dat hy as Agis se amptelike lyfwag aangestel is deur die besware van die ander Filistynse konings wat hom nie vertrou nie.

Boodskap en betekenis

Die verhaal van Saul wys vir ons dat jy nie die verhouding met God vir ‘n tyd lank kan afskakel en dan weer aanskakel as jy Hom nodig het nie. Saul sou moontlik selfs op hierdie laat stadium genade van God kon kry as hy hom sou verootmoedig voor die Here, al sou dit nie die gevolge van sy lewe totaal uitwis nie. Dit is immers wat later met Manasse gebeur wat aan die einde van sy lewe tot bekering gekom het. Maar, Saul kon dit net nie regkry nie. Sy afvallige ongehoorsaamheid het ‘n onomkeerbare pad geraak waarop hy nie kon of wou omdraai nie.

Dit bly dus die tragiese van Saul se lewe, dat hy volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en nie tot inkeer en berou kom nie. Dit is só anders as Dawid wat uiteindelik in sy eie lewe ook growwe sondes begaan, maar telkens tot inkeer kom en die Here se dissipline as ‘n weg tot die lewe aanvaar.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.