Skip to main content

2 Samuel 15

Dawid bid tot God EN bestry strategies die opstand van sy seun Absalom

Absalom se onderdanigheid aan Dawid is van korte duur, wat ‘n mens met terugskoue waarskynlik kon agterkom uit sy gebrek aan berou rondom die dood van sy broer, Amnon. Kort nadat Dawid hom terugverwelkom, begin Absalom sy ware kleure wys deur rebellie teen Dawid onder die volk aan te blaas. Wanneer oorlog dreig, kies Dawid om eerder die stad te verlaat wat ‘n wyse besluit blyk te wees. Met die uitgaan, tref hy ook reëlings om ingelig te bly oor Absalom se planne. En hy vertrou op die Here om soos in die geval van Saul se verraderlike optrede die uitkoms te bestuur, eerder as om direk die mag in eie hande te neem.

Teks en konteks

Die breuk tussen Absalom en Dawid blyk nie volledig herstel te wees nie, want oor die volgende vier jaar werk Absalom onverpoos daaraan om die harte van die volk te steel en sy troonopvolging te verseker. Dat Absalom na Hebron toe gaan om sy opstand te beplan, is baie betekenisvol, gegewe die Abraham-verbintenis aan die plek. Dit is ook die plek waar Dawid as koning deur die volk gesalf is.

Agitofel, Batseba se oupa, word ook meegesleur in die sameswering. Hy laat dit toe, moontlik vanweë die Batseba-episode. Dawid vlug uit die stad Jerusalem, moontlik om die stad ‘n beleg en inval te spaar. Dit kan ook wees dat hy interne verraad gevrees het. Daardeur kry hy ook die voordeel dat hy die plek waar die uiteindelike botsing sou plaasvind, kan bepaal. Die Filistyn Ittai, ‘n belangrike leiersfiguur (2 Sam 18:2), beloof trou aan Dawid, amper soos Rut dit vir Naomi gedoen het.

Dawid stuur die twee priesters, Abjatar en Sadok, met hulle twee seuns terug om ‘n kommunikasie-kanaal te skep sodat hy kon hoor wat in die stad aangaan. Ook Gusai, sy vriend, word agtergelaat om Agifofel se raad te verydel.

Let op hoe Dawid tot die Here bid om hulp, bv. om Agifofel se raad te verydel EN strategies beplan en dan die planne in werking stel om die situasie die hoof te bied. Die ark word ook teruggestuur, heel moontlik om Absalom gerus te stel oor die priesters wat agterbly in Jerusalem, maar ook omdat Dawid weet die opstand is een van die gevolge van sy sonde, en dat dit net die genade van die Here self sal wees wat hom in dié situasie kan red, nie net die ark as simbool van God se teenwoordigheid nie: “As ek guns vind in die oë van die Here, sal Hy my laat terugkeer en my weer die ark en sy staanplek laat sien.” (vgl 1 Sam 4)

Dawid verwoord sy gevoelens oor hierdie gebeure op besondere wyse in Psalm 3 en 4 en heel moontlik ook in Psalm 41. Ek hanteer Psalm 41 egter ‘n bietjie later saam met Psalm 39-40 waarmee dit tematies verbind is.

Boodskap en betekenis

Die verhaal van Absalom is ‘n waarskuwing teen die gevaar van ‘n gebrek aan berou gekoppel aan onbeteulde ambisie. Absalom neem die reg in eie hande en gryp op selfsugtige wyse na die magsposisie van die koningskap. Hy oortree dus nie net die sesde gebod deur sy broer Amnon wederregtelik te vermoor nie. Hy oortree ook die vyfde gebod deur sy pa nie te eer en respekteer nie. Geen wonder dat hy nie ‘n lang lewe gehad nie, want die Here straf diegene wat geen respek vir die wet het nie.

Wat ‘n mens ook moet raaksien is dat die vereniging van ‘n groot deel van die volk agter Absalom nie sy korrupsie en bedrog verskoon nie. Sy verraad destabiliseer net die volk en bring groot verdeeldheid wat uiteindelik net met groot verliese weer herstel sal word.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…