Skip to main content

Levitikus 5:14-6:7

Die skuldoffer as restitusie en regstelling van konkrete sondes

Teks en konteks

Die vyfde en laaste offer is die skuldoffer wat steeds ook tot vergifnis lei, maar meer klem lê ook op die restitusie en regstelling van die skade wat die persoon aangerig het.  Dit kon gebeur het deur sy troueloosheid teenoor die heilige dinge van God (5:14-16 – dinge wat met die heiligdom geassosieer is), of deur sy onnadenkendheid teenoor God se gebooie (5:17-19) of deur die skade wat hy ‘n ander volksgenoot skade berokken het wat in wese as troueloosheid teenoor die Here beskryf word (6:1-7).

Dit gaan oor skade wat sonder opset aan bv. die seremoniële reëls van die heiligdom of aan die besittings van ‘n volksgenoot gedoen is, bv. deur belediging, nalatigheid of berowing, waarvoor restitusie – die skade plus 20 % – gedoen moes word.  Daarom praat sommige van die skuldoffer as ‘n hersteloffer.  Uiteraard gaan dit ook oor die oortreding van God se gebooie.

Anders as met die sondeoffer wat altyd na die heiligdom gebring is, kon die skuldoffer daarom in sekere gevalle op die voorgeskrewe manier direk aan die benadeelde persoon besorg word om die verhouding onderling te herstel.

Alle sondes, selfs dié wat jy teenoor ‘n ander persoon begaan het, was egter in die diepste instansie iets wat aan God gedoen word.  Alle mense is immers sy verteenwoordigers.  Die skuld moes daarom in die eerste plek teenoor God met ‘n skuldoffer vereffen word, gekoppel aan restitusie en regstelling waar dit nodig was.  Die rede daarvoor was dat die dinge van God heilig was, d.w.s. afgesonder vir hom.  Ook sy gebooie was heilig.  Ditto iemand anders se besittings.  Dit was heilig in die sin dat dit afgesonder was vir hom of haar en met respek en betroubaarheid deur almal hanteer moes word.

Die NT Saggeus se besluit om restitusie te doen, kom waarskynlik uit hierdie agtergrond van die besef van die skuld wat op ‘n manier vereffen moet word deur regstelling van die disrespek vir ander.  Saggeus gee egter nie net 20 % nie, maar 400% (Luk. 19)!

Maar die getuienis van die OT is uiteindelik ook sterk dat die skuldoffer as sodanig wel herstel gebring het, maar nie die harte van die mense kon verander nie, veral waar die lyn tussen onopsetlike sondes en doelbewuste benadeling van ander so fyn was.

Daarom bid Dawid presies daarvoor in Psalm 51 na sy sonde met Batseba dat Hy teen God alleen gesondig het en God se werk in sy hart nodig het: “Maar U verwag opregtheid diep in ’n mens se hart: laat ek dan diep in my binneste weet hoe U wil dat ek moet lewe.  Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees.  Laat my weer blydskap en vreugde belewe.  U het my verbrysel; laat my weer jubel.  Moet tog nie ag slaan op my sondes nie, wis al my skuld uit!  Skep vir my ’n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig.  Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie!  Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien.  Dan sal ek oortreders leer wat U van ’n mens verwag; dat die sondaars hulle tot U sal bekeer.” (Ps. 51:8-15).

Boodskap: slegs ‘n hartsverandering kan ons skuld volledig uitwis

Aan die een kant is die beginsel van restitusie en regstelling – die skade plus 20 % is ‘n goeie riglyn – iets wat steeds nagevolg kan word, hoewel die seremoniële dele van die skuldoffer uiteraard nie meer nodig of van krag is nie.  ‘n Mens kan dit nie afdwing nie, maar die geestelike waarde hiervan sal steeds groot dividende lewer.

Aan die ander kant dui die skuldoffer egter op die dieper probleem van die mens.  Dit gaan nie net oor die uiterlike dinge waarin ons mekaar te na kom of waarin ons God se wil vir ons lewe oortree nie.  Dit gaan veral oor ons binnekant, oor die effek wat die sonde vanuit ons hart oor ons hele lewe uitoefen.

Trouens, die NT is baie helder daaroor dat dit waar is van alle mense.  Die hele wêreld gaan gebuk onder die skuld van die sonde, soos Jesus dit in sy laaste gesprek met sy dissipels voor sy kruisiging uitspel: “En wanneer Hy kom, sal Hy bewys dat die wêreld skuldig is aan sonde, en dat die reg aan my kant is, en dat die oordeel al gekom het.  Die wêreld is skuldig aan sonde, want die wêreld glo nie in My nie.” (Joh. 16:8-9).

Deur sy kruisdood het Hy egter die skuld van die sonde uitgewis en elkeen wat in Hom glo lewend gemaak: “En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het, en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael.” (Ko. 2:13-14 – OAV).

Hy is dus ons skuldoffer wat nie net ons verhouding met God herstel nie, maar ons van binne af reinig en herstel sodat ons God kan dien met ons hele lewe (1 Joh. 1:7-9).  Dit is in dié boodskap wat die blywende betekenis van die skuldoffer uit Levitikus bestaan.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda