Skip to main content

1 Konings 10:14-25; 2 Kronieke 9:13-28

Die rykdom, weelde en mag van Salomo

Hierdie gedeeltes in 1 Konings 10 en 2 Kronieke 9 is ‘n ooreenstemmende katalogus van Salomo se rykdom, weelde en mag. Dit word veelseggend geplaas tussen die besoek van die koningin van Skeba aan Salomo, wie se wysheid haar oorweldig het, en die verslag van Salomo se liefde vir vreemde vrouens, wie se gode hom oorweldig het, en op ‘n dwaalspoor gelei het.

Teks en konteks

’n Redelike uitvoerige beskrywing word van Salomo se weelde en rykdom gegee in 1 Konings 10 en 2 Kronieke 9, iets waartoe ander lande asook die lewendige handel bygedra het. Sy jaarlikse inkomste net aan goud was 666 talente (laat mens dink aan Openbaring 13!), wat 23 ton geweeg het. Silwer is as waardeloos beskou, soveel goud was daar in omloop.

Salomo het sy rykdom aangewend om sy eie aansien te verhoog deur die groot aantal goue skilde, en ‘n groot troon van ivoor en goud vir homself, sowel as selfs ‘n trop leeus op die trappe, die simbool van sy stam Juda, wat besoekers uitermate moes beïndruk.

Nog belangriker as sy rykdom en weelde was sy wysheid, sodat al die konings van die aarde probeer het om hom te sien te kry en die wysheid wat God hom gegee het, aan te hoor.

Dit het interessant genoeg sy rykdom verder laat toeneem, omdat elkeen ’n geskenk saamgebring het. Hy het selfs sy drinkgoed uit goud laat maak (wat natuurlik met die ballingskap deur Nebukadnesar opgeraap is!).

Ons lees ook dat hy in strydwaens handel gedryf het. Dit is ingevoer uit Egipte en vandaar af teen ‘n wins verkoop aan die omliggende koninkryke. Die strydwaens was dus nie soseer vir Salomo se eie beskerming nie, maar om mee handel te dryf, iets wat ‘n mens vandag met reg sou kon bevraagteken.

Sy koninkryk het uiteindelik van die Eufraat af tot teen die Middellandse See en tot aan die grens van Egipte gestrek. ‘n Vervulling van die belofte van God aan Abraham.

Maar, selfs só ’n ryk en suksesvolle man moet uiteindelik sterf. En soos ons later gaan agterkom, dié rykdom het nie gemaak dat sy seun Rehabeam ’n sukses van sy koningskap kon maak nie.

Boodskap en betekenis

Hierdie katalogus van Salomo se rykdom is aan die een kant ‘n bewys van ‘n “goue eeu” wat deur Salomo se wysheid teweeggebring is vir Israel. Dit is aan die ander kant ook ‘n bewys van die “gevaar” van rykdom veral waar dit blyk Salomo wins gemaak het uit die verkoop van oorlogstuig aan ander nasies en hy boonop sy rykdom eintlik ingespan het om sy eie status te verhoog. In die volgende hoofstuk sal dit blyk dat hierdie oorvloed ‘n negatiewe invloed op sy verhouding met die Here gehad het.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…