Skip to main content

Psalm 60

Laat dit tog weer met ons goed gaan

In hierdie klaagpsalm wat Dawid skep as onderrig vir die volk betreur hy ‘n onlangse militêre nederlaag en lei die volk in gebed om te vra dat God sy volk in hul volgende geveg sal vergesel. Die verwysing na die Arameërs en Edomiete in die eerste verse dui waarskynlik op die gebeure van 2 Samuel 8, hoewel die nederlaag nie eksplisiet daar genoem word nie. Die detail oor hoeveel mense uiteindelik verslaan is, verskil ook. 2 Samuel 8 fokus op Dawid wat 18 000 Edomiete verslaan het, terwyl Psalm 60 vermeld dat Joab 12 000 verslaan het. Albei opmerkings kan natuurlik waar wees, want Joab het uiteindelik alle mans in Edom doodgemaak, soos ons in 1 Konings 11 lees.

Hoe dit ook al sy, die Psalm is uiteindelik ook bedoel vir geestelike onderrig, omdat wat op ’n nasionale vlak gebeur, betekenis het vir hoe ons dink oor ons persoonlike – en gemeenskapslewe.

Teks en konteks

Ons verhouding met God speel gewoonlik af teen die agtergrond van ons persoonlike worstelinge en uitdagings, sowel as in ’n mindere mate teen die agtergrond van publieke en sosiale werklikhede waaraan ons blootgestel word.  Natuurlik is dit ook deel van die ervaringswêreld van die Psalmdigters. Meer nog só vir Dawid wat sy koninkryk moet vestig.

In dié Psalm word oor ’n verhouding met God gepraat teen die agtergrond van nasionale uitdagings.

Die Psalm kan in drie dele verdeel word, veral na aanleiding van die verandering in spreker in vers 8-10.  In vers 3-7 is die Psalmis aan die woord namens die volk, in vers 8-10 is God aan die woord met ’n aantal uitsprake oor die nasies (vgl. Ps. 108:8-11 wat ons hierna gaan lees) en in vers 11-14 is dit weer die Psalmis namens die volk wat praat.

  1. Laat dit tog weer met ons goed gaan – vers 3-7.  Die Psalmis is oortuig dat die ellende van die hede net aan een ding toegeskryf kan word: God het hulle verstoot omdat Hy kwaad is vir hulle.  Niks anders kan die ramp waarin hulle verkeer, verklaar nie.  Tog is die hoop van die Psalm steeds in God geleë, dat God hulle weer onder sy vaandel sal verenig sodat hulle by God veilig kan wees teen die vyand.  Net God kan hulle help: “sodat hulle vir wie U liefhet, gered kan word.”
  2. God beskik oor die nasies – vers 8-10.  Die Psalmis beskryf God se beskikkingsmag oor die nasies, beide as verering van en belydenis oor God, en as gebed dat God sy mense sal red.  Die name Sigem en Sukkotlaagte roep Jakob se vroeëre verblyf in die land Kanaän in herinnering (Gen 33:17-18), terwyl dié twee gebiede saam met Gilead, Manasse en Efraim die noordelike dele verteenwoordig, Juda die suide, Moab en Edom die ooste en Filistea die weste. Die Psalm hoop dus met dié gebed dat God die Dawidiese ryk na alle kante toe sal uitbrei.
  3. Met God aan ons kant sal ons oorwin – vers 11-14.  Vers 11 is moeilik om te interpreteer, en kan moontlik dui op ’n gebed om verlossing van ’n bedreiging van die Edomiete – aanval is die beste verdediging?  Die res van die slotverse droom van ’n omkeer in hulle situasie sodat hulle met God aan hulle kant, weer sal oorwin en dat God self weer hulle vyande sal vertrap.

Interessant genoeg, die tweede helfte van die Psalm (Ps 60:7-14) word byna woordeliks in Psalm 108:7-14 herhaal. Daarom lees ons Psalm 108 ook hierna.

Boodskap en betekenis

Dawid beskryf hier hoe hy ná ‘n nederlaag voel dat God hulle verwerp het, maar toon steeds vertroue in God se ingrype. Nadat God hom in die heiligdom geantwoord het, vra die Psalmis sy hulp in die volgende stryd. Hy is vol vertroue dat met God aan hulle sy hulle sal oorwin.

Soos Jesaja 62 die droom het van wagte wat op die mure van Jerusalem roep dat God weer die mure sal herstel en God aan sy beloftes herinner, só kan dié Psalm ook gebruik word in tye van verdeling en verydeling, dat God ons weer sal verenig en sal herstel.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…