Skip to main content

Jeremia 13

Juda is so nutteloos soos ’n verslete linnegordel

Hierdie hoofstuk bestaan uit vier gedeeltes waarin besondere beeldryke taal gebruik word wat ’n mens sterk herinner aan die gelykenisse wat Jesus in die Nuwe Testament gebruik in sy bediening. Ons sien dit waar:

  • Die Here vir Jeremia aansê om ’n simboliese handeling met ’n linnegordel uit te voer wat die sinlose hoogmoed en ongehoorsaamheid van Juda en Jerusalem aan die kaak stel – 13:1-11;
  • Die Here vir Jeremia aansê om die volk met die simboliek van vol kanne wyn te herinner daaraan dat niemand gespaar gaan word nie – 13:12-14;
  • Jeremia die volk oproep om nie hoogmoedig te wees nie, maar te luister, anders sal hy (ek interpreteer die subjek van vers 17 eerder as Jeremia en nie die Here nie) huil en huil oor hulle ballingskap – 13:15-17;
  • Die Here vir Jeremia aansê om beide die koninklike geslag as die gewone burgers van Jerusalem te waarsku teen die vyand uit die noorde wat hulle soos kaf wat verbywaai in die woestynwind sal verstrooi omdat hulle die Here vergeet het – 13:18-27.

Teks en konteks

Jeremia 13:1-11 – Simboliek van die linnegordel

Die Here sê vir Jeremia om ’n simboliese handeling met ’n linnegordel uit te voer wat die sinlose hoogmoed en ongehoorsaamheid van Juda en Jerusalem aan die kaak sal stel.

Jeremia het nog vele ander simboliese handelinge wat hy deur die loop van sy bediening uitvoer, ook in Egipte. Vgl. onder andere die volgende:

  • 16:1–4 waar Jeremia opdrag kry om nie te trou nie;
  • 18:1–12 waar die klei op die pottebakkerswiel misluk en iets anders gemaak word as simbool van God se soortgelyke hantering van die volk;
  • 19:1–11 waar Jeremia ’n kleipot breek as aanduiding van die oordeel van God;
  • 27:1–28:17 waar ’n uitgebreide handeling met ’n juk en skeie uitgevoer word om die ballingskap voor te stel;
  • 32:1–15 waar Jeremia grond koop in Anatot as bevestiging van God se belofte dat ’n normale gemeenskapslewe weer in die toekoms hervat sal word;
  • 43:8–13 waar groot klippe by die farao se paleis in Tagpanhes begrawe word as getuienis van Egipte se val voor Babel;
  • 51:59–64 waar Seraja ’n boodskap aan die ballinge bring wat op een boekrol geskrywe is en wat daarna met ’n klip geanker word en in die Eufraat gegooi word om weg te sink as belofte dat Babel sal vergaan.

Terug by die simboliek van die linnegordel. Die feit dat die gordel nie nat mag word nie kan dui daarop dat dit nie gewas moet word om te keer dat dit krimp of beskadig word, ’n teken van beskerming in die teenwoordigheid van die Here. Die gordel wat in die klipskeur vergaan en verslete raak, is ’n beeld van die hoogmoedige volk van Juda en Jerusalem wat weier om na die Here te luister en daarom vir Hom van geen nut meer wees nie. Hulle afvalligheid van die Here neem hulle uit sy teenwoordigheid en beskerming weg tot hulle skade en vernietiging.

Hoewel hierdie boodskap duidelik is, is dit onseker of Jeremia regtig twee maal tot by die Eufraat gereis het en terug, ’n afstand van 1 160 km (en dan weer terug!) wat ’n reis van 4 640 km altesame impliseer, en of dit nie ’n nader rivier was wat met die oorskryf van die teks met die Eufraat verwar is nie, bv. die Pârâ rivier ’n entjie van Jeremia se tuisdorp Anatot.

Jeremia 13:12-14 – Simboliek van die vol kanne wyn

Die Here sê vir Jeremia om die volk met die simboliek van vol kanne wyn te herinner daaraan dat niemand gespaar gaan word in die ballingskap wat kom nie. Die wyn sal almal, klein en groot, gewoon of vernaam, dronk maak sodat hulle hulleself teen mekaar sal verpletter – mooi vertaal! – en hulle sonder ontferming uitgeroei sal word.

Jeremia 13:15-17 – Hoogmoed lei tot ’n oorvloed trane

Jeremia tree ook toe tot die gesprek en roep die volk op om nie hoogmoedig te wees nie, maar te luister, anders sal hy huil en huil, sy trane stort oor hulle ballingskap. Ek interpreteer die subjek van vers 17 eerder as Jeremia en nie die Here nie wat vir my meer sin maak van die hele gedeelte. As ’n mens God nie eer nie, raak dit só donker in en om jou dat daar later geen lig van God meer oor is om van te lewe nie.

Jeremia 13:18-27 – Waarskuwing van verstrooiing aan die koninklikes en die gewone mense

Die Here sê vir Jeremia om beide die koninklike geslag – die koning en koninginmoeder – as die gewone burgers van Jerusalem te waarsku teen die vyand uit die noorde wat hulle soos kaf wat verbywaai in die woestynwind sal verstrooi omdat hulle die Here vergeet het. Die koning en koninginmoeder kan óf Jojagin en Negusta wees (2 Kon. 24) óf Jojakim en Sebida (2 Kon. 23).

Die rede is dat hulle so gewoond geraak het aan die kwaad dat hulle nie meer in staat is om goed te doen nie. Dit is soos ’n Kussiet met ’n swart vel wat nie sy vel of ’n luiperd sy vlekke/kolle nie kan verander nie. Ellende wag daarom vir hulle.

Boodskap en betekenis

Die simboliek van Jeremia tref my opnuut. Dit is sulke kleurryke en verbeeldingryke taal en beelde dat dit eintlik funksioneer as die gelykenisse van die Ou Testament. Die linnegordel illustreer dat die verhouding met God net in sy nabyheid tot sy volle verwerkliking kan kom. Die kanne wyn illustreer hoe ’n volk die grens na vernietiging kan oorsteek. Die beeld van die donkerte illustreer dat daar net lig in ’n intieme verhouding met God beskikbaar is. En die beeld van die Kussiet en die luiperd illustreer dat ’n mens só gewoond kan raak aan kwaaddoen dat goeddoen ’n vêraf droom raak.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
  • Chris van Wyk on Psalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
  • Chris van Wyk on Psalm 105:37-45Baie waar, vergifnis is genesend.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:6-12Askies u praat van die Rietsee, maar die Bybel praat van die Skelfsee
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:1-5Amen, baie dankie vir hierdie woord, GOD het die mens so lief dat HY nie wil hê dat enige een verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. GOD het ons so lief dat HY SY SEUN vir ons gegee het om ons sonde te vergewe, sal jy as mens dit doen? Ek self sal baie swaar kry, sou GOD dit ooit van my s…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 105:37-45Ek wil ook graag my eie getuienis gee, soos daar staan, vergewe my sonde soos ek ook my skuldenaars vergewe Psalm 6:12 Ek het jare depressie gehad en nie besef dat ek met onvergewing gesit het nie, en dit al die jare in my hart gedra het nie, ek moes pille dring vir depresie, angs en slaaploosheid,…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 105:24-36Goeie môre, ja dit is waar Amen, GOD het net nodig om te spreek en HY kies wie HY wil om SY wil te geskied, ons moet net gehoorsaam wees aan GOD se stem