Skip to main content

Josua 2

Ragab se ontsag vir Jahwe spaar die verkenners se lewe

Teks en konteks

Josua stuur van Sittim af twee verkenners om die land te gaan deurkyk. Hy stel veral belang in Jerigo wat net anderkant die Jordaan en net noord van die Dooie See was. Sittim was die plek waar die Israeliete moeilikheid met die Moabitiese vrouens onder Bileam se leiding opgetel het totdat Pinehas ‘n einde aan die afvalligheid gebring het (Num 25).

Die twee verkenners gaan tuis in die huis van die prostituut Ragab wat ‘n huis in die muur van Jerigo gehad het. In die Hebreeus is dit duidelik dat hulle daar, dws in die huis, geslaap het, en nie by haar nie (anders as in Rigt 16:1 met Simson in Gasa waar hy by haar, die prostituut, geslaap het).

Hulle teenwoordigheid gaan egter nie ongesiens verby nie, en die koning eis dat hulle uitgelewer word. Hy was baie bewus van die gevaar wat die Israeliete net anderkant die Jordaan vir hom ingehou het.

Sy besluit om hulle weg te steek en die koning en sy manne om die bos te lei. Dit wil voorkom asof sy hulle eers êrens in die huis versteek het, en daarna op die dak laat klim het en onder oopgespreide vlasstoppels (gebruik om op te slaap en as voer) laat wegkruip het.

Let op hoe sy haar keuse motiveer in beide die vrees vir die Israeliete, sowel as in die vrees vir die Here waarvan sy bely dat Hy die land vir Israel gee. Die verhale van die Uittog, die trek deur die Rietsee, en die oorlog teen die Amoriete oorkant die Jordaan, koning Sihon en Og, het haar, en talle ander, laat besef dat Israel se God die Here is, die Een wat bo in die hemel is, sowel as onder op die aarde.

Sy vra van hulle om ‘n eed voor die Here af te lê dat hulle haar en haar familie goed sal behandel en hulle lewens sal spaar. Sy dring aan op ‘n betroubare belofte wat hulle dan ook gee met die versoek dat sy dieselfde bloedrooi tou sal vasbind aan die venster waardeur sy hulle uiteindelik laat afsak om weg te kom. Almal wat in dié huis met die oorlog sal skuil, sal deur hulle beskerm word.

Boodskap en betekenis

Interessant hoe Ragab se perspektief op die vrees wat Kanaän vir beide die Israeliete en die Here gehad het, hulle geloof versterk dat die Here inderdaad die land vir Israel gee.

Uit die verhaal van die val van Jerigo weet ons dat Ragab gespaar is en uiteindelik deel van die geloofsgemeenskap geword het (Jos 6:25). Haar “beroep” en “leuens” word nie teen haar gehou nie, want sy het met haar keuse om haar by Israel en Jahwe te skaar, haar geloof en gehoorsaamheid getoon.

Meer nog, sy word in Jesus se geslagsregister genoem, deurdat sy met Salmon getrou het en ‘n seun Boas gehad het by hom. Boas het natuurlik met Rut getrou. Hulle seun Obed was die oupa van koning Dawid, die seun van Isai. Sy het dus volledig deel geword van ‘n stabiele familielewe en haar ou lewe verlaat.

Ragab word op twee verdere maniere in die NT geëer. Vir haar geloof in Hebreërs 11:31 waarin dit spesifiek haar vredevolle ontvangs van die verkenners is wat genoem word. Vir haar werke in Jakobus 2:25 waarin haar regverdiging aan die hulp aan die verkenners gewyt word. Ragab word dus ‘n voorbeeld van hoe geloof en werke saamwerk in die verhouding met God. Die een kan nie eintlik sonder die ander nie.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda