Markus
Lees die Markus evangelie in vergelyking met die ander evangelies
Jy kan hier saam met my die Markus evangelie deurlees en dit telkens vergelyk met die stof in die ander evangelies.
- NB: Stuur vir my jou e-pos adres (klik net op die vorige skakel), dan stuur ek vir jou twee files om jou te help. In die Excel file sal jy die perikope van Markus in een kolom gelys kry, met die ander evangelies se ooreenstemmende dele daar langsaan in kolomme. Die ekstra stof in die ander evangelies word ook in dieselfde Excel file gelys, vir in geval jy dit ook wil bestudeer. In die Word file sal jy die volledige tekste uit die NAV langs mekaar in kolomme kry, gebaseer op die volgorde in Markus. Jy kan dit uitdruk en dan gebruik om die evangelies só saam te bestudeer.
Hoe om die Bybelboek te lees
Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.
Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.
Gebruik die volgende metode om hierdie Bybelboek deur te werk:
RUS
- Raak stil. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.
HOOR
- Lees die gedeelte in die Bybel soos dit aangetoon word. Fokus op wat jou tref.
- Lees my bydrae oor die gedeelte.
- Kies een gedagte wat jou tref en dink daaroor na. Dink veral oor die praktiese betekenis daarvan vir jou.
- Antwoord die Here in gebed.
- Geniet ‘n paar oomblikke die teenwoordigheid van die Here sonder woorde.
LEEF
- Besluit op ‘n praktiese manier om op God se woord aan jou te reageer.
View all posts in this series
- WEEK 1: Inleiding op die evangelie van Markus
- Die vier evangelies se unieke Jesus-portrette
- Die drie Sinoptiese evangelies
- Die boodskap van Markus
- Markus in vergelyking met die ander evangelies
- Bybelstudie metodiek
- Luistersiklus
- Lectio Divina
- WEEK 2: Markus 1:1-3:6 – Proloog en Deel 1: Bekendstelling
- Markus 1:1 – Jesus as God-mens vervul die OT beloftes
- Markus 1:1-8 – Die hart van die evangelie is opgesluit in Jesus Christus
- Markus 1:9-20 – om deur Christus geroep te wees, is om ‘n dissipel te wees
- Markus 1:21-31 – Dit is ‘n nuwe leer, en dit kom met gesag! Hy gebied selfs die bose geeste, en hulle gehoorsaam hom.
- Markus 1:32-39 – Die bediening draai om God, nie om die vrugte daarvan nie
- Markus 1:40-45 – “Ek wil. Word gesond.”
- Markus 2:1-12 – geloof word in gedrag uitgedruk
- Markus 2:13-17 – dié wat siek is, het ‘n dokter nodig
- Markus 2:18-3:6 – Jesus se bevrydende bediening wek wrede weerstand van die leiers
- WEEK 3 van die Bybelskool oor Markus
- Markus 3:7-30 – Die impak van die bediening verskerp
- Die twaalf dissipels in die evangelies en Handelinge
- Markus 3:31-35 – Jesus en sy familie
- Markus 4:1-9 – Wie ore het en kan hoor, moet luister
- Markus 4:10-12 – Die geheim van die koninkryk word gegee, nie verwerf nie
- Markus 4:13-29 – om reg te hoor, bepaal jou hele lewe
- Markus 4:30-41 – Het julle dan nie geloof nie?
- Markus 5:1-20 – Wat het U met my te doen?
- Markus 5:21-43 – Bly maar net glo!
- Markus 6:1-6 – Sy tuisdorp se mense wil niks van Hom weet nie
- WEEK 4 van die Bybelskool
- Markus 6:7-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys
- Markus 6:30-52 – Jesus demonstreer sy Godheid op verskillende maniere
- Markus 6:53-7:23 – Onreinheid het met die hart te make
- Markus 7:24-8:10 – Jesus is intiem en intens betrokke by mense
- Markus 8:11-21 – Hoe blind is dié wat nie wil sien nie
- WEEK 5 van die Bybelskool
- Markus 8:22-9:1 – Wie sy lewe vir Jesus en die evangelie verloor, sal dit behou
- Markus 9:2-29 – Vir die een wat glo, kan alles
- Markus 9:30-48 – dié wat eerste wil wees, moet laaste wees
- Markus 9:49-10:16 – Jesus vra getrouheid aan Hom en lojaliteit aan mekaar
- Markus 10:17-45 – Redding uit genade alleen
- WEEK 6 van die Bybelskool
- Markus 10:46-11:25 – ‘n huis van gebed vir die nasies
- Markus 11:27-12:37 – Jesus se intellek en wysheid is te veel vir die Joodse Raad
- Markus 12:38-44 – Die arm weduwee se gawe
- Markus 13:1-23 – Rampe en Vervolginge en die groot verdrukking
- Markus 13:24-37 – Die koms van die Seun van die mens
- WEEK 7 van die Bybelskool
- Markus 14:1-11 – Gesalf in Betanië, verraai in Jerusalem
- Markus 14:12-42 – Jesus word die paaslam
- Markus 14:43-15:5 – Die tyd van die duister magte
- Markus 15:6-47 – Jesus word gekruisig en begrawe
- Markus 16:1-20 – Jesus het liggaamlik opgestaan
- Lees die vier evangelies en Handelinge
- Tien lesings uit Markus vir Heilige Week met kommentaar
- Jesus is die hart van die evangelie
Herman Steyn
| #
Hallo Chris.
Kan jy my die Excell file stuur wat jy na verwys in Markus asseblief.
Ek geniet jou werk verskriklik baie. Baie insiggewend end leersaam.
Ek het nog nooit tevore werk gekry wat so goed verduidelik word nie.
Die Here se seën sky duidelik deur in jou en jou werk.
Byvoorbaat dankie.
Herman
Reply
Rachel
| #
Hallo Dominee Chris. Baie dankie vir die wonderlike wyse waarop moeilik verstaanbare gedeeltes sommer net makliker is om te verstaan.
Kan ek asseblief die Excel file kry waarna hierbo (Markus) verwys word.
Groete en seën.
Rachel G
Reply
Chris van Wyk
| #
Ek stuur vir jou per e-pos.
Reply
Rachel
| #
Hallo Dominee Chris. Baie dankie vir die wonderlike wyse waarop Dominee moeilik verstaanbare gedeeltes verduidelik en dit sommer net makliker is om te verstaan.
Kan ek asseblief die Excel file kry waarna hierbo (Markus) verwys word.
Groete en seën.
Rachel G
Reply
Leonie Burger
| #
Goeie môre Dominee Chris
Ek sal dit baie waardeer indien u die “Excel file” waarna u verwys (Markus) kan e-pos.
Baie dankie vir uitstekende werk wat u doen.
God seen u.
Groete.
Leonie Burger
Reply
Chris van Wyk
| #
Ek maak so. Ek stuur dit per e-pos.
Reply
Soekie Homann
| #
More Chris
Mag ek asb die epos kry waarna verwys word. En baie dankie vir die insiggewende inligting.
Groete
Soekie
Reply
Chris van Wyk
| #
Ek maak so, Soekie. Geniet.
Reply