Skip to main content

Openbaring 10

Die kerk verkondig die verlossende oordeel van God

Openbaring 10 fokus op die verkondigingstaak van die kerk, gesimboliseer deur die boekrolletjie wat Johannes van die sterk engel in ontvangs neem, internaliseer en verkondig.

Teks en konteks

Die oop boekrolletjie

’n Ander sterk, enorme en ontsagwekkende engel daal in ‘n tussenspel neer uit die hemel met ’n oop boekrolletjie in sy hand wat God se boodskap vir alle volke, nasies, tale en konings bevat. Dié engel is van dieselfde statuur as die een wat in hoofstuk 5 die boekrol vir die Lam gee. Nóg ’n sterk engel sal later in hoofstuk 18 vir Babilon (Rome) se val verantwoordelik wees.

Die sterk engel se verskyning gaan gepaard met sewe donderslae wat ’n boodskap dra, maar vir eers geheim gehou moet word deur Johannes. Dit laat ’n mens dink aan Paulus wat ook goed in die hemel gesien het waaroor hy nie mag gepraat het nie (2 Kor. 12:4).

Die engel kondig die einde van die tyd aan wat met die blaas van die sewende trompet ingelei sal word. Dán sal God se misterie, sy verborge bedoelinge, sy doel bereik soos wat Hy dit as blye boodskap aan die profete verkondig het.

Dit is die een kant van die boodskap wat aan die kerk toevertrou is, die evangelie, die goeie nuus van verlossing.

Johannes word ook aangesê om die boekrolletjie uit die hand van die engel te gaan haal, dit te eet, en die boodskap daarvan verder te gaan verkondig. Dit bevat die verlossingsplan vir die aarde wat aan die kerk toevertrou is, op soortgelyke wyse as wat die vorige boekrol in hoofstuk 5 die verlossingsplan van die heelal wat aan Jesus Christus toevertrou is, bevat. Dit kan daarom met die Woord van God verbind word en is iets wat eintlik vir die hele kerk gegee word. Johannes verteenwoordig dus hier die kerk as sodanig.

Die simboliek van die soet smaak (vgl. Eseg. 3:3) en die bitter uitwerking in die maag dui op die ervaring wat gelowiges telkens het – die besig wees met God se Woord en sy opdragte aan ons roer ons hart en bring ons in beweging, terwyl die uitwerking van die gehoorsaamheid aan die Woord baie keer tot konflik, stryd en teenstand in hierdie wêreld lei, soms selfs tot konflik in jouself en binne die gemeenskap van gelowiges.

Dit is die ander kant van die boodskap wat aan die kerk toevertrou is, die aankondiging van God se oordeel.

In beide hierdie aspekte van die boodskap van die kerk, lê ons opdrag. Aan die eenkant moet ons die genade van die verlossing met alles wat in ons is aan alle mense so ver as wat ons dit kan doen, verkondig. Aan die ander kant moet ons die sekerheid van die oordeel van God oor sonde en afvalligheid verkondig aan die hele wêreld. Dit is die somtotaal van ons getuienis. En belangrik, dit is ook nodig dat leiers (konings) dit hoor, nie net die gewone mense van die nasies van hierdie wêreld nie.

Boodskap en betekenis

Openbaring 10 beklemtoon die kerk se verantwoordelikheid om God se boodskap te verkondig, gesimboliseer deur Johannes se ontvangs en internalisering van die oop boekrolletjie. Die volle raad van God moet aan alle volke en leiers verkondig word, hoewel daar ook sekere dinge verborge sal bly, gesimboliseer deur die sewe donderslae se boodskap wat vir eers nie geopenbaar word nie.

Die engel kondig die naderende voleinding van God se plan aan, wat met die sewende trompet vervul sal word. Johannes se opdrag om die boekrol te eet – soet in die mond, maar bitter in die maag – verteenwoordig die vreugde van God se Woord, maar ook die swaarkry en teenstand wat met die verkondiging daarvan gepaard gaan. Die kerk se opdrag is dus tweevoudig: om met vreugde die blye boodskap van verlossing te bring én om die pyn te verduur wat die gepaardgaande boodskap van die onvermydelike oordeel oor sonde en afvalligheid vir hulle bring.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…