Skip to main content

2 Samuel 1

Hoe het die helde geval

Die tweede boek Samuel gaan voort met die verhaal wat in 1 Samuel begin is. Die twee boeke was immers oorspronklik een werk soos een van die manuskripte uit die Dooie See-rolle aantoon. Na sy suksesvolle agtervolging van die Amalekiete waar hy sy mense almal kon terugkry (1 Sam 30), keer Dawid terug om Siklag te herbou. Drie dae later kom daar ‘n jong Amalekiet by hom aan met ‘n verslag van die oorlog tussen die Israeliete en Filistyne en die dood van Saul (1 Sam 31). Dawid tree baie wreed op deur die man wat erken dat hy verantwoordelik was vir die beëindiging van Saul se lewe, te vermoor. Eerder as om die dood van sy vyand Saul te vier, skryf Dawid ‘n klaaglied vir Saul. Dawid treur ook oor die verlies van sy boesemvriend, Jonatan, sy bondgenoot en vertroueling gedurende hierdie onstuimige jare.

Teks en konteks

Dit tref my dat Dawid so geroer is deur die dood van Saul. Oor Jonatan sou ek dit nog kon verstaan, maar oor Saul, die een wat verantwoordelik was vir soveel van Dawid se ontberinge?

Dawid teken egter weereens vir Saul as die gesalfde van die Here. Sy respek vir die amp van Saul is dus ten diepste respek vir die Here. En dié grens sou hy nooit oorsteek nie, om die reg in eie hande te neem, die gesalfde van die Here te vernietig, selfs al bedreig hy Dawid se lewe.

Dat die Amalekiet dit moes ontgeld, is grusaam, maar tekenend van Dawid se integriteit en lojaliteit. Niemand mag hulle hand aan die lewe van die gesalfde van die Here slaan nie. Selfs nie aan Saul se familie nie, sal ons later in 2 Samuel 4 lees.

Dawid neem later vir Mefiboset, seun van Jonatan in sy sorg (hoofstuk 9), hoewel daar egter ook nog die grusame verhaal van die seuns van Rispa en Merab voorlê (hoofstuk 21).

Dawid treur in sy treffende klaaglied roerend oor die verwoesting van die trots van Israel, Saul en Jonatan. Drie keer verwoord hy sy pyn met die frase: “hoe het die helde geval.” Veral oor Jonatan, die een na aan Dawid se hart, is sy hartseer groot.

Dawid sing dié lied dus met ‘n waarderende gesindheid. Hy verlekker hom nie in die ongeluk wat Saul oor sy swakhede en booshede getref het nie, maar laat die volk die goeie oor Saul en Jonatan onthou. Hy onthou in sy klaaglied albei manne, Saul en Jonatan, vir hul dapperheid en krag in die geveg, en identifiseer hulle as magtige manne wat groot dinge vir die nasie Israel verrig het.

Interessant dat die lied as die Booglied in die Boek van die Opregte opgeteken is (vgl ook Jos 10:13) en aan die volk geleer is.

Boodskap en betekenis

Ondanks die moeilike verhouding wat Dawid en Saul gehad het, toon Dawid ‘n diep gevoel van rou en verdriet oor die dood van die gesalfde koning. Sy lied openbaar diep gevoelens van respek en liefde vir Saul en sy seun Jonatan.

Dit herinner ons daaraan dat selfs in die konteks van politieke en persoonlike konflik, menslikheid en respek vir die gesalfde leierskap belangrik bly. Al kan en moet ’n mens in gehoorsaamheid die pad wat die Here wys, loop. En al bring dit ’n mens in konflik met daardie leierskap.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…