Skip to main content

Daniël 6

God red Daniël van die leeus as getuienis van sy aktiewe betrokkenheid in die wêreld

Ons fokus op nóg ‘n verhaal wat Daniël se buitengewone vermoëns onderstreep en verklaar hoekom hy selfs met die bewindsverandering van die koninkryk van die Galdeërs na dié van die Mediërs en Perse in hoë aanvraag gebly het, voordat ons terugkeer na die laaste twee visioene.

Darius die Mediër (Dan 6:1 – vgl. 11:1) was die seun van Ahasveros (Dan 9:11 – nie dieselfde persoon as in Ester se tyd nie) en was 62 jaar oud met sy bewindsaanvaarding in 539 vC. Hoewel daar baie debat is oor sy identiteit, is dit grammatikaal moontlik om hom met Kores die Pers te verbind. Dié interpretasie vereis dat Daniël 6:29 soos volg vertaal word: “gedurende die regering van Darius, dit is die regering van Kores die Pers,” soos die Hebreeuse “en” inderdaad vertaal kan word.

Kores was verbind met die Mediërs en is by tye selfs “koning van die Mediërs” genoem, en was boonop ook 60 jaar oud toe hy koning geword het, soos dit in ander bronne gemeld word. Dit beteken dat die Kores van Daniël 10 en die Darius van Daniël 6, 9 en 11 dieselfde persoon kan wees en moontlik ’n dubbele naam gehad het.

Dié identifikasie van Darius met Kores kan egter nie direk histories geverifieer word nie, hoewel dit tog interessant is dat die LXX in hfst. 11:1 in plaas van “Darius, die Mediër” die teks vertaal as “Kores”. Dit suggereer dat die vertalers van die teks geweet het van die dubbele naam vir die koning en in dié hoofstuk eerder die naam Kores gebruik het, om verwarring met die ander koning Darius in die tyd van die terugkeer ná die ballingskap uit te skakel (Esra 4:5; Neh. 12:22).

Continue reading

Daniël 5

Geniet God se geduld en genade deur gehoorsaamheid, anders is jou dae ook getel

Voordat die verdere visioene aan die orde kom, fokus ons op die verhaal van die einde van Belsasar se regering in 539 vC wat kronologies volgende aan die beurt kom. Let op dat Daniël vroeër Beltsasar (met ‘n ekstra “t”) genoem is wat waarskynlik “Prins van Bel” beteken. Dit moet nie verwar word met koning Belsasar se naam nie, wat “Bel beskerm die koning” beteken, hoewel beide na een die Babiloniese gode, Bel, vernoem is.

Continue reading

Daniël 8

’n Nader beskrywing van die koninkryk van die Mediërs-Perse en veral die Grieke

Daniël kry die tweede groot visioen in Belsasar se derde regeringsjaar, naamlik 553 vC. Hy is waarskynlik wakker terwyl hy dit sien en nie in ’n droom staat nie, hoewel hy vir ’n kort tydjie wel bewusteloos was weens die impak van die openbaring. Die boek word hiervandaan verder in Hebreeus geskryf, waarskynlik omdat die inhoud meer van toepassing was op die Joodse geloofsgemeenskap.

Continue reading

Onlangse kommentaar