Skip to main content

Deuteronomium 16:1-17

Drie feeste vier hulle identiteit: Paasfees, Pinksterfees, en Huttefees

Teks en konteks

Die motivering om in die teenwoordigheid van die Here te lewe moes ook gereeld versterk word deur die onderskeie feeste wat die Here hulle beveel het. Elke fees het sy oorsprong gehad in die geskiedenis van God met die volk en het dié verhouding in herinnering geroep en die genade daarvan gevier. Daarmee is hulle ook aan mekaar in ‘n gemeenskaplike identiteit verbind.

Daarom herinner Moses hulle om die drie hoof feeste te vier: die Paasfees (fees van die ongesuurde brood), die Pinksterfees (fees van die weke) en die Huttefees. Die Paasfees is natuurlik die eerste keer in Egipte gevier. Lees meer daaroor by hierdie bydrae van my by bybelskool.com: Eksodus 12:1-42 – Die Here beskerm die Israeliete teen die vernietiger deur die bloed van die Paaslam.

Daar is ook meer by bybelskool.com oor die drie feeste in Eksodus 23 – Sorg vir geregtigheid en die geloofsgemeenskap met God se hulp, en Eksodus 34 – Ek is barmhartig en genadig, maar Ek laat niks ongestraf nie, as jy nog meer agtergrond oor hierdie drie feeste wil hê.

Moses het vroeër meer volledig die voorskrifte vir die twee ander feeste gegee – die Groot Versoendag en die Nuwejaarsfees wat ook as die dag vir die blaas van die trompet bekendgestel is. Jy kan meer lees oor al vyf feeste in hierdie vorige bydrae van my by bybelskool.com: Levitikus 23 – Vyf feeste om saam in die teenwoordigheid van die Here te vier.

Die Paasfees – Deuteronomium 16:1-8

Die Paasfees en die fees van die ongesuurde brood is vanaf die veertiende van die eerste maand, Abib, gevier in die lente – vgl. ook Lev. 23:4-8. Dit was ‘n week van offers aan die Here wat met ‘n Sabbatdag afgesluit is. Dit was ook een van die pelgrimsfeeste waar van alle Israeliete verwag is om in Jerusalem saam te trek. Die ander was die Pinksterfees en die Huttefees. Hier word die plek nog nie uitgespel nie, omdat dit eers in die tyd van Dawid vasgestel sou word. Die res van die reëlings is ‘n herhaling van wat reeds vroeër deurgegee is.

Die Pinksterfees – Deuteronomium 16:9-12

Die Fees van die weke is sewe weke ná die Paasfees gevier met die oesfees (graan) in die somer – Lev. 23:9-22 (vgl. ook Num. 29:26). Dit het bekend geword as Pinkster, omdat dit op die “vyftigste dag” gehou is (Pinkster beteken vyftig). Dit was ‘n fees wat die genade van die Here met hulle oes gevier het. Almal moes in dié genade deel. Interessant is dat dié fees mettertyd aan die gawe van die Tien Gebooie op Sinai gekoppel is, omdat dit drie maande ná die Uittog, en gevolglik die eerste Paasfees, gehou is (Eks. 19:1). Daarom het hierdie fees ook ná die ballingskap die Fees van die wet geword.

Die Huttefees – Deuteronomium 16:13-17

Die Huttefees was aan die fees van die insameling van die oes (vrugte soos olywe en druiwe) gekoppel en op die vyftiende dag van die sewende maand in die herfs gehou – Lev. 23:33-26 (vgl. Num. 29:12). Met dié fees sou hulle die tyd in die woestyn herdenk deur in hutte te bly vir ‘n week. Dit was die ander pelgrimsfees saam met die Paasfees. Vergelyk die vyftien Pelgrimspsalms wat mettertyd vir hierdie reis van hulle woongebiede af geskryf is: Psalm 120-134.

Drie keer elke jaar moes al die mans met hulle families en ander huisgenote in God se teenwoordigheid kom fees vier. Elkeen moes bydra volgens die voorspoed wat hy geniet het. Só is hulle identiteit vasgelê en gevier.

Boodskap en betekenis

  • Wat is die kern van die boodskap van dié hoofstuk vir jou dag en lewe – insigte, beloftes, of opdragte?
  • Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed.
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…