Nahum
Hoe om die Bybelboek te lees
Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.
Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.
Gebruik die volgende metode om hierdie Bybelboek deur te werk:
RUS
- Raak stil. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.
HOOR
- Lees die gedeelte in die Bybel soos dit aangetoon word. Fokus op wat jou tref.
- Lees my bydrae oor die gedeelte.
- Kies een gedagte wat jou tref en dink daaroor na. Dink veral oor die praktiese betekenis daarvan vir jou.
- Antwoord die Here in gebed.
- Geniet ‘n paar oomblikke die teenwoordigheid van die Here sonder woorde.
LEEF
- Besluit op ‘n praktiese manier om op God se woord aan jou te reageer.
View all posts in this series
- Nahum – God voltrek sy oordeel oor Nineve - March 9, 2015
- Nahum 1:1-15 – Die Here sorg vir wie by Hom skuil
- Nahum 2:1-13 – Die Here jaag Nineve uitmekaar - March 10, 2015
- Nahum 3:1-19 – Die Here maak Nineve ‘n toonbeeld van vernedering - March 11, 2015
Trudie Kruger
Baie dankie dat jy wys en insig gee hoe mens die Woord moet lees en bestudeer.
Baie mense lees net en bid vinnig en daar gaan hulle.
Chris van Wyk
Ja, hoe meer tyd ‘n mens met die Bybel spandeer, hoe dieper sak die betekenis daarvan in jou lewe in.