Skip to main content

Amos 7:1-17

Drie gesigte van oordeel – sprinkane, vuur en ‘n swaard

Die laaste hoofdeel van Amos bevat vyf gesigte van oordeel – ‘n sprinkaanswerm, ‘n groot vuur, ‘n swaard (eerder as ‘n skietlood soos in die NAV vertaal word), ‘n mandjie somervrugte, en die oordeel van die Here by die altaar. Met die eerste twee gesigte is daar nog die hoop op herstel, met die laaste drie nie meer nie. Tussen-in is daar ‘n onderonsie met die priester Amasia wat Amos probeer keer om sy roeping uit te voer. Aan die einde sal uiteindelik tóg een visioen van herstel vir Israel te voorskyn kom vir die toekoms waarmee die boek afgesluit word.

Teks en konteks

Dit is opmerklik dat ‘n mens ‘n bietjie meer van Amos as mens in dié gedeelte raaksien, sy interaksie met die Here, sy voorbidding vir die volk, sy verdediging van God se roeping teenoor die mag van die instituut van die staat en die tempel. Dit gee ‘n bietjie meer van ‘n menslike kant aan die onverbiddelike oordeel van die Here, hoewel ‘n mens steeds van die onherroeplikheid daarvan bewus bly.

Amos 7:1-3 – Die oordeel van die sprinkaanswerm

Die visioen van die oordeel van hierdie plaag van sprinkane is hierdie keer meer spesifiek op die impak wat dit op die koning, Jerobeam II, het, gerig. Let op hoe Amos se voorbidding die opeenvolging van sprinkaanplae afweer op grond van sy pleitrede by die Here: “Here, my God, vergewe tog vir Jakob! Hoe sal hy staande bly? Hy is klein!” Die Here se onsigbare betrokkenheid beide by die bedreiging van die plaag sowel as by die bedwinging daarvan bly egter die agtergrond vir die gebeure. Daarom word die herhaling van die plaag aan die tussenbeide trede van die Here gewyt.

Amos 7:5-6 – Die oordeel van vuur

Amos se voorbidding het ook ‘n impak op die volgende gesig van ‘n vuur wat “die groot watervloed” laat opdroog. Dié watervloed dui waarskynlik op die “vloedwaters” wat ons reeds in Gen. 7 kennis neem wat as die bron van die fonteine gereken is. Die vuur dui waarskynlik op ‘n versengende droogte wat die aarde sal laat verdor en hulle watervoorraad sal vernietig. Weereens luister die Here na Amos se dringende gebed (“Here, my God, hou tog op!”) en wend die droogte af.

Amos 7:7-9 – Die oordeel van ‘n swaard

Die volgende gesig is dié van ‘n swaard in die hand van die Here. Die woord wat met “skietlood” in die NAV vertaal is, beteken eintlik net “tin” (die metaal) en kan in die lig van vers 9 se verwysing na ‘n swaard waarskynlik beter vertaal word as “swaard” ook in vers 7. Dit maak volledig sin in die lig van die feit dat die Here verkondig dat Hy sy volk nie meer sal spaar nie en met die swaard sal optree teen die koningshuis van Jerobeam. Let op dat Amos nie meer hierteen teëstribbel nie.

Amos 7:10-17 – Die konflik tussen Amasia en Amos

Die implisiete konflik met koning Jerobeam II wat in dié drie oordele sowel as in die vorige profesieë ingebou was, lok ‘n direkte reaksie uit van die staats- en tempelinstitute. Amasia, die priester van Bet-El (nie die koning van Juda nie), kla Amos aan by die koning: “Die land kan dit nie uithou met alles wat hy sê nie.

Amasia konfronteer Amos in die waan dat hy een van die profete is (hy gebruik die woord “siener”), en waarsku hom dat hy inmeng met die staatgodsdiens: “die koninklike heiligdom, die staatstempel.” Let op hoe dié onderonsie die amper outomatiese institusionele weerstand teen iemand wat van buite die strukture af optree, weerspieël.

Amos se verweer is dat hy nie aan die reëls van die profetegildes gebonde is nie, net aan die opdrag en roeping wat die Here hom opgedra het. Hy is ‘n eenvoudige skaapwagter uit Tekoa, suid van Jerusalem, wat ook omgesien het na vyebome, ‘n seisoenswerk waarin vye geprik is om vinniger ryp te word.

Dit is ook interessant dat die teenstand wat Amasia aan Amos bied die oorsaak word dat die oordeel van die Here ook vir Amasia persoonlik betrek. Waar die oordeel tot dusver op die koning en die volk gemik was, word dit weens Amasia se verwerping van Amos se boodskap nou ook persoonlik op hom en sy familie gemik. Die Here bevestig hiermee die werk van die profeet wat Hy gekies het, al was hy nie deel van die normale profete korps nie.

Boodskap en betekenis

Hierdie gedeelte wys hoe ‘n onwelkome boodskap sowel as ‘n ongemaklike boodskapper deur die amptelike verteenwoordiger van die staatsgodsdiens hanteer word. “Die land kan dit nie uithou met alles wat hy sê nie.” In plaas daarvan om tot inkeer te kom, om te sorg dat hulle godsdiens met geregtigheid gepaard gaan, probeer die leiers hulleself vernedering spaar deur die boodskap sowel as die boodskapper te ignoreer.

Om iemand stil te maak omdat die boodskap ongemaklik is, óf omdat die boodskapper nie aan die amptelike kriteria beantwoord nie, help natuurlik niks, as God inderdaad die bron van dié boodskap en die opdraggewer van die boodskapper is nie. Iets wat alle institusionele gesagdraers in gedagte moet hou.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on 2 SAMUEL 11:1-15Die Skrif is duidelik daaroor dat God nie sonde kan doen nie. Hy keur ook nie sonde ooit goed nie. Hy laat boonop geen sonde ongestraf nie (Eks 34). Dit is in dié lig wat 'n mens die profesie moet verstaan. God laat Dawid aan die gevolge van sy eie sondes oor, dit is dat Absalom onder andere in opst…
  • PHILIPPUS C FOURIE on 2 SAMUEL 11:1-152 Samuel 12 vers 11 waar God aan Dawid sê dat Hy sy vroue aan sy naaste sal gee om by te slaap en dit sal geskied in daglig sodat almal dit sal sien. Ek was deur my naaste hieroor gekonfronteer met die argument: Hoe kan God dit self toelaat en laat gebeur as Hyself hier owerspel toelaat? Dit is mos…
  • Chris van Wyk on Amos 9:1-10Waardeer.
  • Klazina Jacobs on Amos 9:1-10Dankie. Baie insiggewend!
  • Chris van Wyk on Jona 1:1-16Dankie Kobus, ek sien uit na module 4 waar ons saam dieper in die NT gaan delf!
  • Kobus De Wet on Jona 1:1-16More Dr Chris, vanmore is ek weer in verwondering oor die Woord van God na ek u stuk gelees het oor Jon 1:1-16. Ek het altyd in terme van Jona en die vis Jona gelees, uit my sondagskool perpektief, nou ontdek ek die diepte in Jona: die chiastiese rangskikking, God se name en natuurlik die Radam - di…
  • Chris van Wyk on Matteus 17 – Jesus word verheerlik as teken van sy Goddelike weseDankie Monique, dit is my voorreg!
  • Monique Steyn on Matteus 17 – Jesus word verheerlik as teken van sy Goddelike weseDie Bybelskool help my so vreeslik Baie, Om die Bybel en die Woord van Jesus better te verstaan. Ek Wil net Soo Baie dankie se. Wees geseend.
  • Chris van Wyk on 2 Kronieke 1Hi Ayden, verhale uit die OT is voorbeelde wat ons help om te verstaan hoe God in ander se lewens gewerk het - in dié geval Salomo - sodat ons kan kyk of daar raakpunte met ons eie lewe is, en ons die boodskap aan die mense van daardie tyd, ook op onsself van toepassing kan maak. Jy kan die boodskap…
  • Ayden Corbett on 2 Kronieke 1Ekt gebid en gevra dat die Here vir my n vers uit die bybel moet kies en my sal help verstaan wat ek lees en toe maak ek oop op 2 krinieke 1...dra die stukkie n spesifieke betekenis of boodskap buitens dat jy wysheid moet kies om die Here se volk te regeer inplaas daarvan om vir rykdom en n lang Lew…
  • Chris van Wyk on Kolossense 2:6-23 – In Christus Jesus is ons met die volheid van God vervulHi Eugene, alles moet getoets word aan die geskrewe Woord van God. As sy iets sien of sê wat daarmee in stryd is, is dit verkeerd. En as jy dit uitwys, is dit nie 'n sonde teen die Heilige Gees nie.
  • Chris van Wyk on 1 Konings 11:1-43;  2 Kronieke 9:29-31Jesus wys in Matteus 12 en Lukas 11 uit dat sy eie wysheid dié van Salomo oortref. Die koningin van Skeba sal dus in die oordeel opstaan en die geslag van Jesus oordeel, omdat sy op Salomo se wysheid gereageer het, en die Jode nie dieselfde gedoen het met Jesus nie (Matt 12:42; Luk 11:31). Die boods…
  • Chris van Zyl on 1 Konings 11:1-43;  2 Kronieke 9:29-31Chris, sê asseblief iets meer oor die laaste sin van vandag se bydrae. Groete
  • Eugene Beetge on Kolossense 2:6-23 – In Christus Jesus is ons met die volheid van God vervulGoeie dag kan u dalk verduidelik as die vroue predekant helder ligte en engele sien of engele wat tekens doen. Hoe moet n mens as Christen dit verwerk of interpreteer sonder om te laster teen die Heilige gees . U inset word opreg wardeer.
  • Chris van Wyk on Openbaring 19:1-10 – Gelukkig is hulle wat uitgenooi is na die bruilofsfees van die LamHi, dit is beelde wat gebruik word om dieselfde werklikheid uit te druk. In vers 7 word die kerk as 'n bruid uitgebeeld om die intieme verhouding tussen God en sy mense uit te druk. Die bruid is enkelvoud, maar die mense wat deel daarvan is natuurlik meervoud. Maar, dit is nie 'n probleem nie, want…