Jeremia
Hoe om die Bybelboek te lees
Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.
Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.
Gebruik die volgende metode om hierdie Bybelboek deur te werk:
LEES
- Raak stil. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.
- Lees die gedeelte in die Bybel soos dit aangetoon word. Fokus op wat jou tref.
- Lees my bydrae oor die gedeelte.
LUISTER
- Kies een gedagte wat jou tref en dink daaroor na. Dink veral oor die praktiese betekenis daarvan vir jou.
- Antwoord die Here in gebed.
- Geniet ‘n paar oomblikke die teenwoordigheid van die Here sonder woorde.
LEEF
- Besluit op ‘n praktiese manier om op God se woord aan jou te reageer.
View all posts in this series
- Bybelskool oor die boek van die profeet Jeremia en die Klaagliedere van Jeremia - July 11, 2014
- Inleiding op die boek Jeremia - July 22, 2014
- Jeremia as priester-profeet
- Jeremia as mens
- Die konteks van Jeremia
- Verwysings na Jeremia in die Bybel
- Die boek Jeremia - July 23, 2014
- Indeling van die boek Jeremia
- Tentatiewe kronologie van die interaksie tussen Jeremia, Jojakim, Jojagin en Sedekia
- Riglyne vir die leeswerk
- Jeremia 1 – Jeremia geken, gevorm, geheilig en gekies - July 24, 2014
- Jeremia 2 – My volk het My vergeet - July 25, 2014
- Jeremia 3:1-4:4 – Kom terug na My toe! - July 28, 2014
- Jeremia 4:5-31 – My volk tree dwaas op
- Jeremia 5 – Hulle het hulle nie laat leer nie - July 29, 2014
- Jeremia 6 – Die Here het hulle verwerp - July 30, 2014
- Jeremia 7:1-8:3 – Moenie op die tempel vertrou nie - July 31, 2014
- Jeremia 8:4-9:2 – Niemand het berou oor hul sonde nie - August 1, 2014
- Jeremia 9:3-26 – Hulle weier om My te erken - August 4, 2014
- Jeremia 10 – Die Here die Almagtige is die ware God - August 5, 2014
- Jeremia 11:1-17 – Vervloek is elkeen wat ongehoorsaam is aan die verbond - August 6, 2014
- Jeremia 11:18-12:17 – Jeremia kla oor samesweerders en goddeloses
- Jeremia 13 – Juda is so nutteloos soos ’n verslete linnegordel - August 7, 2014
- Jeremia 14:1-15:9 – Die Here is hulle nie meer goedgesind nie - August 8, 2014
- Jeremia 15:10-21 – God het geen gevoel meer vir die volk nie
- Jeremia 16 – Moenie meeleef met dié volk nie, want Ek het nie meer medelye met hulle nie - August 11, 2014
- Jeremia 17 – Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand - August 12, 2014
- Jeremia 18 – Maak julle lewe en julle dade reg - August 13, 2014
- Jeremia 19:1-13 – Ek gaan oor hierdie plek ’n ramp bring - August 14, 2014
- Jeremia 19:14-20:18 – Vervloek is die dag waarop ek gebore is
- Jeremia 21 – Ek het besluit om hierdie stad nie te spaar nie - August 15, 2014
- Jeremia 22 – Ek gaan julle vernietig en wegvoer in ballingskap - August 18, 2014
- Jeremia 23 – Ellende wag vir julle leiers - August 19, 2014
- Jeremia 24 – Die ballinge van Juda is goeie vye - August 20, 2014
- Jeremia 25 – Die ballingskap sal sewentig jaar duur - August 21, 2014
- Jeremia 26 – Jerusalem sal soos Silo verwoes word - August 22, 2014
- Jeremia 27 – Ek gee al die lande in die mag van Nebukadnesar - August 25, 2014
- Jeremia 28 – Die Here vee Gananja van die aarde af weg
- Jeremia 29 – Ek beplan vir julle voorspoed, nie teenspoed nie - August 26, 2014
- Jeremia 30:1-31:1 – Ek sal julle lot verander - August 27, 2014
- Jeremia 31:2-40 – Ek sluit ’n nuwe verbond met julle - August 28, 2014
- Jeremia 32 – Daar sal weer huise, grond en wingerde in hierdie land gekoop word - August 29, 2014
- Jeremia 33 – Ek sal die lot van Juda, Israel en Jerusalem verander
- Jeremia 34 – Koning Sedekia en die volk sal verwoes word omdat hulle van gedagte verander het - September 1, 2014
- Jeremia 35 – Die Rekabiete word as voorbeeld van getrouheid aan Juda voorgehou - September 2, 2014
- Jeremia 36 – Jojakim verbrand Jeremia se boekrol - September 3, 2014
- Jeremia 37 – Die Galdeërs sal Jerusalem verbrand - September 4, 2014
- Jeremia 38 – Jeremia ly in die put totdat Sedekia hom raadpleeg - September 5, 2014
- Jeremia 39:1-40:6 – Jerusalem val voor Nebukadnesar en Jeremia word vrygelaat - September 8, 2014
- Jeremia 40:7-41:18 – Juda word verder lamgelê in ’n leierskapstryd - September 9, 2014
- Jeremia 42 – Die Here waarsku teen ’n vlug na Egipte - September 10, 2014
- Jeremia 43 – Jeremia word teen sy sin saamgeneem na Egipte - September 11, 2014
- Jeremia 44 – Jeremia bring ’n boodskap van oordeel aan al die Jode in Egipte - September 12, 2014
- Jeremia 45 – Jeremia bemoedig sy sekretaris Baruk
- Jeremia 46-51 – Boodskappe aan die nasies - September 13, 2014
- Jeremia 46 – ’n Boodskap aan Egipte - September 15, 2014
- Jeremia 47 – ’n Boodskap aan die Filistyne - September 16, 2014
- Jeremia 48 – ’n Boodskap aan Moab - September 17, 2014
- Jeremia 49 – ’n Boodskap aan Ammon, Edom, Damaskus, Kedar-Gasor, en Elam - September 18, 2014
- Jeremia 50-51 – ’n Boodskap aan Babel - September 21, 2014
- Jeremia 52 – Die lot van Sedekia en Jojagin met die wegvoering in ballingskap - September 22, 2014
- Oor ons gedagtes en gevoelens – Jeremia 17:9-10 - February 7, 2018
annelie@witbanknews.com
Ek gaan dit baie geniet Jeremia is n skatkis
Chris van Wyk
Ja, Jeremia se boodskap sny diep, maar is genesend.
Loureda
Goeie dag
Hoe kan ons die verhaal van Babel sien /opmerk in ons eie lewe .
Wat moet dit vir ons beteken in ons lewe.
Baie dankie
Chris van Wyk
Hi Loureda, in OT-tye was Babel (Babilon) die ekonomiese, godsdienstige en politieke hoofstad van Babilonië. Hulle was die oorheersende mag in die Nabye Ooste in die sesde eeu vC. God het die volk altyd gewaarsku teen alliansies met Babel, en uiteindelik Babel as oordeelsinstrument gebruik om hulle in ballingskap weg te voer. In die NT dui “Babilon” op die wêreld en sy magte in opposisie met God. Dit word dikwels gekontrasteer met “die nuwe Jerusalem”, waarin God uiteindelik koning sal wees. Waar ‘n wêreldse gesindheid by ons oorneem – materialisme, immoraliteit, ongeloof – is “Babel” merkbaar.
Petro
Middag
Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai
Dankie
Chris van Wyk
Hi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.