Skip to main content

Deuteronomium 16:18-17:20

Regters en konings moet nougeset volgens die wet regeer

Teks en konteks

Ná die feeste fokus Moses op die publieke sisteme, die regstelsel (Deut. 16:18-17:13) en die konings (Deut. 17:14-20). Soos gehoorsaamheid aan die Here die volk se alledaagse en godsdienstige lewe beïnvloed het, só moet dit die publieke sfere van die regswese en die politiek bepaal. Daar is nie ‘n area van die lewe in God se land wat buite sy soewereine wil val nie. In alles moet Hy gehoorsaam word en deur almal, die hooggeplaastes en die gewone mense.

Die regters en amptenare moet die reg handhaaf soos God dit wil hê – Deuteronomium 16:18-17:13

Let op hoe Moses sy uitsprake oor die regstelsel motiveer en begrond in die feit dat dit nie net die land is wat deur die Here aan hulle gegee is nie, maar ook elke dorp. Daarom moet regters en amptenare aangestel word wat die reg kan handhaaf soos God dit wil hê. Hulle moet billik en regverdig wees en vir niemand partydig, bv. deur omkoopgeskenke te aanvaar nie: “want dit maak dié wat van beter moet weet, blind en laat die saak van die onskuldige skeef loop.” ‘n Versoeking waarvoor baie deur die eeue geval het!

Weereens sluit dit in dat ‘n mens nie ‘n afgodsbeeld (gewyde paal) langsaan die Here mag skep en aanbid nie. Dit is God alleen wat aanbid moet word. Hy duld geen kompetisie nie. Hy wil ook geen halfhartige diens van enigiemand hê nie, soos wanneer iemand ‘n offer met ‘n liggaamsgebrek of ’n letsel bring nie.

Wanneer iemand ander goed aanbid, dinge soos die son, maan of ander hemelliggame, moet dit noukeurig ondersoek word en sulke mense die doodstraf opgelê word. Daar moet ook twee of drie getuies wees, nie net ‘n enkel persoon se woord teen iemand anders s’n. Die getuies word ook by die vonnis voltrek, waarna die hele volk dit moes help uitvoer. Só sou hierdie soort kwaad tussen hulle uitgeroei kan word, dit was die droom.

Wanneer ‘n saak te moeilik was om plaaslik uit te sorteer, is die Tabernakel se Levitiese priesters geraadpleeg waarvan een as die diensdoenende regter aangestel is. Sy raad moes tot die letter gevolg word, sodat die gemeenskap in alles volgens die wil van die Here kon optree.

Slegs konings wat deur die Here gekies is, mag aangestel word – Deuteronomium 17:14-20

Daar sou nog baie water in die see loop voor die eerste koning Saul min of meer 350 jaar later deur die Here aangewys sou word (1 Sam. 9-15). Moses kyk ver die toekoms in en voorsien die moontlikheid dat die volk soos die ander nasies rondom hulle ‘n koning sou wou hê. Iets wat Samuel aanvanklik teengestaan het, maar later in gehoorsaamheid aan die Here uitgevoer het (1 Sam. 8). Moses sal in die volgende hoofstuk nog verder in die toekoms inkyk en ‘n profeet sien wat uiteindelik in die Here Jesus vervul is.

Die voorskrif van die Here is dat hulle iemand moet aanstel wat die Here vir hulle aanwys, iemand uit hulle eie geledere, soos dit later die geval met beide Saul en Dawid sou wees. Let op dat dié koning nie lief moes wees vir die simbole van mag en rykdom nie, perde en vroue, iets wat Salomo se val sou veroorsaak. Lees wat ek daaroor geskryf het by bybelskool.com: 1 Konings 10-11 – Die Here is lief vir Salomo, maar hy is lief vir perde en vroue.

Die rigsnoer vir die koning se heerskappy moes uit die wet kom, hierdie boek wat Moses besig was om klaar te maak en uiteindelik vir die Leviete sou gee om by die ark te bewaar. Hy moes ‘n afskrif maak – ‘n Deuteronomium, ‘n tweede wet! – en dit: “by hom hou en sy lewe lank moet hy dit gereeld lees sodat hy kan leer om die Here sy God te dien deur gehoorsaam te wees aan alles in hierdie wet en om volgens al hierdie voorskrifte te lewe.

Dan sou hy hoogmoed kon vermy en hom nie bó sy mense verhef nie. Hy sou die voorskrifte van die wet nougeset kon handhaaf. Trouens, hy moes nie: “’n haarbreedte afwyk van hierdie gebod nie.” Dit sal nie net vir die volk en homself tot seën dien nie, maar ook vir sy nageslag, waaruit ‘n dinastie sou kon voortspruit.

Boodskap en betekenis

  • Wat is die kern van die boodskap van dié hoofstuk vir jou dag en lewe – insigte, beloftes, of opdragte?
  • Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed.
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda