Skip to main content

2 Timoteus 4:1-22

Getrou aan jou roeping

Paulus fokus in hoofstuk 4 op die laaste een van die vier aspekte waaraan Timoteus getrou moet bly. Die eerste drie was getrouheid aan die evangelie, Christus en die Woord. Die laaste aspek is getrouheid aan sy roeping.

Teks en konteks

Verkondig die Woord tydig en ontydig – 2 Timoteus 4:1-5

Paulus beweeg van die toewyding aan en toerusting van die woord na die verkondiging van die woord.  Dit is die een ding van sy bediening waarin Timoteus moet volhard, om te alle tye, en onder alle omstandighede aan die evangelie en aan sy roeping getrou te bly.  Eugene Peterson vertaal vers 1-2 so: “God is looking over your shoulder … He is about to break into the open with his rule, so proclaim the Message with intensity; keep on your watch.”  Inderdaad!

Die oorwinnaarskroon wag vir my – 2 Timoteus 4:6-8

Daarmee gee Paulus dan ook die leisels af aan sy geliefde Timoteus.  Paulus weet die tyd van sy dood is voor die deur.  Hy is bly dat hy die wedloop enduit kon aflê, en gee dus nou oor aan die bekwame hande van die een wat sy navolger in leer en lewe geword het.

Persoonlike opdragte en groete – 2 Timoteus 4:9-22

Die brief sluit af met een van die primêre redes waarom Paulus dit geskryf het, naamlik, om Timoteus aan te moedig om voor die winter by Paulus besoek af te lê en sekere persoonlike items vir hom te bring, die reismantel vir die naderende koue, en die boeke (moontlik afskrifte van sy briewe) en perkamente wat boeke van die OT bevat het.  Hy waarsku Timoteus teen Aleksander van Troas, aangesien dié vir Paulus baie leed veroorsaak het.

Let op hoeveel medewerkers Paulus hier noem, altesame 16!  En hoewel ons van die meeste nie op ander plekke lees nie, is daar ‘n hele paar waarvan ons die stories beter ken:

  • Demas het nog saam met Paulus gewerk toe hy die brief aan Kolosse geskryf het (Kol. 4:14, Filemon 24), maar hom nou ongelukkig verlaat omdat die lewe saam met Paulus net te swaar was, en hy ‘n makliker lewe wou hê.
  • Kressens is na Galasië toe, en het waarskynlik die biskop van Gallië geword.
  • Titus ken ons uit die brief aan hom op Kreta.  Hy het weer by Paulus in Rome kom besoek aflê, en is toe na Dalmasië gestuur (Kroasië).
  • Lukas is die bekende skrywer van die evangelie van Lukas en die Handelinge van die apostels.
  • Markus is die jongman met wie Paulus stry gekry het oor sy volharding en toewyding, maar wat deur die mentorswerk van  Barnabas weer met Paulus versoen is, deur hom in Kolosse ingespan is (Kol. 4:10), en uiteindelik dus nie net vir Paulus tot diens was nie, maar vir die oudste evangelie, die evangelie van Markus verantwoordelik was.
  • Tigikus was saam met Paulus op sy derde sendingreis na Jerusalem toe (Hand. 20:4) en het onder andere Paulus se gevangenskap briewe afgelewer (Kol. 4:7; Ef. 6:21) en hom tot diens gewees in ‘n hele paar gemeentes (Tit. 3:12).  Paulus het hom op hierdie stadium na Efese gestuur.
  • Priscilla en Akwila was vermoënde Christen leiers wat in Rome, Korinte en Efese groot werk gedoen het, en onder andere die groot prediker Apollos onderrig het.
  • Onesiforus het baie vir Paulus in Rome beteken en diens in Efese gedoen (2 Tim. 1:18).
  • Esrastus was die stadstesourier van Korinte (Rom. 16:23) en word deur Paulus in die bediening ingespan (Hand. 19:22).
  • Trofimus was van Efese en die persoon wat deur die Jode misbruik is om Paulus by te kom (Hand. 21:29).  Hy het Paulus op sy verdere reis Rome toe vergesel, maar moet weens siekte in Milete agter gelaat word.
  • Ons weet ongelukkig niks verder van Karpus, Eubulus, Pudens, Linos en Claudia nie.

Boodskap en betekenis

In sy laaste brief roep Paulus dus vir Timoteus op om getrou te bly:

  1. Aan die evangelie – hy moenie homself vir die boodskap daarvan skaam nie, en sy deel van lyding deur die krag van die Gees dra (hfst. 1);
  2. Aan Jesus Christus – daarvoor moet hy veral betroubare leiers aanstel om saam met hom die stryd te voer en self te volhard soos ’n soldaat, atleet en boer deur sterk te staan vir die waarheid en die suiwer waarheid soos ’n bekwame arbeider te verkondig (hfst. 2);
  3. Aan die Woord – hy moet vashou aan die Skrif as die enigste vaste riglyn in ’n tyd van afvalligheid en dwaalleringe (hfst. 3);
  4. Aan sy roeping – hy moet die Woord te alle tye verkondig en volhard tot die einde, want die oorwinnaarskroon wag vir hom (hfst. 4).

Selfs in die aangesig van verraad, afvalligheid en sy eie naderende dood, staan Paulus met hierdie brief uit as ‘n voorbeeld van iemand wat die wedloop enduit gehardloop het. Hy gee nou die fakkel aan Timoteus oor, sodat die evangelie kan voortgaan.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…