Skip to main content

Jesaja 3-4

God se oordeel laat altyd ’n oorblyfsel

Hoofstuk 3-4 vorm ’n eenheid. Dit word saamgebind deur die klem op “daardie dag” (3:7, 18; 4:1, 2) en opgebou deur 4 perikope:

  1. Jerusalem en Juda gaan in duie stort – 3:1-12;
  2. die Here begin ’n strafregtelike saak teen die volk en sy leiers – 3:13-15;
  3. die Here oordeel ook die vrouens van die volk – 3:16-4:1;
  4. die Here sal egter ’n oorblyfsel laat bly en met hulle nuut begin – 4:2-6.

Teks en konteks

Let op hoe die Here se oordeel die leiers van die samelewing – burgers, soldate, regters, profete, raadgewers ensomeer (3:1-4) – sowel as die modewêreld veral dié van die vrouens – versierings, reukwater, handsakkies ensomeer (3:18-23) – in duie laat stort. Die mense wat standvastigheid en omvattende welvaart bring, sowel as die besittings wat die lewe mooi maak, word weggeneem.

Die gevolg van die gebrek aan leierskap is verwarring en anargie – ek kan my indink in die dilemma van die broer wie se enigste kwalifikasie vir leierskap die feit is dat hy darem nog behoorlike klere het (3:6-7)! Dit is tekenend van hoe die volk in duie gestort het.

Die gevolg van die gebrek aan estetiese (luukse) voorwerpe (Jesaja noem 21!) is verwaarlosing en ’n fokus op oorlewing – sewe vroue wat ’n man beetpak ter wille van sy naam en sekuriteit, wys op desperaatheid (4:1). En hulle bring hulle eie kos en klere … dit is wat gebeur in ’n samelewing wat nie meer reg funksioneer nie en niemand meer veilig voel nie.

Boodskap en betekenis

John Watts het my in sy Word kommentaar nogal laat nadink oor aspekte van ons leefwêreld, waar hy in sy kommentaar die volgende sê:

“All society is held together by invisible bonds—common concerns that have a moral base. When these disappear, the body politic disintegrates. Judgment on a people may be passive. It does not have to come by external invasion. It may, and often does, come through internal atrophy. The passage suggests that God is responsible for this deterioration. It is his judgment on those who forget that they are all ultimately dependent on him.”

Wat my hoop gee, is dat Jesaja in hoofstuk 4 aandring daarop dat God se oordeel – passief of aktief – nie ‘n totale vernietiging is nie, maar ‘n suiwering. Daar bly altyd ‘n oorblyfsel wat weer sy genade en sorg ervaar, wat deur Hom geheilig word.

En dit is ongelooflik om te hoor dat dié oorblyfsel dié mense is “wat vir die lewe opgeskryf is.” (4:3). Daarby tref dit my dat die Here sy teenwoordigheid op dieselfde manier as eens in die woestyn nou nie net in die midde van die volk sal laat blyk deur die wolk bedags en vlammende vuur snags nie, maar oor by elke woonplek op Sionsberg. Sy teenwoordigheid sal alles beskut. Hy sal skuiling bied regdeur die dag en nag, selfs teen stortbuie en reën.

Dit sê vir my dat God só by my teenwoordig is, metafories natuurlik, maar ook werklik in die persoon van Sy Gees wat in my bly. Met só ’n bewussyn kan ek dié dag pak en iets positiefs doen aan die verwarring en anargie en verwaarlosing en fokus op oorlewing in ons samelewing!

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders