Skip to main content

Die Twaalf Kleiner Profete

prayer-shawlDie profete was in die Ou Testament by uitstek kanale van God se kommunikasie met mense. Hulle was “hoorders” van God se boodskap, “sieners” van wat God beplan, “woordvoerders” van God wat sy wil aan die volk oorgedra het en “voorbidders” vir die mense wat by God vir hulle ingetree het.

Ons fokus die eerste kwartaal van 2015 op die boodskap van twaalf van hierdie profete, die sogenaamde “Kleiner Profete”, wat vir ons in die OT opgeteken is. Hierdie profete help ons om God in sy volhardende liefde (Hosea) en omvattende en universele ontferming (Jona) raak te sien. Deur hulle oë kry ons dit reg om God se boodskap van oordeel oor verwaandheid, geestelike afsydigheid en minagting van God te begryp (Obadja, Nahum, Sefanja, Maleagi). Hy soek immers geregtigheid in alle sfere van die lewe (Amos) en ‘n dankbare erkenning van sy heerskappy in en oor alles (Miga).

Tegelykertyd leer ons by hulle hoe ‘n mens ten spyte van teenspoed steeds kan jubel in God (Habakuk), en jou kan verheug in die teenwoordigheid van die Here (Miga, Haggai) terwyl daar op die koms van die Messias en sy heerskappy gewag word (Joël, Sagaria, Maleagi).

Die boeke – met my voorlopige opsomming van hulle boodskappe en die orde waarin ek hulle gaan hanteer – is as volg:

  1. Hosea – God volhard altyd in sy liefde
  2. Joël – God se dag bring verwoesting en voorspoed
  3. Amos – Die Here brul uit Sion vir geregtigheid
  4. Obadja – God straf verwaandheid en afsydigheid
  5. Jona – God ontferm Hom oor Nineve
  6. Miga – God heers nou en vir altyd
  7. Nahum – God voltrek sy oordeel oor Nineve
  8. Habakuk – Nogtans sal ek in die Here jubel
  9. Sefanja – Ruk julle reg voor die toorn van die Here julle tref
  10. Haggai – Herstel die tempel, want Ek is by julle
  11. Sagaria – Berei julle voor vir die koms van die Messias
  12. Maleagi – Bekeer julle van geestelike minagting

Om al twaalf hierdie profete in die eerste kwartaal ingepas te kry, gaan ons dit as volg lees – eerste bydrae 28 Januarie:

Week Bydraes Byeenkoms Profeet Hfste.
Week 1 28/1-4/2 28 Januarie Hosea 7
Week 2 5/2-11/2 04 Februarie Hosea 7
Week 3 12/2-18/2 11 Februarie Joël/Amos 6
Week 4 19/2-25/2 18 Februarie Amos/Obadja 7
Week 5 26/2-4/3 25 Februarie Jona/Miga 6
Week 6 5/3-11/3 04 Maart Miga/Nahum 8
Week 7 12/3-18/3 11 Maart Habakuk/Sefanja/Haggai 8
Week 8 19/3-25/3 18 Maart Sagaria 10
Week 9 26/3-1/4 25 Maart Sagaria/Maleagi 8
Week 10 01 April Afsluiting

INLEIDING OP DIE TWAALF KLEINER PROFETE

View all posts in this series

SKAKELS NA DIE ONDERSKEIE KLEINER PROFETE

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.