Skip to main content

Die Twaalf Kleiner Profete

prayer-shawlDie profete was in die Ou Testament by uitstek kanale van God se kommunikasie met mense. Hulle was “hoorders” van God se boodskap, “sieners” van wat God beplan, “woordvoerders” van God wat sy wil aan die volk oorgedra het en “voorbidders” vir die mense wat by God vir hulle ingetree het.

Ons fokus die eerste kwartaal van 2015 op die boodskap van twaalf van hierdie profete, die sogenaamde “Kleiner Profete”, wat vir ons in die OT opgeteken is. Hierdie profete help ons om God in sy volhardende liefde (Hosea) en omvattende en universele ontferming (Jona) raak te sien. Deur hulle oë kry ons dit reg om God se boodskap van oordeel oor verwaandheid, geestelike afsydigheid en minagting van God te begryp (Obadja, Nahum, Sefanja, Maleagi). Hy soek immers geregtigheid in alle sfere van die lewe (Amos) en ‘n dankbare erkenning van sy heerskappy in en oor alles (Miga).

Tegelykertyd leer ons by hulle hoe ‘n mens ten spyte van teenspoed steeds kan jubel in God (Habakuk), en jou kan verheug in die teenwoordigheid van die Here (Miga, Haggai) terwyl daar op die koms van die Messias en sy heerskappy gewag word (Joël, Sagaria, Maleagi).

Die boeke – met my voorlopige opsomming van hulle boodskappe en die orde waarin ek hulle gaan hanteer – is as volg:

  1. Hosea – God volhard altyd in sy liefde
  2. Joël – God se dag bring verwoesting en voorspoed
  3. Amos – Die Here brul uit Sion vir geregtigheid
  4. Obadja – God straf verwaandheid en afsydigheid
  5. Jona – God ontferm Hom oor Nineve
  6. Miga – God heers nou en vir altyd
  7. Nahum – God voltrek sy oordeel oor Nineve
  8. Habakuk – Nogtans sal ek in die Here jubel
  9. Sefanja – Ruk julle reg voor die toorn van die Here julle tref
  10. Haggai – Herstel die tempel, want Ek is by julle
  11. Sagaria – Berei julle voor vir die koms van die Messias
  12. Maleagi – Bekeer julle van geestelike minagting

Om al twaalf hierdie profete in die eerste kwartaal ingepas te kry, gaan ons dit as volg lees – eerste bydrae 28 Januarie:

Week Bydraes Byeenkoms Profeet Hfste.
Week 1 28/1-4/2 28 Januarie Hosea 7
Week 2 5/2-11/2 04 Februarie Hosea 7
Week 3 12/2-18/2 11 Februarie Joël/Amos 6
Week 4 19/2-25/2 18 Februarie Amos/Obadja 7
Week 5 26/2-4/3 25 Februarie Jona/Miga 6
Week 6 5/3-11/3 04 Maart Miga/Nahum 8
Week 7 12/3-18/3 11 Maart Habakuk/Sefanja/Haggai 8
Week 8 19/3-25/3 18 Maart Sagaria 10
Week 9 26/3-1/4 25 Maart Sagaria/Maleagi 8
Week 10 01 April Afsluiting

INLEIDING OP DIE TWAALF KLEINER PROFETE

View all posts in this series

SKAKELS NA DIE ONDERSKEIE KLEINER PROFETE

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Inleiding op JakobusJesus en Jakobus is halfbroers deur Maria. Hulle het dieselfde ma, maar nie dieselfde pa nie. Josef was Jakobus se pa. God was Jesus se Vader.
  • Betsy Bester on Inleiding op JakobusHoekom word daar verwys Na Jakobus as Jesus Se halfbroer in die 83 vertaling
  • Chris van Wyk on Hosea 4:1-5:7Juda is op hierdie punt gewaarsku (ongeveer 740 vC), en hulle het veral onder koning Hiskia 'n paar dekades later die Here weer gedien. Maar, uiteindelik het hulleself onder die oordeel gekom weens die wydverspreide sondes van die konings, priesters, en gewone mense, en is in ballingskap weggevoer i…
  • Renier on Hosea 4:1-5:7Goeie more. Verstaan ek reg? Die Juda-lyn was gewaarsku, nie ook veroordeel nie? En wat beteken dit vir ons wat daarna verwek was?
  • Chris van Wyk on Lukas 23Ek stuur.
  • Elma Bosch on Lukas 23Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Kan u dit asb vir my email na elmab0708@gmail.com
  • Trudie Vorster on Nuusbrief Mei 2025Prys die Here🙏🙏🙏
  • Chris van Wyk on Matteus 27Ek waardeer die terugvoer. Ek stuur vir jou die lêers per e-pos.
  • briefly31ea27a91f on Matteus 27Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Is dit moontlik om dit ook vir my te stuur. E-pos : heydenrychwilma1961@gmail.com Ek is van die NG Gemeen…
  • Chris van Wyk on Matteus 27Hi Neels, ons lees nie in die NT dat Petrus eksplisiet sy sonde voor die Here bely en om vergifnis vra nie. Ons sien wel dat dit indirek gebeur met sy hartseer in die voorhof ná hy die Here Jesus verloën het (Luk. 22:62). Ons sien dit ook in sy keuse om na Jesus te gaan op die strand en in die gespr…
  • Neels Fourie on Matteus 27Goeie more prof, kan jy vir my die skrif stuur waar Petrus vergifnis gevra het asb
  • Chris van Wyk on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afEk sien self uit na die reis!
  • Dianne on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afBaie dankie vir die geleentheid om saam met julle deur die woord te reis.Amen
  • andrebrophy812 on Johannes 17Good day sir. Thank you for the meaningful insight. May the Good Lord bless and keep your own spirit always in connection with the Holy spirit
  • Chris van Wyk on SubscribeWelkom. Ek stuur na jou Inbox.