Skip to main content

Psalm 149

Die Here is sy volk goedgesind en sal hulle vergeld

Psalm 149 roep die hele geloofsgemeenskap op om God te loof in hulle byeenkomste. Die redes vir die lof lê in God se goedgesindheid aan sy getroue volgelinge veral in die beskerming teen nasies wat hulle probeer verdruk: “want die Here is sy volk goedgesind; Hy vereer verdruktes met oorwinning.” (vers 4).

Teks en konteks

Let op hoe dié beskrywing van God aan die een kant tot lofprysing aanleiding gee in die byeenkomste van die geloofsgemeenskap: nuwe liedere wat gesing word, koordanse op die maat van tamboeryne en liere wat uitgevoer word. Hulle moet oor God se goedgesindheid van die verlede jubel selfs in die nag wanneer hulle gaan slaap. God se goedgesindheid is ‘n eer wat Hy hulle verleen en wat in sy volle konsekwensies beleef en besing moet word.

Aan die ander kant gee dié beskrywing van God aanleiding tot ‘n gebed om vergelding, sowel as ‘n gereedheid om op te tree wanneer die Here hulle oproep tot die oorwinning oor hulle vyande in die toekoms. Daar moet dus nie net: “verheerliking van God uit hulle kele” kom nie, maar ook ‘n gereedmaak met ‘n: “tweesnydende swaard in hulle hande” om die Here te volg in sy vergelding oor die nasies, in die straf wat Hy onder die volke sal uitdeel, in die kettings en ysterboeie wat die lot van konings en hooggeplaastes sal wees as God die vonnis oor hulle voltrek: “Dit sal vir al sy getroue volgelinge ‘n glansryke oorwinning wees.

Die Here is dus nie net sy volk goedgesind in terme van sy nabyheid in die verlede nie. Hy belowe ook dat Hy hulle in die toekoms sal vergeld onder die nasies. Hy is magtig om op te tree en dinge reg te stel. Daarvoor moet hulle Hom nie net loof nie, maar gereed wees om Hom na te volg.

Dis duidelik dat die Psalm van ‘n toekomstige oorlog praat wat eintlik alle oorloë tot ‘n einde kan bring, iets wat God se koningskap oor die hele wêreld sal bewerk. Ons sien dié verwagting op verskeie plekke in die Psalms – Psalm 2; Psalm 18; Psalm 47, hoewel dié Psalm ook van die vereniging van die nasies onder God se heerskappy praat; Psalm 75; Psalm 95 (God is immers koning oor die wêreld sowel as in die geloofsgemeenskap); Psalm 97; Psalm 98 (God kom om oor die hele aarde te heers); Psalm 100 (Alles wat leef moet die Here loof) en nog vele meer.

Boodskap en betekenis

Paulus het hierdie gedagtes meer volledig uitgewerk in terme van die eskatologiese verwagting wat ook die geloofsgemeenskap van die NT kan hê dat God vergelding sal bring en sy mense in heerlikheid by Hom sal versamel: “God is tog regverdig: die mense onder wie julle nou so ly, sal Hy as straf ook laat ly; en aan julle lyding, en ons s’n, sal Hy ’n einde maak wanneer die Here Jesus met sy magtige engele in ’n vuurvlam uit die hemel verskyn.” (2 Tess. 1:6-8).

Maar, dit sluit in ons bedeling nie die bereidheid vir die fisiese swaard in nie, wel die volgende: “mag Hy deur sy krag julle liefde vir die goeie en die werk van die geloof volkome maak.” (vgl. verder by 2 Tess. 1). Deel van ons geestelike oorlogvoering in die proses sluit wel die swaard van die Woord in (Ef. 6:10-20), maar kyk ook wat Johannes hieroor skryf in Openbaring 18, 19, en 20 oor die voltrekking van God se oordeel wat gelukkig eindig in die visie op die nuwe hemel en aarde wat ‘n heeltemal nuwe bestel bring.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda