Romeine
Hoe om die Bybelboek te lees
Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.
Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.
Gebruik die volgende metode om hierdie Bybelboek deur te werk:
RUS
- Raak stil. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.
HOOR
- Lees die gedeelte in die Bybel soos dit aangetoon word. Fokus op wat jou tref.
- Lees my bydrae oor die gedeelte.
- Kies een gedagte wat jou tref en dink daaroor na. Dink veral oor die praktiese betekenis daarvan vir jou.
- Antwoord die Here in gebed.
- Geniet ‘n paar oomblikke die teenwoordigheid van die Here sonder woorde.
LEEF
- Besluit op ‘n praktiese manier om op God se woord aan jou te reageer.
View all posts in this series
- Die brief aan die Romeine - October 20, 2010
- Romeine 1 – God spreek mense vry enkel en alleen omdat hulle glo - October 21, 2010
- Die wet in die 3 Formuliere van Eenheid
- Romeine 2 – Die innerlike lewe lei na goeddoen eerder as die wetsvoorskrifte - October 22, 2010
- Romeine 3 – God gee vryspraak sonder onderskeid aan elkeen wat glo - October 25, 2010
- Romeine 4 – Die genade van geloof - October 26, 2010
- Beoefen vandag Lectio Divina - October 27, 2010
- Romeine 5 – Vryspraak lei tot vrede en vrye toegang - October 28, 2010
- Romeine 6 – Om vir God te lewe en nie vir die sonde nie - October 29, 2010
- Romeine 7 – Die Gees is die agent van verandering, nie die wet nie - November 1, 2010
- Romeine 8:1-17 – Die Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is - November 2, 2010
- Romeine 8:18-39 – As God vir ons is, wie kan teen ons wees - November 3, 2010
- Romeine 9-11 – Die Jode se volle getal sal gelowig word - November 4, 2010
- Romeine 12 – Ons het ’n paar kopskuiwe nodig - November 5, 2010
- Romeine 13 – Julle moet mekaar liefhê - November 8, 2010
- Romeine 14 – Aanvaarding eerder as argumente - November 9, 2010
- Romeine 15-16 – Aanvaar mekaar soos Christus julle aanvaar het - November 10, 2010
- Die fundamentele vertrekpunt in etiese sake - September 9, 2017
- Word verander deur die vernuwing van julle gemoed - June 13, 2018
- Uitverkiesing en die eindoordeel - September 6, 2018
Dirk Botha
Hoe maak ek om die Bybelstudie oor die boek Romeine te bekom?
Chris van Wyk
Hi Dirk. Jy kan al die bydraes lees by Romeine.
Mariaana
Hoe maak ek om die bybelstudie oor die boek Romeine te bekom
En ook oor God Se wil asb
Chris van Wyk
Hi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God se wil kan jy hier lees: https://bybelskool.com/god-se-bekende-en-verborge-wil/, en hier: https://bybelskool.com/om-u-wil-te-doen-o-god/ en hier: https://bybelskool.com/god-se-bekende-en-verborge-wil/. Geniet.
dederik Robbertse
Middag. Rom 12:1. Wat moet ek doen of wanneer is my liggaam n lewendige,heilige en welgevalle offer aan God.
dankie
Chris van Wyk
Die Griekse woord wat vir liggaam gebruik word, soma, dui hier die hele persoon aan. Ons soma, dws ons hele menswees, moet dus ge-“offer” word aan God. Dit is die wesenlike van ons godsdiens.
Die drie beskrywings is nie eintlik drie verskillende goed nie. Al drie die beskrywings van hierdie “offer” sê eintlik dieselfde. Ons hele menswees behoort aan God.
1. Ons is “lewende” offers soos wat die Leviete in die tabernakel se hele lewe aan God toegewy is (Num 8:11). Ons leef dus nie meer vir onsself nie, maar vir God. Maar nie as dooie mense nie, as lewendiges.
2. Ons is “heilige” offers soos wat die Leviete afgesonder is vir die diens aan God. Alles wat hulle gedoen het, het op een of ander manier met hulle verhouding met God te make gehad. God se heiligheid bepaal ons heiligheid.
3. Ons is “aan God welgevallige” offers, soos Hy dit vir ons in die Bybel beskrywe. Dit wil sê daar is nie ‘n deel van ons lewe uitgesluit waaroor God nie ‘n sê het nie.
Hoe weet jy wanneer jy daarin slaag? Wel, dit bly ‘n proses van heiliging waarin ons die Heilige Gees navolg wat aan die een kant ons lei om die sondige natuur af te lê en die nuwe natuur van Christus op te neem, soos Paulus in Romeine 8 en Efesiërs 4 vir ons leer.