Skip to main content

Psalm 93

God is Koning oor die wêreld en in die geloofsgemeenskap

Hierdie Psalm vier God se heerskappy oor die chaosmagte wat stabiliteit gebring het oor die wêreld (vers 1–4) sowel as sekuriteit in die geloofsgemeenskap (vers 5). Dit resoneer met die gedagte van die rus waarvan Genesis 2:1 praat wat beide ’n Goddelike as ’n menslike dimensie het. Dit is waarom dié Psalm dan ook met die “sabbatsweek” geassosieer is.

Teks en konteks

Die Here is Koning oor die wêreld – vers 1–4

Let op hoe God se koningskap van ouds af geteken word: “U troon staan vas van vroeg af; U is van ewigheid af.” (2014 vertaling). Hy is omgord met krag en majesteit.

Die druising van die “riviere” staan vir beide die geraas van “baie waters” (vers 4; vgl Gen 1:2) wat die oerchaos waaruit God geskep het, in herinnering roep, sowel as vir die geraas van die nasies (Jes 17:12 – vgl Ps 2). God troon dus oor die skepping sowel as oor die mensdom.

Die Here is Koning in die geloofsgemeenskap – vers 5

Dieselfde God is ook Koning in die geloofsgemeenskap. Daarom kan ’n mens sy riglyne vir die lewe (verordeninge [1983 vertaling] of bepalings [2014 vertaling]) navolg, want nie net staan dit vas nie, dit is ook betroubaar, want dit bring sekuriteit, stabiliteit en rus vir en in die geloofsgemeenskap.

Om die waarheid te sê, die tempel word op ander plekke ook God se rusplek genoem (bv Ps 132:14: “Dit is my rusplek vir altyd; hier wil Ek woon, dit is my begeerte.”). Daarom is heiligheid iets wat pas nie net by sy huis nie, maar ook in die lewe van sy mense. Sy bepalings sal dus tot in lengte van dae nie net van krag bly nie, maar van betekenis vir alle gelowiges bly.

Boodskap en betekenis

Die Psalm leer my dat God vir stabiliteit in die wêreld en sekuriteit in die geloofsgemeenskap sorg. Daarvoor kan ’n mens Hom vertrou. Dit kan ’n mens ook van Hom vra. Daarom kan ek ook myself gee vir sy riglyne vir die lewe, want dit is in sy teenwoordigheid wat ek self en die geloofsgemeenskap betekenis en sin vind. En dit is ’n boodskap wat dié wêreld moet hoor.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…