Skip to main content

Prediker 3:16-22

Die sin van vreugde in jou werk

Vandag is ‘n korter deel van Prediker. Lees daarom vir feite, onveranderlikhede en vreugdes en kies weereens een daarvan om oor na te dink, daaroor te bid en jou aan God toe te wy.

Die wanbalans tussen reg en onreg
Vers 16 begin ‘n nuwe oorsig (Verder …) waarin die Prediker die wanbalans tussen reg en onreg beskou en raaksien dat korrupsie baie keer die oorhand kry. Dit is iets waarop hy weer sal terugkom (5:7-8). Hoewel hy tog dink dat God in staat is om uiteindelik reg te laat geskied, gebeur dit ook op Sy tyd, en nie op die tyd wat ons dit verwag nie. Die wiele van geregtigheid draai dus stadig, hoewel dit ’n skrale troos is vir dié wat nie die voorreg beleef om die regstelling te sien nie. Die wanbalans tussen reg en onreg word dus meer op die langtermyn reggestel as op die kort- of mediumtermyn.

Almal het net een asem

Die gedagtes is erg versoberend en laat die Prediker besef dat die mens nie veel beter af is as die diere nie, dieselfde doodslot tref immers vir albei. Almal het net een asem! Trouens, net soseer soos die besef van die ewigheid in mense se harte is, die begeerte en behoefte aan God, is daar ook die besef van verganklikheid, die bewussyn van die afsnypunt van die dood. Dit is dus in die spanningslyn tussen die bewussyn van God en die bewussyn van die dood wat die menslike lewe sy moeisame loop neem.

Die sin van vreugde in jou werk

Die enigste sin word weereens gevind in die eenvoudige genot van waarmee jy daagliks besig is, al is die toekoms ‘n ondeurskynende gordyn en al is daar in jou ’n behoefte na dit wat ewig bly. Al kan ’n mens dus nie sien waarheen alles op pad is nie, en wat in die toekoms sal gebeur nie, is vreugde in jou werk ’n seën, ’n manier om sin in die ritme van die lewe te vind, al is dit steeds relatief en nie absoluut nie. Om die waarheid te sê, die eenvoudige genot van arbeid het die manier om jou in kontak met jou diepste self te bring, wat die verwagting na die ewigheid lewend hou – hoewel dié gedagte waarskynlik meer uit my NT-visie kom, dat om God te ken, en te ervaar, reeds die ervaring van die ewigheid prakties in ons lewens indra (Joh 17:3).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda