Skip to main content

Spreuke 4:1-27

Baken jou koers af

Spreuke 4:1-6

Let op dat die pa in die “vyfde lewensles” met sy kinders (meervoud) praat en dit vanuit sy eie ervaring doen. Hy spel die voordele van ’n fokus op wysheid uit vir sy hele gesin. En dit is die ma net soseer soos die pa wat tot hierdie opvoeding bygedra het (Spr 4:3). Die fokus op wysheid kom dus van geslag tot geslag. Trouens, die pa was sý ma se oogappel! Hy het by haar geleer.

Die voordeel van die wysheid is dat dit lewe, insig, beskerming en bewaring gee. Dit gee werklike lewe. Dit is nie ’n straf nie, maar ‘n beskerming. Let op hoe hart, hand en verstand betrokke is.

Wysheid moet daarom soos ’n metgesel vir hom/hulle wees, soos ’n bruid wat jou lewenspad met jou deel, wat jy kan liefhê en wat jou lewe kan verryk en versier. In die woorde van Peterson: “Don’t forget one word! Don’t deviate an inch!” (The Message).

Spreuke 4:7-9

Hier word nog ’n verwoording van ’n beginsel van die wysheid gegee: “Sorg dat jy wysheid bekom en wysheid sal vir jou sorg.” Daar is niks belangriker nie! “Throw your arms around her—believe me, you won’t regret it; never let her go—she’ll make your life glorious.” (The Message). Dit sal aan jou betekenis gee, sosiale aansien verleen, en jou lewe versier.

Spreuke 4:10-13

Vir die wysheid egter om sy werk te kan doen, is dit lewensbelangrik dat hierdie pad, die pad van wysheid, gekies word, en die pad van goddeloosheid vermy word. Die pa borduur daarom in die “sesde lewensles” verder voort op die soeke na en voordele van die keuse om op die “regte pad” te bly (vgl Ps 18:37 vv).

Sy lering is gegiet in die vorm van ’n belofte wat as deel van die Woord van God ’n belofte aan elke gelowige word wat die wysheid najaag: “aanvaar my woorde sodat jou lewensjare baie kan wees.” Let op die oorbeklemtonings in die gedeelte om die punt te maak dat die wysheid meer voordelig is as die dwase pad van die goddeloosheid en misdaad: daar sal niks in jou pad wees nie, jy sal nie struikel nie (Spr 4:12).

Gryp hierdie belofte aan vir jouself. God sal jou begelei op die pad van wysheid. Hy sal jou paaie reguit maak, sodat jy vry kan beweeg, vinnig of stadig. Hy sal jou van struikeling bewaar, maar dan moet jy ook sy vermaning aanvaar en daarby hou. Vermaning of teregwysing hou jou op die pad van die lewe.

Spreuke 4:14-19

Die pa borduur voort op die beeld van die twee paaie. Die pad van die goddelose raak al hoe donkerder deur afvalligheid en geweld. Die pad van die regverdige raak al hoe helderder deur die beoefening van wysheid.

Dit is dus nie net belangrik om die pad van die regverdiges te kies nie, maar om ook die pad van die goddeloses en slegte mense te vermy. Die twee paaie laat dit óf donker óf lig word in jou lewe. Om die waarheid te sê, die pad van goddeloosheid is verslawend. Jy kan later nie meer daarsonder nie (jy lê wakker!). Dit beïnvloed jou hele lewe, en stel jou bloot aan die verydeling wat met boosheid en slegte mense saamgaan.

Geniet en oordink die betekenis van hierdie pragtige vers: “Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is” (Spr 4:18)!

Spreuke 4:20-27

Die sewende lewensles” van die pa aan sy seun is om koers te hou op die pad van wysheid. In die proses is sy ore (Spr 4:20), hart (Spr 4:23), mond (Spr 4:24), oë (Spr 4:25), en voete (Spr 4:26) belangrik, almal metafore vir aspekte van sy soeke na en uitlewe van die wysheid.

  • Sy ore moet vir die wyse onderrig van sy rolmodelle uitgeleen word. Hulle leiding en opvoeding moet gevolg en nageboots word.
  • Sy binnekant moet beskerm word teen boosheid en negatiwiteit, meer as enigiets anders. Dit máák saak wat ’n mens dink en hoe jy dink.
  • Sy mond moet reguit praat en leuens en misleiding soos die pes vermy.
  • Sy moet reguit kyk na die pad waarvoor hy deur die wysheid geroep is. Hoewel dit in dié konteks meer met eerlikheid en opregtheid te make het, laat dit ‘n mens tog dink aan Job wat van homself gesê het dat hy ’n verbond met sy oë gesluit het om nie na ’n ander vrou te kyk nie (Job 31:1), en Jesus wat dieselfde sentiment in die Bergrede gebesig het (Matt 5:28).
  • Sy voete moet doelgerig bly op die pad wat die wysheid vir hom afgebaken het. Sy lewenstyl moet verband hou met wat in sy binneste gebeur.

In jou vertroue op God en in jou luister na Hom en in die inspanning om die regte pad te vind en daarop te hou, is daar miskien min dinge wat so belangrik is, as om jou hart – jou binnekant – bo alles te bewaar, om versigtig om te gaan met jou diepste oortuigings en motiverings: “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe” (Spr 4:23).

Maar natuurlik is dit nie net vertroue op God, ‘n luisterende gesindheid en die fokus op jou manier van dink, jou binnekant, wat jou pad bepaal nie. Jy moet ook die pad stap wat God wys.

Soos Spreuke sê: “Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree” – Spreuke 4:26. Dws, soos dit in die 1933/53-vertaling staan: “Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees,” en vers 27: “wyk nie regs of links af nie, (en) hou jou voet ver van boosheid.” Soos die wyses inderdaad later sal eggo: “Luister, my seun, soek die regte insig: bly op die regte pad” (Spr 23:19).

Deur vir jou bakens op te rig op jou pad, en daarvolgens koers te hou, sal jou nie net op die regte pad hou nie, maar dit ’n vreugde maak, nie net vir jouself nie, maar ook vir ander.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…