Skip to main content

1 Kronieke 19

Dawid se sukses lê in gehoorsaamheid aan God en samewerking met leiers

1 Kronieke 19 brei nou uit op die oorlog teen die Ammoniete. Dit begin met dieselfde verhaal wat in 2 Samuel 10 vertel word, maar gee meer detail en beskrywe in 1 Kronieke 20:1-3 ook hoe die oorlog geëindig het. Ons hanteer die einde egter ná die verhaal van Dawid en Batseba wat in die oorlogtyd plaasvind.

Teks en konteks

Waarskynlik in opvolg van die ervaring van koning Toï wat ‘n hand van vriendskap na Dawid uitgesteek het, probeer Dawid dieselfde doen met koning Ganun van die Ammoniete deur te simpatiseer met sy pa Nagas se dood. Dit misluk egter ongelukkig in terme van die gepoogde vriendskapsbande, maar loop wel op ‘n groot oorwinning uit oor nie net die Ammoniete nie, maar uiteindelik ook 3 groepe van die Arameërs, wat met koning Ganun saamgespan het teen Dawid.

Ganun se hantering van die gesante van Dawid is regtig vernederend. Hulle baarde is halfpad afgeskeer en hulle klere afgesny sodat hulle van die heupe af ondertoe kaal was. Dawid hanteer hulle met deernis, en die rebellie met daadkrag.

Dit tref my hoe Joab, die nommer een held van Dawid, enersyds uiters strategies in die oorlog teen hierdie groot mag optree. Hy sien dat hulle in ‘n knyptang vasgevang gaan word met die Ammoniete van een kant, en die Arameërs van die ander kant, en verdeel sy magte sodat hy die een deel kan hanteer, en sy broer Abisai die ander kant.

Maar, andersyds vertrou Joab die Here. Sy motivering van sy manskappe weerklink vandag nog met dieselfde krag en vertroue: “Wees dapper, ja, laat ons almal dapper wees ter wille van ons volk en die stede van ons God. Mag die Here doen soos Hy dit goedvind.” Vasberade vertroue op sy beste!

Joab verslaan dan die eerste groep Arameërs en Abisai dryf die Ammoniete terug in hulle stede in. Joab gaan kry Dawid se hulp in Jerusalem, want die res van die Arameërs is ook opgekommandeer vir die oorlog. Dit het die gewenste uitwerking, want Dawid met die hele Israel agter hom aan het hulle beslissend verslaan.

Dit het die grondslag gelê vir die uiteindelike oorwinning ook oor die Ammoniete sowel as nog later die Filistyne.

Boodskap en betekenis

Kronieke ignoreer die verhaal van Batseba om die volk ná die ballingskap te motiveer met die hoogtepunte van Dawid se lewe. En hoewel ons wel vanuit 2 Samuel se onverbloemde kritiek op Dawid na daardie verhaal gaan kyk, moet ons eers goed kyk na die boodskap van hierdie oorwinning oor die Arameërs.

Dit is opvallend hoe suksesvol Dawid is wanneer hy op die Here vertrou, die kundigheid van sy leiers benut, en die hele Israel opkommandeer om die uitdaging van die vyande die hoof te bied.

Dit is hoe God ook met ons werk. Waar ons onsself volledig gee vir die roeping wat Hy vir ons het, die kundigheid van die leiers wat die Here gee na waarde skat en benut, en met oorgawe aan die Here gehoorsaam is, dáár kan ons weet sal die Here oorwinning gee.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…